Nampopark Plaasmoorde

Nampopark
Bothaville

Boere

Plaasmoorde


Ter ere van die boere wat sedert 31 Mei 1961 in die RSA vermoor is.
Opgerig 2002 en word voortdurend aangevul.
Leuse: GEE ONS KRAG VIR DIE TOEKOMS

3 suile stel die gesin voor. Man, vrou en kind.
Die horisontale vebindings stel die hegte gesinseenheid en onderlinge ondersteuning voor- in goeie sowel as moeilike tye.
Die beeld stel die boer oftewel landbouer voor. Sy plasing en houding simboliseer dat die landbouer ten spyte van swaarky en smart steeds positief die toekoms instap. Die Bybel in die een hand en die ander hand smekend om krag en genade. Dit beeld die afhanklikheid van die landbouer op God se genade in tye van smart sowel as in sy daaglikse bestaan.
9 klipstrukture stel 9 provinsies voor met name daarop van vermoorde boere. Die ysterklip simboliseer die verbintenis van die landbouers met die harde natuur waaraan hy daagliks blootgestel is.

Fotos: Dankie Gysbertus Johannes StröhGysbertus : Mei 2019

Maak 'n opvolg-bydrae