Montagu Gedenktuin Oorlogsgedenkteken Groot Trekmonument/ Joubert Museum

Montagu

Wes-Kaap

Gedenktuin / Oorlogsmonument / Groot Trekmonument

Montagu Museum

Ou Sendingkerk

KWV Gebouekompleks

Jouberthuis

Die dorp is gestig in 1851 op die plaas Uitvlucht. Die dorp word genoem Montagu na die destydse sekretaris van die Kaapkolonie, John Montagu. John Montagu was uitstekend in administrasie en het begin met ń padbouprogram om distrikte in Kaapprovinsie te verbind om sodoende kommunikasie te verbeter. Montagu distrik was vroeër bekend as Agter Kogmanskloof.

Gedenktuin

Erg verwaardloosde tuin huidig, maar hier is 2 interessante monumente waar afgewyk is van die normale klip of steenpilare.

Oorlogsgedenkteken

Ou kanon opgerig om ABO, WWI en WWIi te herdenk.

Groot Trek

Verrassend om ń klein replika van die Paardekraal Monument hier aan te tref. Pragtige monument opgerig 1938 tydens die Simboliese Ossewatrek om die Groot Trek 1838 te herdenk.

Bronne: Montagu Museum. Internet.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019

MONTAGU MUSEUM

Bestaan uit 3 historiese geboue wat die kultuurhistoriese geskiedenis van Montagu en sy mense bewaar en vertel.

1. Joubert huis

Jouberthuis is die oudste huis in Montagu, gebou in 1853 deur Pieter Gideon Joubert vir sy ouers op ń gedeelte van die plaas Uitvlucht. Kaaps-Hollandse styl huis is in 1975 as Nasionale Monument verklaar.

1981 het ń verwoestende vloed die huis baie beskadig en gelukkig is daar besluit om huis te herstel en restoureer eerder as sloop. Sedert 1983 is dit ń huismuseum wat die leefwyse van die landelike Victoriaanse era uitbeeld.

Dik kleimure en die rietdak met laplaag en kleilaag bo-oor om temperatuur te beheer is verstommend, asook die perskepitvloer wat met byewas behandel is. Stukke van die oorspronklike muurpapier is tydens restourasiewerk ontdek en groot moeite is gedoen om muurpapier op te spoor wat naastenby dieselfde is(Nederland).

Pieter Joubert was die eerste Vrederegter in Montagu en die lang eetkamee was deur hom gebruik as ń hof. In die agterplaas staan ook nog die klein tronkie waarin misdadigers toegesluit was tot verhoor kon plaasvind.

1880 is hier by Jouberthuis ń banket aangebied vir 400 gaste. Pres Paul Kruger, Piet Joubert en S J Du Toit was van die gaste wat in die Jouberthuis oornag het.

Die museum huisves ń unieke versameling handgemaakte poppe met histories korrekte kleredrag.

In die agtertuin is ń inheemse tuin met kruie en medisinale plante, meer as 120 soorte. Jarelange navorsing oor die gebruik van plante deur die San, Khoikhoi en vroeë Setlaars is hier gedoen en dit word landswyd bemark en versprei.

2. KWV Gebouekompleks

Hierdie geboue is in 1990 bekom en huisves oa ń kunsgalery met kunswerke vanaf 1930 en ń fossielversameling.

3. Ou Sendingkerk

Gebou 1907 met Neo Gotiese elemente en die oorspronklike preekstoel en kanselkleed is nog daar. 1975 as museum ingerig en 1976 as Nasionale Monument verklaar. Pragtige versameling Bybels, ou trourokke, kerklike atifakte, dokumente en argiefmateriaal.

Maak 'n opvolg-bydrae