Die Ou Tolhuis Montagu Pas, Outeniekwa Berge

Die Ou Tolhuis

Montagu Pas, Outeniekwa Berge.

Wes-Kaap

Die Montagu Pas is gebou om reis deur  die majestueuse Outeniekwaberge moontlik te maak. Daar was min brûe oor die riviere en die reis via die majestueuse Outeniekwaberge was gevaarlik. In 1843 het Majoor Mitchell, Landmeter-generaal van die Kaap, voorgestel dat bandiete gebruik moet word om ‘n pad oor die Outeniekwaberge te bou. Die ingenieur in beheer van die konstruksiewerk van die Montagu Pas was Henry Fancourt White, ‘n ervare padingenieur.

In 1844 is daar aan die nuwe pas begin werk. Ongeveer 250 gevangenes het die moeilike taak om die nuwe pad te bou, aangepak. Hulle is opgelei om klippe te sny en te lê om die hoë, droë verpakte mure te vorm. In 1847 is die pas vir verkeer oopgestel, maar die amptelike opening het eers op 19 Januarie 1948 plaasgevind. Dit was ‘n feestelike aangeleentheid en die eerw. John Montagu (Koloniale Sekretaris van die Kaapkolonie) het die pas wat na hom vernoem is, persoonlik geopen. Die Montagu-pas het reis en vervoer oor die Outeniekwaberge moontlik gemaak.  Terwyl dit nog ‘n moeilike reis was, kon ‘n gelaaide ossewa die pas in ‘n dag deurkruis. Vandag neem dit skaars 15 minute per motor…

Die Ou Tolhuis

Die Ou Tolhuis en die Montagu-pas is terselfdertyd gebou. Hierdie gebou is gebou van inheemse sandsteen, en het oorspronklik ‘n grasdak gehad.

Die Ou Tolhuis is vandag ‘n erfenisterrein. Die tol was 2 pennies per wiel en een sent vir elke trekkende dier, 2 pennies vir ‘n perd, koei, os of muil en 1 halwe sent vir ‘n skaap, bok of vark.

Die Ou Tolhuis

Montague Pas, Outeniekwa Berge.

Montague Pas is gebou in 1848 deur Thomas Baines met die hulp van ongeveer 250 gevangenes/bandiete. Dit het 3 jaar geneem om te voltooi en sowat 36 000 sterling silwer gekos.

Dit is die oudste oorspronklike pas in SA wat nog in gebruik is en is gebou om die uiters gevaarlike en moeilike Cradock Pas te vervang. Cradock Pas word vandag nog gebruik as ñ tawwe staproete.

Die Montague Pas is vernoem na Sir John Montague, tussen die dorpe George en Oudtshoorn en bied ñ asemrowende uitsig.

Op die Pas vind ons die Ou Tolhuis, pragtig gerestoureer deur belangstellendes en omgee mense uit die gemeenskap en plaaslike sakelui. Tans huisves dit ñ pragtige museum en heerlike koffie en pannekoek word daar bedien.

Danie Langner: Die fondamente van die tolhuis by George is reeds in 1845 gelê. Transportwaens wat goedere en lewensmiddele oor die Montagupas na die binneland wou vervoer moes hier eers uitspan, koffie drink en tolgeld betaal. In 1971 is die Tolhuis tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar, maar het na 1994 verval. Onder leiding van Gerda Stols en haar oorlede man het hulle begin om die geskiedenis van die tolhuis na te vors. Hulle het Vriende van die Tolhuis gestig met die die doel dat die gemeenskap verantwoordelikheid neem vir ons kultuurhistoriese erfenis. Sedert 2011 het n handjievol mense begin met restourasiewerk aan die Tolhuis.  In 2014 het die FAK gehelp met die herstel van die rietplafon en om n pragtige transportwa vir die tolhuis te bekom. In 2018 is die tolhuis binne minute deur n bergbrand verwoes.

Vriende van die Tolhuis het nie in sak en as tussen die puinhope gaan sit nie. Nog voordat die klippe afgekoel het, is die eerste pannekoekverkoping vir die herboufonds gereël. Hulle het opgeruim en skoongemaak, bouplanne opgetrek, skenkings gesoek en nuut gedroom oor die plek se poteniaal.

Vandag is die Tolhuis selfs nog mooier gerestoureer as voor die brand. Boonop is n splinternuwe waenhuis gebou.

GEORGE NUUS – Stadig maar seker is die geskiedkundige ou tolhuis in die Montagupas weer besig om tot sy eertydse glorie herstel te word. Die jongste toevoeging is ‘n rietbedekking aan die binnekant van die dak.

Die tolhuis, wat meer as 170 jaar oud is, en een van George se mees historiese geboue, is erg beskadig tydens die brande in Oktober verlede jaar.

Nadat werk aan die nuwe dak onlangs voltooi is, is begin met die aanbring van die rietbedekking aan die binnekant. Die herstelwerk aan die klipwerk gaan intussen voort onder leiding van ‘n klipkapper en kenner, Joost Pyck van Stellenbosch. Hy word bygestaan deur Joulian Roelfse.

Gerda Stols, voorsitter van die Vriende van die Tolhuis, het gesê die herstelwerk is op koers. “Ons is baie dankbaar dat die dak op is. As dit nie was vir mense wat die kappe geskenk het nie, sou daar nie ‘n dak gewees het nie.”Gerda Stols, (links) voorsitter van die Vriende van die Tolhuis en Joost Pyck, ‘n klipkapper en kenner van Stellenbosch, kyk na die nuwe kaggel. 

Sy het benadruk dat dit ‘n gemeenskapsprojek is en sonder die hulp en steun van privaat maatskappye, instansies en individue sou die tolhuis nie herstel kon word nie.

Volgens haar is die huidige herstelwerk baie meer arbeidsintensief as die vorige herstelwerk. Die klipwerk aan die binnekant is beskadig en daar is reeds weke se herstelwerk al agter die rug. In ‘n stadium het die klippe wat gebruik is, opgeraak. Nog klippe moes aangery word. Om ‘n klip te kry, is nie so maklik nie, het sy gesê. “Jy tel dit nie net op nie, en dit word met groot moeite aangery.”Die jongste toevoeging tot die tolhuis  -‘n rietbedekking aan die binnekant van die dak. 

Die volgende stap is die installering van vensterrame, deure, die vloer en die geute. Die geute is belangrik. Die water is ‘n krisis want elke keer kos dit geld om die 5 000 liter watertenk vol te maak. ‘n Nuwe tenk gaan ook aangebring word nadat die vorige een voete gekry het. Dit sal omhein word om dit te beveilig.

Joost Pyk  : Hier in George by die Tolhuis waar ek betrokke was met die restorasie, het ek ook een miniatuur tolhuisie gemaak sodat blindes kan voel hoe lyk die gebou. En ook een beknopte braille teks ook uitgekap in sandsteen. Dit is op Erfenisdag onthul

Maak 'n opvolg-bydrae