Lydenburg
Voortrekkerskool
Mpumalanga
LYDENBURG
Trekboere en jagters is reeds in die vroeë 1800’s in hierdie area.
Trekleier Andries Potgieter en sy groep verlaat Potchefstroom in 1845 en trek in rigting Oos-Transvaal.
Hy en sowat 300 Voortrekkerfamilies vestig hulle in Andries-Ohrigstad.
Hier tref die ellende hulle. Talle word siek aan veral malaria en sterf. Die hitte is ondraaglik en boerdery omstandighede bitter moeilik.
Verlies aan lewens en besittings noodsaak oorblywende groep Voortrekkers om te skuif na ń plek met gesonder klimaat, hoër op in die Drakensberge.
Soveel sterf dat dorp verlate is na 4 jaar
1849 stig hulle , onder leiding van Andries Potgieter, die dorp Lydenburg aan die Spekboomrivier, ń sytak van die Olifantsrivier.
Die dorp se naam Nederlands, verwys na die lyding wat hul in Andries-Ohrigstad ervaar het.
1856 word Lydenburg die hoofstad van die Republiek van Lydenburg in Zuid-Afrika
1857 sluit Lydenburg aan by die Republiek van Utrecht
1860 sluit Republiek van Utrecht en Republiek van Lydenburg by die ZAR aan.
1871 begin daar met ń bou van ń pad op versoek van Pres TF Burgers, aangesien Lydenburg op die ossewapad na Delagoabaai is. Die hawe wat nie onder Britse beheer was nie.
1874 kom die eerste waens uit Delagoabaai in Lydenburg aan.
1873 word spoelgoud in Lydenburg omgewing ontdek en spoedig word die Lydenburgse goudvelde geproklameer.
Twee groot goudklonte word hier gevind, Emma (7.65kg) en Adeliza (7.37 kg). Beide word deur Pres Burgers gekoop.
1880 Britte neem beheer oor Lydenburg tydens Eerste Vryheidsoorlog om die goudvelde te beheer
Hiervandaan begin die opmars van Luitenant Anstruter na Pretoria om hulp te verleen om Pretoria te beset
1910 Die spoorlyn bereik Lydenburg
1927 Lydenburg word ń munisipaliteit
DIE VOORTREKKERSKOOL
Die oudste pionierskool noord van die Vaalrivier
1849 stig Andries Potgieter en oorblywende families vanaf Andries-Ohrigstad, die dorpie Lydenburg.
Hulle begin eerste ń landdroskantoor, ń kerk en ń skool bou.
Die skool is voltooi in 1851, in tipiese plaashuisstyl gebou, pragtige voorbeeld van Voortrekkerpioniers in Transvaal se Volksboukuns.
Die eerste onderwyser was Willem Poen, ń opgeleide leerkrag wat in 1851 uit Nederland na Suid-Afrika gekom het.
Hy het sy salaris van die kerk af ontvang en naas skoolwerk moes hy ook godsdiensonderrig en katkisasie gee.
Die gebou was nie net vir skool gebruik nie, maar het vir 3 jaar as kerkgebou ook gedien.
Die Voortrekkerskool is tot in 1899 as skool gebruik toe die ABO uitgebreek het.
1973 is die Voortrekkerskooltjie as Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.
Redelik onlangs het hierdie historiese gebou gebrand.
Die dak het afgebrand, maar weens die waaksaamheid en flinke optrede van inwoners en werkers in die omgewing, kon die brand geblus word voor die inhoud van die skooltjie beskadig is.
Die tradisionele brandsolder van klei en kalk het verhoed dat die brandende balke op die meubels neerstort.
Die muurstruktuur het nie skade gekry nie.
Die dak en dakbalke het heeltemal afgebrand, groot skade aangesien die balke nog volgens ou tegniek met penne en rieme geheg was.
Die gebou is tans pragtig herstel en restoureer en bewaar kosbaarhede soos ń ou Statebybel wat gebruik was tydens die Groot Trek en skoolbanke en ń skryfbord wat die trekkers nog self gemaak het.
Bronne: Internet
Foto’s: Gys Ströh snr Mei 2022