Long Tom Pas Mpumalanga

Long Tom Pas

Mpumalanga

LONG TOM PAS

Die Long Tom pas is gebou tussen Sabie en Lydenburg.

Aanvanklik was dit ń alternatiewe wapad vir Transportryers na Delagoabaai (Maputu). Hierdie roete het so tien dae geneem om te voltooi. Sedert 1874 is hierdie roete gebruik.

Die Long Tom pas is gebou om die roete te vergemaklik en die grondpad is Julie 1953 geopen. 1964 is die pad geteer.

Die gekose naam vir die pas: Long Tom pas.

LONG TOM

Die Long Tom kanon, soos hy in SA bekend is, was ń 155mm Creusot vervaardig deur die Franse.

Dit was in 1877 ontwerp en gebou as ń beleëringskanon en nooit bedoel as ń veldkanon nie.

Die ZAR het 4 van hierdie kanonne aangekoop in 1897, om in die forte rondom Pretoria geplaas te wird nl. Daspoort, Wonderboompoort, Llapperkop en Fort Schanskop.

Die kanon se loop is 4,2 m lank en weeg ń allemintige 2 500 kg. Die onderstel weeg 3 200 kg. Die gewig van die kanon dus meer as 6 ton.

Hierdie monster was baie moeilik ombte vervoer, ń span van 16 tot 20 osse was nodig om die kanon te trek, afhangende van die terrein.

ń Enkele koeël weeg 42, 6 kg en bevat meer as 100 ronde balle wat versprei as dit ontplof. Gaan gepaard met maksimum skade aam vyand.

Om hierdie kanon op te stel was geen maklike taak nie. Die terrein moes horisontaal gelyk gemaak word in alle rigtings en stewig gemonteer word op spesiale plate. Tydens ń veldslag of retireer tydens ABO, was dit nie altyd moontlik nie en met elke skoot het die kanon dan tot 40 m teruggespring.

Indiem die Long Tom reg gemonteer was, het hy ń reikafstand van 9 km gehad.

Die Long Tom het gebruik gemaak van swart kruit wat ń wit wolkie gemaak het as hy afgevuur word. Dit het ongelukkig die posisie van die kanon vir die vyand aangedui.

LONG TOM ABO

Met die uitbreek van die ABO is die 4 Long Tom kanonne na die front gestuur.

Drie na die Natalse front, naby Ladysmith , en die vierde een na Mafekeng.

Die ZAR het sowat 8000 koeëls ook vanuit Frankryk aangekoop.

Die koeëls is in Sudwala Grotte versteek

27 Augustus 1900 breek die Britte deur by Bergendal en begin die Britse opmars na Pos-Tansvaal.

Generaal Louis Botha retireer met 2000 man en 2 Long Tom kanonne in die rigting Lydenburg. Hulle beweeg in ń oostelike rigting na waar die huidige Long Tom pas tans is.

7 September 1900 beset Buller met 12 000 man en 48 kanonne die dorp Lydenburg.

Vanuit die berge oos van Lydenburg skiet Botha met sy Long Tom op die Britte. Die geveg duur van 8 tot 11 September.

Die Boere moet noodgedwonge retireer en neem hulle laaste stelling by die Duiwel se Kneukels, ñ hoë rowwe terrein met uitstaanpunte en rotse. Hiervandaan brand hy los op die aankomende Britte.

Die geweldige oormag dwing die Boere om te onttrek 11 September 1900. Die Long Tom word gebruik om die Boere kans te gee om te ontvlug sonder groot lewensverliese.

Aanvanklik is die Long Tom per trein vervoer, maar later moes daar van wa en osse gebruik gemaak word.

Om hierdie groot, lomp en swaar kanonne te beweeg in die veld was ń moeilike taak wat almal verstom het.

1 Desember 1900 ontplof ń bom, afgevuur deur ń Britse howitzer kanon, naby een van die Long Toms by Ladybrand. Nege burgers sterf en die Long Tom is erg beskadig.

Die Long Tom word na Pretoria toe geneem en herstel.

Die Britte saboteer die LongTom deur die punt van sy loop op te blaas. Terug na Pretoria vir herstelwerk.

In Pretoria herstel hulle die kanon deur 25cm van sy opgeblaasde loop af te sny. Voortaan noem die Boere hierdie Long Tom nou Die Jood.

Vandaar het die Long Tom kanonne na verskeie veldslae toe veskuif en met groot sukses en heldhaftigheid van die Burgers geveg.

Tydens die guerilla-fase van die oorlog het dit moeilik geraak met die Long Tom wat nie so vinnig beweeg kon word nie. Die koeëls het ook opgeraak.

Uit vrees dat hierdie staatmakers in Britse hande val, is die kanonne deur die Boere vernietig deur hul op te blaas en die stukke in riviere te gooi. Okt 1900 is een by Letabadrif vernietig en April 1901 is een by Haenersburg en een by Lydenburg vernietig. Later, na die oorlog kon net klein stukkies van die oorblyfsels gevind word.

LONG TOM MONUNENT

Op een van hoogste punte op die pas is ń replika van die Long Tom, die Jood, opgerig , op die plek waar die laaste stelling van Generalal Louis Botha was.

Die groot silwer monster wat lomp en swaar is, maar wat verbasend oor ruwe terrein beweeg is en met groot effektiwiteit aangewend is.

Die pas is vernoem na hierdie Long Tom kanon.

Dit herinner ons aan die heldhaftige en bloedige stryd tydens die ABO en die rol wat hierdie unieke kanon gespeel het tydens die oorlog tussen Boer enBrit.

Die Long Tom Kanon Monument is onthul in 1984.

Bronne: Internet. Kraaluitgewers. Gids tot die ABO in Oos-Transvaal deur Gert en Erika vd Westhuizen.

Foto’s: Gys Ströh snr Mei 2022.

Maak 'n opvolg-bydrae