Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 2

Die Groot Trek
1836

“Paul wat maak jy?”
“Ai klein sussies is darem nuuskierig. Kleine muisies het groot ore.Fientjie ek is besig om my geweer te olie en reg te kry vir ons trek.”

“Paul ons het baie kerse en seep gemaak.Ek het Mamma gehelp.Dit is harde werk.Ons moet vandag baie beskuit bak. Mamma sê ons gaan lank wegbly.”

“Fientjie, jy moet mooi verstaan. Ons gaan vir altyd weg.Ons kom nooit weer terug nie.”

“Boetie, regtig? Gaan ons nie weer terugkom plaas toe nie? Wat van my maatjies? Wat van my skapies wat pappa vir my gegee het?”

“Fientjie, jy sal gou nuwe maatjies maak.Ons is ń klomp mense wat gaan saamtrek.Ons gaan saam met oom Andries Hendrik Potgieter se mense trek. Al ons skape en beeste gaan ook saam.Tot Wagter en al ons honde gaan saam.”
“Paul, maar dan moet ons mos alles op ons wa pak. Gaan daar genoeg plek wees vir alles?”

” Ja, ons sal mooi moet pak want ons moet genoeg kos saamvat en alles wat ons nodig kan kry.Gelukkig is Pappa slim en weet hy hoe om alles in te pak en vas te maak.Die beeste en skape sal saam met die wa loop.Ons manne sal perd ry.Julle vroumense moet maar op die wa ry.”

Kobie Ströh

Fotos en illustrasies: Geleen vanaf internet.

Maak 'n opvolg-bydrae