Hoba Meteoriet / Grootfontein / Namibië

Hoba Meteoriet

Grootfontein

Namibië

Die Hoba meteoriet is die grootste meteoriet wat nog ontdek is wat in een stuk op die aarde geval het.

Die meteoriet is op die plaas Hoba-Wes, so 19 km vanaf Grootfontein in die Otavi distrik/berge ontdek.

Die naam Hoba beteken “geskenk” volgens inheemse Khoehhoegowalo.

Wat ook ongewoon aan hierdie meteoriet is, is dat dit aan albei groot oppervlaktes plat is.

ONTDEKKING

In 1920 het die eienaar van die plaas Hoba-Wes , Jacobus Hermanus Brits, die meteoriet ontdek toe hy dit raakgeploeg het.

Die meteoriet was bedek met ń lagie sand.

Hy het dit oopgegrawe en ń verslag geskryf wat in die Grootfontein Museum gesien kan word.

DIE GROOTTE

Die meteoriet is ongeveer 1 meter hoog en 3×3 in grootte.

Die massa is bereken op ongeveer 66 ton.

Deur die jare is monsters van die meteoriet geneem vir wetenskaplike navorsing en erosie en vandalisme het groot stukke reeds verwyder.

Volgens berekening is massa tans nog so 60 ton.

1929 het Dr WJ Luyten die eerste wetenskaplike beskrywing vir die Hoba meteoriet gegee: Beskryf dit as byna vierkantig. Bokant is 2.7 m by 3 m. Aan een kant 80cm dik en aan ander kant 1, 2 m dik.

SAMESTELLING

Sover bekend is die Hoba meteoriet die grootste stuk natuurlike yster (ferronikkel) op die aarde se oppervlakte. Die meteoriet bestaan uit 84% yster en 16% nikkel. Daar is spore van kobalt, koper, chroom en ander minder bekende minerale in die rots.

Die Hoba meteoriet word geklassifiseer as ń ataksietyster meteoriet en behoort aan die nikkelryke chemiese klas IVB.

OORSPRONG

Volgens berekening is “rots” tussen 200 en 400 miljoen jare oud.

Ongeveer 80 000 jaar gelede het die “rots” die aarde se atmosfeer binnegeval.

Die atmosfeer het die vallende “rots” se snelheid vertraag en dit tref die aarde teen terminale snelheid.

Dit veroorsaak dat dit nie in stukke gebreek het nie en feitlik geen krater veroorsaak nie, net ń klain uitholling.

Normaalweg sal die snelheid ongeveer 10km/s wees, maar daar word geskat dat Hoba se snelheid ongeveer 0, 32 km/s was.

NASIONALE GEDENKWAARDIGHEID 1

955 word die Hoba meteoriet as nasionale gedenkwaardigheid verklaar in ń poging om dit teen vandalisme en aandenkingsjagters te beskerm.

1979 word ń omringende 25×25 m terrein rondom bygevoeg.

Rondom die Hoba meteoriet word klein terrasse uitgegrawe soos ń amfiteater ter wille van toeriste.

1987 skenk die eienaar van die terrein en die meteoriet dit aan die staat vir opvoedkundige doeleindes.

Daar word ń toeristesentrum opgerig en sedertdien besoek duisende toeriste die Hoba meteoriet.

Bronne: Internet.

Foto’s geleen vanaf Internet.

Maak 'n opvolg-bydrae