Die slag van Kleinfontein /Driefontein / ABO / Groot Marico / 24 Oktober 1901 / Bokkraal/ Oberholzerskloof / Britse Militêre begraafplaas te Wilgeboomspruit

Die slag van Kleinfontein/Driefontein

Groot Marico

24 Oktober 1901

Anglo-Boereoorlog

Betrokke aan Boerekant: Generaals JH de la Rey, JC Cilliers, JCG Kemp en LAS Lemmer.

Aan Britse kant: Britse konvooi onder Luit-Kol van Donop.

DIE KONVOOI

Die Britse konvooi was ñ lang uitgestrekte konvooi van 65 muilwaens, 35 ossewaens, meer as 1000 soldate te voet en berede, 5 kanonne en 2 Pom-Poms.Voor elke muilwa so 6/8 muile, voor elke ossewa 12/14 osse.

Honderd waens plus hul trekdiere in ñ moeilike bebosde area was ñ lang konvooi van ongeveer 3.4 km lank.

Die Britte kon nie van die veld af leef soos die Boere nie, hulle voorraad moes voorsien word. So hierdie konvooi was gelaai met ammunisie, kos, klere, drank en ander lewensmiddele.

Die flanke van die konvooi was bewaak deur berede Imperial Yeomanry.

Weens die ruie terrein was die afstand tussen hulle groter as gewoonlik.

Vroegoggend 24 Oktober 1901 verlaat die konvooi hul kamp by die Maricorivier na Rustenburg met die Zeerust pad.

VERSKROEIDE AARDE BELEID

Die boere was gewoond om van die veld en van die plase af te leef.

Agv die Verskroeide Aarde Beleid wat die skoonmaak en vernietiging van plase en voedselbronne toepas, raak die nood om kos en klere hoog by die Boere.

P73 Max Weber se verslag ” Die Britse Verskroeide Aarde Beleid het die Wes-Transvaal aan ń stelselmatige verwoesting onderwerp. Boerewonings is vernietig of afgebrand. Kosvoorrade soos graan en mielies is vernietig. Vee is weggevoer. Die vroue wat op plase kos aan die kommando’s verskaf het is algaande na konsentrasiekampe weggevoer.”

” Die omstandighede het die kommand’s gedwing om van die vyand te leef. ń Britse kolonne is aangeval en wanneer dit verower is kon die Burgers na hartelus hulself help aan die ryk buit wat onder andere ingesluit het – voedsel, wapens, ammunisie, perde, skoene, rybroeke, hemde, jasse en luukses soos drank, tabak, suiket, konfyt ens”.

BEPLANDE AANVAL

Die Boere beplan om hierdie konvooi aan te val en van die lewensnoodsaaklike voorrade te buit.

Die aanval word beplan by Kleinfontein.

Moeilike terrein met digte bos Boekenhoutbome wat skuiling kan bied.

Die sterkte van die Boeremag wat aan aanval deelgeneem het, kan nie met sekerheid bepaal word nie.

Die totale sterkte van die Boeremag word geskat op so 2000.tot 3000 man, maar slegs ń gedeelte neem aan aanval deel.

Die aanval op die uitgestrekte konvooi word haarfyn beplan.

1. Genl Lemmer sal voor in beweeg en aanval om die aandag van die flanke en die agterhoede af te trek. (Rustenburg en Zeerust Kommandant)

2. Genl de la Rey sal van agter af aanval, kanonne uit aksie stel. (Krugersdorp Kommando, Johannesburg Polisie, Lichtenburg , Zeeeust).

3. Genl Kemp en Celliers moet in middel lyn van konvooi breek en die waens uitkeer vir die voorraad.(Rustenburg m Pretoria en Krugersdorp Kommando’s.). Boekenhoutbos as skuiling gebruik )

VERLOOP VAN AANVAL

Die Britte gewaar Lemmer aan die voorpunt en bestook hom met die Pom-Pom. Generaal Kemp se manne bestorm die Britte die hele lengte van die konvooi. Hulle kom in ń digte linie aangejaag. Die Britte gewaar hulle te gou, in die oopte voor hulle die bos kam bereik. Die bestorming uit die bos is so suksesvol dat hulle dwarsdeur die konvooi jaag, voetsoldate vlug ń ent teen Frans Joubert Berg uit, gooi wapens neer en gee oor.

Die Britte beskryf die stormloop as skrikwekkend.

Die Boere begin dadelik om die waens uit te keer en weg te sleep.

Hulle slaag daarin om die kanonne te oorweldig, maar kan dit nie wegsleep nie aangesien die kanonperde doodgeskiet is.

Ongelukkig is De la Rey en sy manne te laat om die agterhoede aan te val. Moeilike terrein het hulle aankoms vertraag.

GROOT FOUT

De la Rey se mislukking gee Van Donop kans om van agter af te herorganiseer en Pom-poms te beman en aan skiet te kry.

Van Donop stuit die pandemonie en die agterhoede begin op die Boere te skiet.

P28 :*:) Frederik Coetzer skryf in sy herinneringe ” Die stryd het toe baie warm geword en verskillende van die Burgers het toe al geval. En toe merk ons ook op dat die voetgangers wat die agterhoede van die Engelse kolonne gevorm het, nie deur genl De la Rey aangeval is nie, en hulle storm nou op ons af. Die perderuiters wat vooruit weggelei was deur veldkornet Lemmer het ook nou teruggedraai en kom aanvallend agter ons linie op. Genl Kemp gee toe bevel om terug te trek. Met die terugtrek moes die manne, waaronder ek, te voet uithardloop, en die Engelse wat gehensop het, tel nou weer hulle gewere agter ons op en terwyl die agterhoede teen ons aanslaan, begin hierdie klomp veotgangers wat gehensop was en wat nou tussen ons was om ook te skiet…. Ons was feitlik omsingel deur die vyand, die berg voor, die Engelse agter ons en langs ons….”.Die Burgers se fout om nie die Britte te ontwapen of hulle wapens onskadelik te maak nie, kom hulle nou duur te staan. Die Britte tel nou net weer hulle wapens op en begin skiet. Sommige van hulle was tussen die Boere. Die Burgers is genoodsaak om te vlug.

P26 Coetzee meld: ” In ons oorhaastigheid om die vyand te agtervolg het ons nagelaat om te handel met die gewere van die Engelse wat gehensop het en ons het die gewere of die slotte nie vernietig nie maar net so laat lê…”VERLIESEDie Boere het wel so 15 waens vol voorraad kon buit en so 150 muile en 160 perde kon aankeer.

Die buit het hul by Bokkraal gaan verdeel.

Die verliese was egter groot:Boere: 17 dood, 31 gewond, 4 later beswyk aan wonde.

Britte: 31 dood, 44 gewond, meer as 50 (veral swarte wadrywers) was vermis.

Boere begrawe hulle makkers op Bokkraal.

Britte begrawe hulle makkers by Wilgeboomspruit.

KLEINFONTEIN MONUMENT

Net buite Groot-Marico op die Zeerust pad, oorkant die Frans Joubert Berg is ń monument opgerig aan herinnering aan die Slag van Kleinfontein.

Die monument is 7 Februarie 1952 onthul tydens die besoek van die Van Riebeeck Fees Poskoets.

Opgerig en onthul deur die Oudstryders en Die Voortrekkers van Groot-Marico

Bronne. Gedenkboek uitgegee by Geleentheid van die 120-jarige Herdenking van die Slag van Kleinfontein /Driefontein Donderdag 24 Oktober 1901 deur Peet Coetzee.

Fotos: Gys Ströh snr Okt 2021. Gedenkboek.

Bokkraal/Oberholzerskloof

Slag van Kleinfontein/Driefontein

Anglo-Boereoorlog

Groot-Marico

24 Oktober 1901- 24 Oktober 2021

SLAG VAN KLEINFONTEIN

BOKKRAAL

Die verliese by Kleinfontein was groot.17 Boere dood en 31 gewond.

Die Boere kom bymekaar op Bokkraal. (Grnl Kemp, Celliers en De ka Rey)

Die gewonde Boere word in ń skooltjie op die plaas Draaifontein, Oberholzerskloof versorg.

VERDELING VAN BUIT:

Die voorraad op die 15 gebuite waens en die vee word hier onder die Burgers verdeel.

24 Oktober was ook Generaal De la Rey se silwerbruilof. Sy eggenote skryf: ” …na den slag van Kolonel van Donop, die op den 24sten October 1901 was te Kleinfontein. Het was 24 October 1901, den dag waarop wij 25 jaar gerouwd waren, dat een vreeslijk gevecht plaats had, waarin vele menschen dood en gewond raakten, waaronder twee goeie vrienden, de Commandant Kritzinger en zijn zoon, beiden gedood. Zoo hadden wij op dien dag inplaats van een zilv’ren bruiloftsfeest, een vreeslijk bloedvergieten. Aan beide zijden waren groote verliezen. Nu waren de burgers echter weder verzorgd van kleederen en goederen die zij van noode hadde….” p 67.

Hieruit kan ons aflei dat die gebuite Britse voorraad die groot nood onder die Boere bietjie verlig het.

P 70. Max Weber skryf : ” The commandos withdrew through the kloofs behind a mountain about two miles away where, with great composure, they devoured a wagonload of well-earned Army biscuits, which they could not transport any further, because the wagon had broken down…”BEGRAFNISSaterdag 26 Oktober 1901 word 10 Burgers begrawe op Bokkraal.

P48 : Jan Celliers skrywe: ” Een groot graf was reeds gedolven, ruwe kisten daarin geplaatst – van gegalvanizeerd ijzer vervaardigd – en éên voor één werden lijken daarin gelegd. Rondom lagen de burgers te slapen onder hunne dekens, voor heden en morgen nog boven dezelfde moeder-aarde waarin zij allen eenige voeten lager zullen liggen. Onbedekt en starende in de maan, lagen de lijken daar heel den nacht; heden morgen eerst vond de plechtige begrafenis plaats..”

Die name van die 10 Boere kan op foto’s gesien word.

Die lyke is later, na die oorlog opgegrawe en herbegraaf op Zeerust.

24 Oktober 2021 word ń monument opgerig op Bokkraal ter herinnering aan die gevalle Burgers en die dapper vegters tydens die Slag van Kleinfontein.

Opgerig en onthul deur Erfenisstigting, Inwoners van Groot-Marico en eienaars van Bokkraal.

Bronne. Gedenkboek uitgegee by Geleentheid van die 120-jarige Herdenking van die Slag van Kleinfontein /Driefontein Donderdag 24 Oktober 1901 deur Peet Coetzee.

Fotos: Gys Ströh snr Okt 2021. Gedenkboek.

Slag van Kleinfontein/Driefontein

24 Oktober 1901

Anglo-Boereoorlog

Britse Militêre begraafplaas te Wilgeboomspruit

ABO

Groot MaricoSLAG VAN KLEINFONTEIN 24 Okt 1901

Gesneuwelde Boere is na Slag van Kleinfontein begrawe te Bokkraal.

Gesneuwelde Britte is begrawe te Wilgeboomspruit, plaas van Wilhelmina Lodewika Coetzee gebore Kotze.

Die oorskotte van die Britse soldate is in die sestigerjare opgegrawe en herbegrawe in Zeerust se ou begraafplaas.

Die Britte het op Wilgeboomspruit ń tydelike hospitaal opgerig om gewondes te verpleeg.

Hier was ook 5 Boere begrawe wie se oorskot verwyder is en elders herbegrawe is deur familie voor 1905.

BRITSE MILTÊRE BEGRAAFPLAAS WONDERFONTEIN 41

Op Wonderfontein is ń Britse Militêre begraafplaas (ABO) met 20 grafte, netjies in stand gehou.

2 Britse soldate wat 11 Junie 1901 op hierdie terrein gesterf het tydens skermutseling met Boere en hier begrawe is.

L-Serg H Gilham en Private CA Lukas.

11 Britse soldate wat 5 September 1901 geneuwel het tydens geveg op Rhenosterfontein.

Enkelgraf van Private TJ Norman wat 22 Oktober 1901 gewond is tydens ń geveg op plaas Sterkstroom en 23 Okt 1901 oorlede is en hier begrawe is.

Nog 6 grafte van soldate wat elders gesterf het en begrawe is. Hulle oorskotte is na die oorlog voor 1905 opgegrawe en weer hier herbegrawe.

Regs langs hierdie Militêre begraafplaas is ook ń graf van ń oudstryder Frederi(c)k Wilhelm Christiaan Coetzer 24.10.1880 -25.8.1964.

Bronne. Gedenkboek uitgegee by Geleentheid van die 120-jarige Herdenking van die Slag van Kleinfontein /Driefontein Donderdag 24 Oktober 1901 deur Peet Coetzee.

Fotos: Gys Ströh snr Okt 2021. Gedenkboek.

Maak 'n opvolg-bydrae