Vrede van Vereeniging / ABO 1899-1902 / Onderhandelingsterrein Vereeniging

Vrede van Vereeniging

ABO 1899-1902

Onderhandelingsterrein

Vereeniging

ONDERHANDELINGS

Onderhandelinge vir die sluiting van vrede tydens ABO. Mei 1902 in Vereeniging.

Sammy Marks , getroue vriend van Paul Kruger, tree op as bemiddelaar vir onderhandelinge vir vrede tussen Boer en Brit. Hy bied aan leiers ‘n plek aan om saam te kom in Vereeniging , reg agter die mynhospitaal by die Central Mine Vereeniging (huidig Vereeniging Refractories).

Britte het daar ñ groot tent opgerig en op ‘n koue mistige oggend 15 Mei 1902 kom afgevaardigers bymekaar vir samesprekinge.

Voorsitterskap onder genl CF Beyers, ook teenwoordig Pres Steyn van OVS, Genl Botha, Smuts, Hertzog, De la Rey en De Wet.

Dertig afgevaardigdes vir die Vrystaat en 30 vir die Transvaal, verkies deur Boerekommandos met net een opdrag; om nie die republieke se onafhanklikheid prys te gee nie. Stoere, geharde boere-offisiere wat 3 jaar vir vryheid geveg het.

Lord Milner en Lord Kitchener verteenwoordig Britte met slegs een voorwaarde waaronder die Britte vrede sal sluit: die boere moet hulle onafhanklikheid prysgee.

‘n Gespanne atmosfeer heers.

Daar is eers verslag deur verteenwoordigers gelewer oor toestande in veld. ‘n Donker prentjie van kosnood vir almal agv verskroeide aarde beleid, ‘n tekort aan manne agv die wegvoering van gevange boere na ander lande (slegs 18,000 manne in veld oor, een derde van aanvangsgetalle), die lyding van vroue en kinders in kampe, gevange Britte wat net weer vrygelaat kan word (ongeveer 450,000 soldate aan Britse kant), tekort aan perde (slegs twee derdes van boere nog met perde), verswakte en uitgeputte perde, blokhuiskampe, ongenade en barbaarsheid van vyandige swartes wat deur Britte bewapen word en vroue en jongmeisies bedreig en burgers vermoor (Holkrans).

Transvaal voel dit is onmoontlik om aan te gaan.

OVS wil nie oorgee nie.

‘n Bitter en moeilike besluit moet geneem word om onafhanklikheid prys te gee, onderhorig te word aan Brittanje, wapens aan Britte te oorhandig en Afrikaans as amptelike taal en eie vlag te laat vaar.

In stemmery stem 54 daarvoor en slegs 6 daarteen.

Na die uitslag was die vergadering doodstil, verslaentheid en hartseer het geheers.

Onderhandelinge het onder streng bewaking en geheimhouding plaasgevind. ‘n Militêre kordon is om die kamp getrek sowel as om die dorp en niemand is toegelaat om die gebied sonder ‘n spesiale permit binne te gaan nie. Joernaliste het tot groot vermaak allerhande planne en vermommings gebruik om inligting te verkry maar dit was vrugteloos.

ONDERHANDELINGSTERREIN

31 Mei 1992 , 90 jaar na Vrede van Vereeniging, is hierdie gedenksteen opgerig op die terrein waar die onderhandelings plaasgevind het.

Onthul deur FW de Klerk.

Die gedenkplaat opgerig bokant die stomp van die ou groot boom waar die onderhandelings plaasgevind het.

Die terrein word tans gebruik as krieketvelde.

DIe pragrige ou gebou wat aanvanklik die ou mynhospitaal was en later gebruik was as huisvesting vir Britse Offisiere tydens ondeehandelingstyd, is nou ń krieketklubhuis.

BRONNE Internet Vereeniging Geskiedenis Koerantuitknipsels van Dr Mario Milani

FOTO’S: Internet. Sarel Feldtsman. Gys Stroh snr. Vaaldriehoek Kultuurnetwerk FAK

Onthulling van Gedenkplaat 1992 Dr Mario Milani en FW de Klerk

Maak 'n opvolg-bydrae