Fort Frederick. Port Elizabeth. Oos-Kaap

Port Elizabeth

Oos-Kaap

Fort Frederik

Die eerste permanente militêre basis aan die oosgrens van die Kaapkolonie.

Die oudste bestaande gebou uit die Britse kolonialistiese tyd in SA.

Die fort is gebou op ń kop met ń uitsig oor Algoabaai se vasmeerplek om te voorkom dat Franse soldate aan wal kom en gebied aanval en annekseer (Napoleon oorloë).

Bouwerk aan die klipfort is begin in 1799 en gedoen deur Britse troepe.

Die fort is vernoem na Frederick Hertog van York en Albany, die kommandant van die Britse militêre mag.

Die vierkantige fort se sye is 24 m lank en byna 3 m hoog en het ń kompleks geboue gehuisves oa barakke, magasyn, kruithuis, 4 klein huisies vir offisiere ens.

Buite die mure was ń beeskraal en groentetuine.

Twee 8-pond kanonne het die fort beskerm maar is verwyder toe fort ontruim is.

Huidig is daar kanonne en lope uit die laat 18de eeu uitgestal, voorlaaierkanonne.

Fort Frederick het beskerming gebied teen Franse aanvalle, teen Xhosa aanvalle gedurende die grensoorloë en ook tydens onrus onder die burgers.Die vars water bron, die Baakensrivier se mond moes ook beskerm word. Algoabaai moes beskerm word. Daar was nooit een enkele vyandige skoot vanuit die fort afgevuur nie.

Port Elizabeth het rondom die fort ontwikkel.

Net buite die fort is die graf van kaptein Francis Evart, kommandant van die fort 1817-1847. Hy word beskou as die vader van Port Elizabeth want hy het die 1820 Britse Setlaars vanuit die fort ontvang en het ń groot rol gespeel in die vroeë ontwikkeling van Port Elizabeth.

1868 het die Britse troepe onttrek uit die fort en toe het fort in onbruik verval.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die fort weer vir ń tyd deur soldate bewoon.

1936 is oorblywende deel van fort as monument verklaar.

Huidig is daar nog die kruithuis en onderste gedeelte van die blokhuis(boonste houtgedeelte verwoes in ń brand).

Die ongelooflike uitsig slaan enige besoeker se asem weg. Die terrein is netjies versorg. Ongelukkig het morsjorse en nagslapers hulle spore daar gelos en word besoekers aangeraai om baie paraat daar te wees aangesien kriminele op loer is na geleenthede vir roof.

Bron: Internet

Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020

Port Elizabeth. Fort Frederick, 1799, the oldest surviving British building in the Eastern Cape would have been the first and probably only building the 1820 Settlers saw when they landed in Algoa Bay. Only 24 m from the seashore at the time. Their landing ably assisted by Capt. Francis Evatt, Commandant and Sir (Lt.Genl)Rufane Donkin.

https://www.nmbt.co.za/listing/fort_frederick.html

Maak 'n opvolg-bydrae