Perdemonument. Port Elizabeth. Oos Kaap

Port Elizabeth.

Oos-Kaap

Perdemonument

Hierdie monument herdenk die 1000de perde wat tydens die ABO vermink is of gesterf het.  Meeste perde vir die Britse mag het hier in Port Elizabeth aan wal gekom van regoor die wêreld, meeste uit Brittanje en Argentinië. Meer as 300 000 perde het tydens die ABO omgekom. Die syfers as volg: 187 959 perde dood of gewond aan Britse kant, 161 828 aan boerekant.

Port Elizabeth was ń belangrike plek vir die aankoms van soldate, perde en voorrade vir die front. Hoewel hier geen gewapende konflik was nie, is die effek van die oorlog hier ook duidelik gevoel. Hier was ook ń groot konsentrasiekamp opgerig vir gevange Boervrouens en kinders.

11 Februarie 1905 is hierdie monument opgerig  vir die perde van die ABO.

Op ń voetstuk is ń lewensgrootte knielende soldaat (‘n Tommie) met ń emmer water. Sorgsaam word die dier versorg. Die idee word vasgevang dat dier in jou sorg liefdevol versorg moet word.

Die perd is ongeveer 168 cm hoog (16,2 hand).

Voor die voetstuk is ń drinktrog vir perde en diere aangebring. Huidig nie opgekoppel nie, die doel verloor.

Monument is verskuif na huidige posisie aangesien vorige posisie ń verkeershindernis was.

2015 het vandale(politieke groep) op die perdemonument toegesak en ernstige skade aangebring maar dit is pragtig herstel in 2016.

Maak 'n opvolg-bydrae