Dr Verwoerd – Orania

Republiek van Suid –Afrika ( RSA)

Dr Hendrik Frensch Verwoerd
8 Sept 1901 Amsterdam – 6 Sept 1966
Sy ouers verhuis na Suid-Afrika toe hy 3 maande oud was.
6de Eerste Minister van Suid-Afrika.
1958 – 1961 Eerste Minister van Unie van Suid-Afrika
1961 – 1966 Eerste Minister van Republiek van Suid-Afrika. Vermoor in sluipmoord mesaanval deur Dimitri Stafendas. Dit was die 2de aanslag op sy lewe, 1ste was in 1960 toe hy geskiet is deur David Pratt.

Daar is verskeie beelde van Dr Verwoerd in SA opgerig, waarskynlik die Eerste Minister waarvan daar die meeste beelde gemaak is. Hy was baie geliefd en sy dood was groot skok.

Sy beelde is afgebreek en verskuif na die 1994 Algemene Verkiesing in SA. Orania spog met ñ groot versameling beelde, borsbeelde en artefakte, selfs ñ Verwoerd museum en Verwoerdhuis waar sy weduwee gewoon het 1992 tot 2000. Hier word sy nalatenskap bewaar.

Selfs name is verander soos bv die Laerskool Hendrik Verwoerd in Meyerton nou bekend as Laerskool Midvaal en die Verwoerd afrit wat nou bekend is as Pierneef afrit.

Mense sal nog lank verskil oor die rol wat hy in SA gespeel het. In die geskiedenis sal hy die grondlegger van die Republiek van Suid-Afrika bly en onder sy bewind die ekonomiese bloeityd van RSA. Vir ander die argitek van die Apartheidstelsel, sommige positief andere negatief.

 

Maak 'n opvolg-bydrae