Danie Theron Monument / ABO / Fochville

Danie Theron Monument

ABO

Fochville area

DANIE THERON

Bobaasverkenner tydens die ABO.

Daniël Johannes Stephanus Theron

Gebore 9 Mei 1872 distrik Tulbach

Sterf 5 September 1900 Gatsrand ,Fochville area.

As kind reeds verhuis na Vrystaat en later na die ZAR.

Sy halfbroer, Johannes Pretorius was ń onderwyser en hy het Danie geleer.

1889 verwerf Danie Theron sy onderwysdiploma en kry ń pos as rondgaande onderwyser in Kroonstad-distrik.

1893 skryf hy in as prokureursklerk en voltooi sy regstudies in 1896.

1897 neem hy sy prokureurslisensie in Krugersdorp uit.

Danie raak by die politiek betrokke. Hy ondersteun Piet Joubert, maar is baie lojaal teenoor Paul Kruger.

DANIE THERON EN DIE REDAKTEUR VAN THE STAR

Die redakteur van The Star, WF Moneypenny, ń persoon wat nog net 2 maande in SA is, publiseer lasterlike artikels oor die Boere in sy koerant. Hy beweer dat die Boerevolk vuil en agterlik is, met vreemde mediese praktyke en spoel sommer sy mond oor Paul Kruger en stemreg aan immigrante uit.

Danie Theron gaan sien Moneypenny en dring daarop aan dat hy sy woorde moet terugtrek en apologie aanteken.

Moneypenny weier, Danie vererg hom en gee Moneypenny ñ opstopper op regteroog dat sy brilglas in stukkies spat.

Moneypenny bel die polisie en Danie verskyn in die hof. Hy word met 20 pond beboet, maar sy ondersteuners samel sommer daar en dan onder mekaar die bedrag in en betaal die boete.

ABO

Met aanvang van die ABO sluit Danie by Christiaan de Wet in die Vrystaat aan.

Danie Theron blink uit as ń Baasverkenner.

Hy blink gou uit as dapper en vreeslose verkenner en vegter, veral in die Vrystaat.

25 Februarie 1900 tydens die Slag van Paardeberg kruip hy op sy knieë en hande deur die vyandelike Britse linies om ń boodskap aan Genl Piet Cronje af te gee. Met bebloede hande en knieë keer hy terug na Genl de Wet om verslag te lewer oor benarde situasie waarin Piet Joubert hom bevind.

WIELRIJDERS CORPS

Hy stig die Wielrijders Rapportganger Corps saam met kampioenfietsryer Koos Jooste.

Danie oortuig Pres Paul Kruger en Piet Joubert dat fietse eerder as perde gebruik moet word, want fietse word nie honger en dors nie en word ook nie moeg soos perde nie. Solank die fietsryer nog kan trap, kan fiets voortgaan.

Fietse is ook ń kleiner teiken as wat ń perd is.

Piet Joubert is baie skepties en hy en Pres Paul Kruger stel ń toets voor. ń Resies tussen perd en fiets tussen Kerkplein en die Krokodilrivierbrug, ń rit van so 3 ure te perd. Op die brug sal díe een wat eerste daar kom dan ń rapport ontvang wat hulle vir Piet Joubert moes terugvat.

Danie oorreed sy vriend, Koos Jooste, die kampioenfietsryer, om die uitdaging te aanvaar.

Koos op sy fiets en ene Martiens op sy skimmelperd pak die ren aan.

Aanvanklik is die perd voor, maar net buite Pretoria gaan die fiets hom verby.

Koos voltooi die ren heen en terug in net 3 ure en 10 minute.

Danie Theron kry toestemming van Pres Paul Kruger om die Wielrijders Korps te stig en hy en hierdie dapper manne doen uitstekende werk as verkenners en om boodskappe oor te dra.

Om die binnebande van die fietswiele teen dorings en spykers te beskerm het hulle stroke leer binne in die wiele geplaas.

DANIE THERON TVK

Maart 1900 stig Danie Theron die Theron Verkenningskorps (TVK) en word as kommandant aangestel. Koos Jooste neem Fietsryers Korps oor.

Hiervoor word 100 manne gekies, interessant, hulle maak meestal weer van perde gebruik.

Danie Theron en hierdie dapper manne van die TVK, raak bekend vir hulle waaghalsige dade. Hulle blaas spoorlyne en treine op om die Britse voorraadlyn te ontwrig en om broodnodige voorrade te verkry vir Boere in die veld, vernietig Britse telegraaflyne, vang Britse Offisiere en bevry Boereprisoniers.

Hulle ontspoor bv ń trein by Kliprivier op 31 Augustus, Koninginnedag vir die Hollanders. Toe ontdek word dat die treinvrag sigare, tabak, sigarette en sjampanje bevat, laat Danie die Hollanders en al die ander manne toe om Koninginnedag op die trein te vier. Tot die Britte op die trein het deelgeneem aan die fees. Na die tyd het die Boere die trein aan die brand gesteek.

Daar naby het hulle ook die 70 Boeregevangenisse uit die Van Wyksrus gevangenis gaan bevry.

Lord Roberts rapporteer Danie Theron is: ” the chief thorn on the side of the British. ” Daar word ń 1000 pond beloning op sy kop geplaas.

“Dead or alive”.

Danie Theron het hom dikwels as Engelsman, Captain Jones, voorgedoen. Sy foutlose Engels en gladgeskeerde voorkoms het die Britte nogal bedrieg. In Britse uniform, gewapend, het hy tussen Britte in kampe rondbeweeg en sodoende waardevolle inligting oor getalle en strategië ingewin.

Sy manne het hulleself as groenteverkopers in Britse kampe voorgedoen. Selfs as Skots, Engels of Wallies, afhangende van watter taal hulle magtig was.

ń Engelse offisier het selfs eenkeer toe hy saam met Danie, alias “Captain Jones” geëet het, hom gewaarsku om versigtig te wees want Danie Theron is glo in die omgewing. Danie laat nogal agterna ń bedankingsbriefie vir die heerlike ete en gasvryheid. Hy skryf ook ” You may be surprised to learn that you have tonight entertained Danie Theron.”

Een keer het Danie selfs die Britse soldate gehelp soek na Danie Theron.

Die gevaarlikste take het Danie Theron self uitgevoer. Dit was bekend dat hy in een nag 3 boerponies onder hom doodgery het. Hy was onverskrokke.

GATSRAND, FOCHVILLE

Danie Theron en sy manne beplan om saam met Generaal Liebenberg ń Britse konvooi in ń hinderlaag voor te lê on Gatsrand area, naby huidige Fochville.

General Harts en sy konvooi is op pad Frederikstad toe om Generaal De Wet aan te val.

4 September 1900 neem Danie Theron en sy manne posisie in, soos beplan. Generaal Liebenberg en sy manne is egter nie op hulle pos nie. Die konvooi beweeg verby.

Danie Theron gaan teen die koppie uit om verkenning te doen en om vas te probeer stel waarom Liebenberg nie in afgespreekte posisie is nie.

Onverwags loop hy hom in ń klein groepie van 7 Britse verkenners vas. ñ Geveg ontstaan. Danie dood 3 en wond 4.

Ongelukkig trek die skote die groot konvooi se aandag en onmiddelik begin hulle die koppie bombardeer.

Danie beweeg van rots na rots en vuur na die Britte met sy mauser, sodanig dat die Britte oortuig is daar is ń hele groep Boere op die rantjie . Hulle bombardeer die rantjie hewig met 6 veldkanonne en ń skeepskanon en storm nader.

ń Bom tref ń rots naby Danie en skrapnel tref hom in sy bors, sy skouer en sy kakebeen. Danie sterf. Britte begrawe hom daar in ń vlak graf.

DANIE THERON STERF

5 September 1900 sterf die 28-jarige Danie Theron by Gatsrand, naby Fochville, sy oorskot word daar deur die Britte begrawe in ń vlak graf. Elf dae later grawe sy makkers hom op en begrawe hom op die plaas Elandsfontein, eienaar Wolfaardt.

Drie jaar later word hy herbegrawe op die plaas Eikenhof, Kliprivier. Eikenhof was die plaas van Christiaan Neethling, die vader van Hannie Neethling, Danie Theron se oorlede verloofde. Dit was sy wens om eendag langs sy verloofde begrawe te word.

https://www.facebook.com/groups/372725536482372/permalink/1428011364287112/

DANIE THERON MONUMENT BY FOCHVILLE

50 jaar na Danie Theron se heldedood, 5 September 1950 , word ń hoë gedenknaald op Theronskop, Gatsrand naby Fochville ter herdenking aan Danie Theron opgerig.

Die betontoring 24, 4 meter hoog. Bestaan uit 50 ringe. Een vir elke jaar na sy dood.

Op die top ń reuse (koper) vlam van 6 meter. Die vlam simboliseer die vlam van vryheid wat in die Boere se harte gebrand het, die vryheidsvlam in Danie Theron se siel.

Die argitek Coenraad Hillebrands van Krugersdorp en die bouer L Fokkers Pty Ltd.

Die Voortrekkers het groot fondsinsamelings gehou om die kostes te dek.

Tans is monument on myngronde geleë, agter slot en grendel. Spesiale toestemming nodig om terrein te besoek. Die kopervlam is gelukkig ook groen aangeslaan. Hopelik sal dit bietjie beskerming teen vandale verleen.

UNIEGEBOU PRETORIA

6 Maart 2002 is ń nuwe Danie Theron beeld by die Uniegebou in Pretoria opgerig. Die monument is onthul deur Nelson Mandela, een van die min geleenthede wat hy Afrikaans gepraat het. Mandela het na Danie Theron verwys as ń uitstaande voorbeeld van ń Suid-Afrikaner wat vir die vryheid van sy mense geveg en gesterf het.

Heelwat skole en ń kerk is na Danie Theron vernoem. Selfs ń Militêre skool is na hom vernoem (Danie Theronkrygskool Kimberley).

Bronne: Internet. Walkerville History.

Foto’s: Gys Ströh snr Mei 2022

Maak 'n opvolg-bydrae