Witkruismonument / Plaasmoorde / Ysterberg / Pietersburg / Limpopo

Witkruismonument

Ysterberg

Pietersburg

Limpopo

Sowat 30 km vanaf Pietersburg tref ons teen die Ysterberg een van die kosbaarste en roerendste monumente in Suid-Afrika aan.

DIE WITKRUISMONUMENT

KRUISE

Die Monument (kruise) is begin 16 Junie 2004 met 1200 kruise, elke een verteenwoordig ń boer of sy gesin wat vermoor is tydens gruwelike plaasaanvalle.

MONUMENT

2020 is die Monument opgerig ter nagedagtenis van

Elke Man

Elke Vrou

Elke Kind

Wat in plaasaanvalle gesterf het.

Volgens statistiek is daar tans (2022) reeds 2575 kruise opgerig, die middelste kruisvorm reeds 925 kruise.

Professor Roelofse en sy vrou Rina het hierdie kosbare gedagte begin.

5 hektaar grond teen die Ysterberg is deur die eienaar Harry Harmse geskenk vir die Witkruismonument.

Lita Cross Fourie het betrokke geraak by hierdie Monument en sedert 2009 het sy hierdie grootse projek oorgeneem. Sedertdien is sy besig om terrein skoon en instand te hou, kruise te verf, nuwe kruise te maak en om jaarliks nuwe kruise te gaan plant.

Hierdie Witkruismonument lê Lita na aan die hart aangesien haar ouers John en Bina Cross 16 April 2000 ook vermoor is op hul plaas naby Gravelotte. Lita het persoonlik die eerste kruise oorhandig langs die N1 om Ysterberg geneem te word en daar ingekap te word as stille getuie teen soveel wreedheid in SA.

BEELD VAN BOER EN SY VROU

September 2022 is ń nuwe beeld by die Witkruismonument opgerig. Ryk aan simboliek.

Beeldhouer Jaco van Niekerk.

SIMBOLIEK van BEELDE BY WITKRUISMONUMENT (Jaco vam Niekerk)

OORLEWING – Die Titel van hierdie beeld.

Beeld die eindelose stryd van die Boerevolk aan die suidpunt van Afrika uit.

Die beeld echo ons oorlewingsdrang.

Die boer wat met vors die vyand aanvat.

Sy vrou en ongebore kind agter hom beskerm.

Dis ‘n hedendaagse man met sy 9mm pistool , vellies, breërand hoed wat hom beskerm teen die fel en ongenaakbare Afrika son.

Gebrei, soos sy voorsate hier. Gewikkel in oorloë teen oorheersing en die reg tot oorlewing.

Om jouself, gesin, volk en vaderland te beskerm. ń Universele reg.

Soos Anton van Wouw se burgers om oom Paul Kruger se beeld op Kerkplein Pretoria, wat vier verskillende era’s uit ons geskiedenis uitbeeld.

Die boer is ń hedendaagse burger met sy roer, hoed en vellies en sy kakie klere.

Die vrou is kaalvoet, simboliek van ons formidabele volksmoeders wat gedreig het om eerder kaalvoet oor die Drakensberge te loop as om onder Britse oorheersing te staan.

Nie veel het verander sedert die Groot Trek en Bloukrans nie. Ons word nog steeds uitgemoor. Die Witkruismonument is die bewys en testament daarvan.

Soos met die Vegkop beeld en Sarel Cillers beeld sal ons met die wapen en Bybel en vaste geloof onsself beskerm – dit is ons reg.

Die man met krag en gewapen dui op fisiese paraatheid- Klaarstaan. ń Weermag term.

Die vrou knielend en hoof gebuig dui op die spirituele, biddend.

Sy ondersteun haar man en hou sy hand.

Met die ander hand beskerm sy haar ongebore kind. Haar weerloosheid in ń donker stryd. Maar ook ń belofte dat daar ń nageslag sal wees..om die oorlewingstryd voort te sit.

Ter nagedagtenis aan hul wat hul lewe verloor het, en die wat agterbly.

Ps 91-Ek sal nie bang wees nie.

Medium: Resin, geverf.

Mag die Vader gee dat daar min plaas slagoffers in toekoms sal wees!

Bron:

Internet. Facebook. Lita Cross Fourie. Jaco Van Niekerk

Foto’s. : September 2022. Facebook. Lita Cross Fourie. Jaco van Niekerk.

Maak 'n opvolg-bydrae