CJ Steyn/ Gefusileer ABO 21 Januarie 1902/ TweelingFrankfort

CJ Steyn

Gefusileer ABO 21 Januarie 1902

Tweeling

Frankfort

Cornelis Janse Steyn is gebore 25 Augustus 1880 Tweelingdistrik. Sy vader was DW Steyn , ń veldkornet tydens ABO van Tweeling omgewing.Cornelis was sieklik, maar die 21 jarige het aangesluit by Kommandant van Coller se kommando toe díe teruggekeer het vanaf Natal. Cornelis het sy lang swaar jas by ń ander boer verruil vir kort baadjie, ń tuniek, ń Britse offisiersbaadjie. 16 Januarie 1902 kom die engelse op hom en 4 boere af en hulle neem die 4 boere gevange. Cornelis slaan op vlug, gooi alles van sy perd af en vlug te voet verder. Ongelukkig word hy gevang en vasgeketting aan ń wa.

Cornelis word verhoor en skuldig bevind aan moord op ń Britse offisier wat 6 maande tevore doodgeslaan is. Die baadjie het behoort aan ń Britse offisier en sy rangtekens was nog op die baadjie. Onder die baadjie het Corey sy siviele klere aangehad. Cornelis was glad nie betrokke by die moord op die offisier nie, hy was nie naby nie, maar sy enigste getuie is te bevrees vir die Engelse om te getuig.

Vuurpeleton

21 Januarie 1902 word CJ Steyn gefusileer naby Hooggelegen teen ń kransie. Hulle wou hom blinddoek, maar hy sê hy is bereid om die ewigheid in te gaan, onskyldig met oop oë. Hy word op sy versoek in ń vlak graf begrawe want sy pa sal hom kom haal.114 koeëls het hom deurboor en ń sabel het sy liggaam oopgekloof.

Om ń vyand se uniform te dra is ń oortreding, maar regverdig beslis nie die doodstraf nie.

Mev. Van der Merwe wat op die plaas gebly het, het sy liggaam gaan haal en in ń kas gesit en sy pa laat weet.

Sy pa het sy lyk kom haal en hom begrawe op die plaas “Marseilles” en ñ monument daar opgerig vir sy seun wat onskuldig geskiet is.

Later is CJ STEYN herbegrawe in Frankfort.

CJ Steyn se onderbaadjie en hemp word bewaar in Bloemfontein se Oorlogsmuseum Kranslegging

Januarie 2021 het FAK Kultuurnetwerk van die Vrystaat ń kranslegging gereël by die monument wat opgerig is 17 km wes van Tweeling ter herdenking aan CJ STEYN.

Bron: InternetFotos:

Gys Ströh snr Januarie 2021

Maak 'n opvolg-bydrae