Die eerste gemeente gestig aan die Kaap.23 Augustus 1665/ Die eerste predikant aangestel

23 Augustus 1665

Die eerste gemeente gestig aan die Kaap.

Die eerste predikant aangestel

Jan van Riebeeck

6 April 1652 land Jan van Riebeeck met sy 3 skepe en sowat 90 mede-Nederlanders aan die Kaap.

Op daardie dag is die Christelike godsdiens in Suid-Afrika geplant. Die belangrikste wat hulle saamgebring het was die Statebybel. Hulle bring ook Psalmboeke, die 3 belydenisskrifte, die Doopformulier en die Nagmaalformulier saam.

Die VOC se opdrag was nie net om ń halfwegstasie in die Kaap op te rig nie, maar ook om ń Christelike kerk hier op te bou. Die volke wat in die suide van Afrika gevestig was, was heidene. Die eerste Portugese wat die Kaap besoek het was Rooms-Katolieke. Alhoewel hulle kruise langs die kus geplant het, het hulle min invloed aan die suidpunt van Afrika gehad.

Sieketrooster

Saam met Jan van Riebeeck het ń sieketrooster, Wylandt, gekom. Hy het 13 jaar lank gedien as sieketrooster. Elke Sondag het hy ń preek voorgelees, elke aand godsdiens gehou, kinders onderrig en siekes versorg met Die Woord. Die “Kat” is vir 13 jaar lank gebruik as eerste kerk. Soms was daar ń predikant aan boord van ń verbyvarende skip wat diens gelewer het.

Eerste predikant. Stigting van eerste gemeente.

23 Augustus 1665 kom die eerste predikant Ds. Joannes (Joan) van Arckel na die Kaap. Twee kerkdienste word die dag in die saal van die Fort de Goede Hoop gehou. Die eerste gemeente in die Kaap word gestig. As ouderling word Abraham Schut verkies en as diaken Jan Reynierz. Die VOC het beheer oor die kerk gehad en die salaris van die predikant betaal.Ks

Bron: Internet. Wikipedia. Kerkgeskiedenis.

Maak 'n opvolg-bydrae