Vlijoensdrif Viljoensdrifstasie WW1 monument / Viljoensdrif Laerskool Klipstapel na tornado /Magistraatskantore NG Kerk Viljoensdrif

Viljoensdrif

Vrystaat

Digby Vereeniging 10 km noordoos van Sasolburg

Viljoensdrif/t

Viljoensdrifstasie

WW1 monument

Viljoensdrif Laerskool

Klipstapel na tornado

Magistraatskantore

NG Kerk Viljoensdrif

Viljoensdrif :

Die drif waardeur die Vaalrivier gekruis kon word was op die plaas Witkop van Stephanus Viljoen. Mbv van sy seuns Jozua Jacobus Viljoen en Hans Viljoen het hy die drif gevestig en bedryf. Hans Viljoen adverteer reeds in 1857 dat hy ń pont het by Viljoensdrif waarmee mense, vee en waens oor die Vaalrivier getrek kan word. 1885 verkoop Jozua Jacobus Viljoen die plaas aan Vereeniging Estates, ń maatskappy gestig deur Sammy Marks en Isaac Lewis om steenkool te ontgin.

Viljoensdrif stasie

Goud word in 1886 op die Witwatersrand ontdek en verander die land se geskiedenis. Myntoerusting moes vanaf die suidelike hawens ingevoer word. Alles moes per ossewa vervoer word na die Witwatersrand. Die drif by Viljoensdrif was die ingangsroete vir alle goedere en toerusting na die ZAR. ZAR se doeane in Vereeniging het alle invoere hanteer en invoerbelasting geïn.1890 is ń ooreenkoms bereik tussen Kaapse Regering en Vrystaat om ń spoorlyn te bou tussen Bloemfontein en Viljoensdrif. Die spoorlyn word voltooi in 1892. Die spoorlyn het hier geëindig. Alle goedere is hier afgelaai en op transportwaens gelaai om deur Viljoensdrif te gaan na die ZAR. Paul Kruger wou nie toestemming verleen om spoorlyn te verleng nie want hy wou nie afhanklik van Britse hawens wees nie en liewer ń eie spoorlyn bou na Lourenco Marques.1893 is daar wel ń spoorbrug gebou. (Maccauvlei brug ).ViljoensdrifstasieHierdie stasie was ń bedrywige stasie met goedere en mense wat heen en weer vervoer is. Tans in groot verwaardlosing. Interessant op hierdie stasie is nog die ou voetgangersbrug. Gedeel in 2, erfenis van apartheidsjare. In die middel verdeel sodat swart en wit apart spoorlyne kon kruis.

WW1 Monument

Op die platvorm is ń monument opgerig vir inwoners van omgewing wat gesneuwel het tydens die Eerste Wêreldoorlog. Die Groot Oorlog. Die monument is in 1921 ingewy en ook tans in staat van verwaardlosing.

Viljoensdrif Laerskool

Die skool is geopen 25 Januarie 1904. Twee vertrekke van die Spoorweë is aanvanklik as klaskamers gebruik. 27 April 1908 is die nuwe skoolgebou in gebruik geneem en 9 Mei 1908 amptelik geopen. Die skool word gesluit 1991 en tans is daar slegs 2 klaskamers en saal nog wat as pakkamers gebruik word, veral droë voer wat kommer oor brandgevaar laat.

Klipstapel:

Voor die skool is ń klipstapel gepak met datum 1967. Die jaar toe ń tornado die skool se dak afgeruk het.Die MagistraatskantoreDie Magistraatskantore is ook nog daar. Uiters verwoes en bied huisvesting aan heelwat plakkers.

NG Kerk Viljoensdrif

16 September 1948 stig die gemeente Viljoensdrif af vanaf die gemeente Oranjeville.Die gemeente gebruik voorlopig die skool se klaskamers as bymekaarkomplek en ń plaaswoning as pastorie.Die nuwe kerkgebou se hoeksteen word gelê 3 Junie 1950. 12 Augustus 1950 word die saal ingewy en die pastorie word 19 Mei 1951 ingewy.Die dorpie was hoofsaaklik ń steenkooldorpie.Ongelukkig het dalende lidmaatgetalle veroorsaak dat NG Gemeente Viljoensdrif in 2000 ingelyf is by Vaalpark gemeente.2011 het NG Gemeente Viljoensdrif weer opnuut afgestig en weer hulle eie gemeente gevorm. 4 Desember 2016 het ds Jan de Man as “tentmaker” die leiding in die gemeente oorgeneem. Die kerkgebou is netjies en in gebruik en ń lewendige gemeente nog in Viljoensdrif. Ks

Fotos: Gys Ströh snr 2019, 2021Begraafplasehttp://monument-sa.co.za/viljoensdrif-mynbegraafplaas/

Maak 'n opvolg-bydrae