Bus Ongeluk / Saulspoortdam / Bethlehem / 1 Mei 2003

Bus Ongeluk

Saulpoortsdam

Sol Plaatjie Dam

Bethlehem

Werkersdag 1 Mei 2003

Bus jaag in dam in.

51 mense sterf

SAULPOORTSDAM

Saulpoortsdam is ñ gronddam, gebou in 1968 by die samevloeiing van die Asrivier en Liebenbergsvleirivier naby Bethlehem. Die dam dien as ñ opgaardam wat hoofsaaklik water voorsien aan die munisipaliteit en woongebiede. Die water in die dam is afkomstig van die Lesotho Hoogland Waterprojek.

WERKERSDAG VIERINGE

1 Mei 2003

‘n Bus vol amptenare van die Sol Plaatjiesmunisipaliteit en verteenwoordigers van die vakbond, Cosatu, is op pad vanaf Kimberley na QwaQwa (Vrystaat) toe vir Werkersdagvieringe.

Die bestuurder van die oorvol bus was onseker van sy roete en vra padaanwysings by ‘n vulstasie in Bethlehem

Hy raak onseker van die pad en draai onwetend in die donkerte by ‘n verkeerde afdraai in.

Dit is ‘n lelike grondpad, ‘n steil afdraandte reguit na die Saulpoortsdam toe.

Aan die eindpunt van die grondpad is ‘n landingsplek vir bote.

Daar is geen waarskuwingsborde of hekke op pad na die dam toe nie.

Die bestuurder is te haastig op die pad en die passasiers raak benoud en histeries toe die bus al hoe vinniger oor die grondpad snel.

Ten spyte van gille en paniek jaag die bus binne-in die dam in. Insittendes is verlig toe die bus tot stilstand kom, maar besef gou die bus sak weg en water is reeds orals in die bus.

Dit is ‘n ou bus sonder nooduitgange en veiligheidsmaatreëls.

Die gewig van die water veroorsaak dat die deur nie oopgemaak kan word nie.

Slegs 10 mense slaag daarin om deur die klein venstertjies te wurm.

Twee swem kant toe om hulp te gaan soek terwyl 8 op die bus se dak vasgekeer is.

Met ligdag word die bus eers opgemerk.

Die 2 swemmers kry Leonard Slabbert, ñ oud see lewensredder, langs die dam. Hy reageer onmiddelik, laat dadelik ‘n bootjie te water en trotseer die koue en koue water om die 8 persone op die dak te red. Hiervoor ontvang hy die Orde van Mendi vir Dapperheid November 2003. Die 10 oorlewendes het net geringe beserings opgedoen.

Reddingswerkers spook die hele dag om die bus te herwin waar hy weggesak het in die modder. Eers namiddag kon hulle die bus uitsleep met meeste van die lewelose passasiers nog in die bus.

51 mense, insluitend die busbestuurder het verdrink.

Meeste was werknemers vanaf Kimberley. ñ Massabegrafnis is in die Weseinde begraafplaas Kimberley gehou.

Ondersoeke bevind dat bestuurder nalatig was en dat bus onpadwaardig was met remme wat nie behoorlik gewerk het nie.

MONUMENT

1 April 2005 is die Saulpoortsdam se naam verander na die Sol Plaatjies Dam.

Daar is ‘n monument opgerig aan die einde van die pad by die dam om hierdie tragedie te herdenk en om hopelik ‘n soortgelyke ongeluk te voorkom.

Bron: Internet. News 24. Bethlehem news.

Foto’s: Internet. Louis Van Zyl Junie 2023

Samesteller: Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae