Bloukransmonument Gert Maritz se graf Ossewatrek 1945 Klipstapel Estcourt /Colenso KwaZulu-Natal

Bloukransmonument

Bloukransmonument is een van die oudste monumente wat in Suid-Afrika opgerig is. (1895-1897).

Die inskripsie op die monument is nog in Hollands.

Die monument is ń eenvoudige herdenkingsnaald wat die tragiese gebeure herdenk van 16/17 Februarie 1838 toe Zoeloe impis meer as 500 mense op gruwelike wyse vermoor het by Bloukrans, Moordspruit en Weenen.

Aan die kante is ń marmerreliëf wat die Zoeloe aanvalle uitbeeld.

Beeldhouer Prof. Nicilo, van Carrara, Italië.

Ongelukkig het vandale hier reeds groot skade aangerig.

Bloukransmonument is opgerig by die sameloop van die Bloukransrivier en Moordspruit waar die grootste slagting plaasgevind het.

Piet Joubert (ZAR) was die dryfkrag agter die oprigting en fondsinsameling vir hierdie monument.

Die oorskot van die slagoffers wat i in verspreide graffies in die area was, is bymekaar gemaak en in ń massagraf onder die monument begrawe op 16 Desember 1895.

Ook die trekleier Gert Maritz wat by Sooilaer begrawe was, is op 16 Desember 1895 hier herbegrawe.

Piet Joubert lê die hoeksteen 16 Desember 1895.1

7 Februarie 1897 word die monument ingehuldig deur die Natalse Goewerneur Sir Walter Hely-Hutchinson.

By die ingang is ń gedenkplaat aangebring en besonders ook die hekkie wat toegang verleen.

In die een hoek was ook waspore aangebring in 1945 deur Rapportryers tydens inwyding van Voortrekkermonument Pretoria.

ń gedenkplaat is ook tydens die 175 jaar Groot Trek herdenking deur die FAK, Die Voortrekkers en Die Erfenisstigting opgerig.

Ongelukkig het vandale ook hier toegeslaan en die spore stukkend gekap.

Net agter die monument is ń klipstapel gepak.

Elke jaar tydens Geloftefees Vieringe hier is bykomende klippe op stapel gepak.

Fotos: Gys Ströh snr Augustus 2021

16 Desember 2021 Johan Outram:

Die groot skoonmaak……Bloukrans kry so n paar keer n jaar n goeie skrop en sny. Die monument is eintlik baie goed bewaar in n gebied waar mens sou verwag dat daar maklik skade aangerig word.

Die koperplaat van Gerrit Maritz se graf is gesteel,maar is met graniet vervang en het vandag nuwe klip gekry.

Maak 'n opvolg-bydrae