Bergville Blokhuis Bergville KwaZulu-Natal

Bergville Blokhuis

Bergville

KwaZulu-Natal

Bergville is ń klein dorpie onder die skadu van die Drakensberge, langs die Tugelarivier.

ABO

Tydens die Anglo-Boereoorlog het die Britse magte blokhuise en forte opgerig as verdedigingsnetwerk en beskerming teen die Boere guerilla vegters.

Veral tydens die later fase van die oorlog het die Britte meer as 8000 blokhuise opgerig van klip, sink, hout ens., party wenig meer as ń klipkraal.

Min van hierdie blokhuise staan nog vandag.Bergville

Tydens die ABO, 1901, het die Britte hier in Bergville ń blokhuis opgerig ter verdediging van die driwwe van die Tugela teen die Boere.

Dit is ń lae gebou van sink en sement.

Hierdie is die laaste oorblywende blokhuis van sy soort in Natal en in April 1971 as Nasionale Besienswaardigheid of Monument verklaar.

Hierdie historiese blokhuis is m.a.w. die enigste in Natal wat behoue gebly het en was omskep in ń museum.

Huidig op gronde van polisie/hofgebou.Ks

Bron: Internet. Wikipedia. Fotos: Gys Ströh snr Augustus 2021(Terrein gesluit weens Covid).Corrie Botha-Smith 2019

Maak 'n opvolg-bydrae