Waterval Boven / Mosambiek Treinongeluk

Waterval Boven

Mosambiek Treinongeluk

Waterval-Boven

Aan die rand van die eskarp, teen die Drakensberg is die skilderagtige Waterval Boven geleë.

Die naam afkomstig van die ligging bokant die waterval in die Elandsrivier, die Elandsrivier Waterval.

Waterval Boven is in 1889 as spoorwegdepot gestig.

Die dorp se geskiedenis is nou verbind met die Oosterlijn Pretoria/ Delagoabaai (Lourenço Marques) spoorlyn. Die verbinding van die ZAR met ń hawe.

Die spoorlyn het 7 jaar geneem om voltooi te word met talle werkers wat hul lewens langs die pad verloor het. Malaria was gevrees. Daar was destyds gesê dat daar ń man begrawe is vir elke dwarslêer wat gelê is.

Vanaf Komatipoort het die spoorlyn Waterval Boven in 1894 bereik.

In 1895 is ń deel van die plaas Doornhoek aangekoop om as ń rangeerwerf en werkswinkel ingerig te word.

TREINONGELUK

Min mense is bewus van die tragiese treinongeluk wat hier in 1949 plaasgevind het.

Vroegoggend 16 November 1949 het ń trein wat migrasiewerkers vervoer het hier ontspoor. Trein 513 wat ongeveer 500 passasiers vervoer het.

Die werkers was op pad terug Mosambiek toe vanaf Witwatersrand.

Meeste migrerende mynwerkers vanaf Mosambiek wat in die myne gewerk het.

Dit reën al vir dae lank en die Elandsrivier is in volle vloed.

Op die nou brug oor die Elandsrivier by Waterval Boven ontspoor die trein.

Vroegoggend ploeg die stoomlokomotief teen die walle van die brug oor die Elandsrivier, digby Waterval Boven vas.

Die impak laat baie van die houtwaens ontspoor.

Sewe waens val met slapende reisigers in die Elandsrivier en word meegesleur in die sterk stroom.

Een wa hang oor die kant van die brug bo-oor ń afgrond.

Die verwarde en gedisoriënteerde passasiers kruip in stikdonkerte na die uitgang, net om na benede te val. Meeste oorleef nie die val nie.

Die inwoners van Waterval Boven verleen dadelik hulp aan beseerdes, dokters en ambulanse kom van sovêr as Bethal en Lydenburg .

Ernstig beseerdes word per lug na Pretoria vervoer.

63 mense sterf in hierdie ongeluk ; 62 Mosambiek mynwerkers asook die treindrywer Welsh Green.

Die werkers word in ń massagraf begrawe en die treindrywer word ook in ń stil hoekie in die Waterval Boven Begraafplaas begrawe.

1949 word die terrein waar die ongeluk plaasgevind het as Erfenisgebied verklaar ter herinnering aan die migrerende werkers wat hier gesterf het.

ñ Marmerplaat met name van oorledenes word opgerig.

2010 is daar ń gedenksteen opgerig deur die Departement van Kultuur Sport en Ontspanning in samewerking met die Mosambiek regering.

Ongelukkig het vandale toegeslaan en groot skade aangerig.

2019 is die Monument opgeknap en omhein.

Ongelukkig is die terrein tans oorgroei en die monument verwaardloos. Die paadjie daarheen bykans onbegaanbaar.

Bonne: Internet. Kaapsche Hoop deur Hans Bornman.

Foto’s Gys Stroh snr Mei 2022

Maak 'n opvolg-bydrae