16 Junie / Konsentrasiekampdag / Vereeniging

16 Junie hedenk ons jaarliks landswyd Konsentrasiekampdag.

Die afgelope 3 jaar herdenk die FAK Kultuurnetwerk Konsentrasiekampdag in Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas.

2022 is hierdie besonderse dag deur ‘n groot groep mense herdenk en verskeie Kultuurorganisasies soos FAK, Volkspele, GGSA Vaal, Voortrekkers, SAWV, Monumentjagters, Geloftevolk, Afriforum, Dundee Diehards en belangstellendes uit die gemeenskap het die verrigtinge bygewoon.

Koffie en beskuit is deur GGSA Vaal en Monumentjagters aangebied.

Peet Schabort het ‘n uitstalling en geskiedkundige praatjie gehou.

Vryheidsmonument Voortrekkers het die Vlagpersentasie behartig.

Volkspelers het mooi vertoning gelewer en sommer die jongklomp geleer om te speel.

Kairos Privaatskool en Dundee Diehards het ‘n lewendige voorstelling van Japie Greyling aangebied.

Lekker samesang.

Kranslegging.

Die verrigtinge is afgesluit deur simboliese handskud en vlagruiling deur Bittereinder Peet Schabort en die “Britte” Mark Walkden en die Dundee Diehards.

Dankie FAK Barry vir lekker braaiwors

Dankie Ockie Jooste, Marius van Zyl, Frans Harding en Werkesels vir die lekker braai.

Dankie aan al die betrokkenes en besoekers.

Dankie vir lekker kuier en samesyn.

ONS ONTHOU.

Ons onthou met respek en deernis wat opgeoffer is in die verlede en gaan met geloof en hoop die toekoms in.

Maak 'n opvolg-bydrae