Vredestoer 2022 / VREDE VAN VEREENIGING/ 31 Mei 1902/ 120 jaar/ Onderhandelingsterrein Vereeniging / Vredesmonument / Vryheidsmonument/ Witkop Blokhuis R59 / Russiese Kerk Midrand / Melrose Huis / Voortrekkermonument

Vrede van Vereeniging  31 Mei 1902120 Jaar

Onderhandelingsterrein Vereeniging

ABO. 1899-1902

31 Mei 1902

Na ‘n biitere stryd van byna 3 jaar kom afgevaardigdes van die Vrystaat, ZAR en Brittanje in Vereeniging byeen om te onderhandel vir  vrede: DIE VREDE VAN VEREENIGING

2  Vredesmonument Vereeniging

10 Oktober 1961 word die Vredesmonument of ook bekend  as die Vryheidsmonument in Vereeniging onthul om die Vryheidstryd tydens die ABO te onthou

3. Witkop Blokhuis R59

Die Britte het die Verskroeide Aarde Beleid toegepas en al die plase en plaashuise afgebrand en die oeste en vee vernietig. Daarmee saam is die vrouens en kinders weggevoer na konsentrasiekampe waar haglike toestande geheers het

Die Burgers is gevange geneem en as Bannelinge na krygsgevangene kampe toe gestuur

Ten einde die beweging van die vegtende burgers te bekamp tydens die guerilla fase van die oorlog het die Britte die blokhuisstelsel toegepas. Duisende blokhuise is binne sigafstand van mekaar kruis en dwars oor die land gebou en  verbind met doringdraad.

Witkop Blokhuis is een van die Vereeniging /Elandsfontein lyn

4. Russiese Kerk Midrand Gedenkkapel

Monument opgerig ter nagedagtenis aan die Russiese soldate wat deelgeneem het aan die ABO

5. Melrose Huis

Die ABO kom tot ‘n einde met die ondertekening van die vredesverdrag by Melrose Huis; Die Vrede van Vereeniging was  hier  onderteken.

5. Voortrekkermonument Pretoria

6. Afsluiting by die Kruger Galery / Voortrekkermonument Pretoria

DANKIE

Dankie FAK Vaaldriehoek  Kultuurnetwerk vir die geleentheid om die VREDE VAN VEREENIGING te herdenk

Dankie vir elke persoon wat saamgetoer en ingeval het langs die pad

Dankie vir al die kranse en ook die blommetjies (Freddie)

Dankie vir al die persone by die Russiese Kerk, Melrose Huis en die Voortrekkermonument wat ons so gul ontvang het

Dankie Midvaal vir die spesiale ontvangs by die Blokhuis

Dankie Russiese Ortodokse Kerk vir versnaperings

Dankie FAK vir die heerlike ete

Dankie Freddie Peters en Barry Müller vir al die reëlings

Dankie Nicky van Chilly PicNic vir die foto’s

Maak 'n opvolg-bydrae