Kinderlewe in Suid-Afrika Deel 19/ Die Groot Trek 1836 -1838 / Kerkenberg

Kinderlewe in Suid-Afrika

Deel 19

Die Groot Trek

1836 -1838

Kerkenberg

” Paul, Eerwaarde Smit is reg. Hierdie berg lyk regtig soos ń kerk.”

“Fientjie, dit is hoekom ons dit Kerkenberg noem. Vanoggend toe almal so saam “Prys die Heer” gesing het, het dit gevoel of ons hier hoog bo sommer naby die Here is.”

“Paul, het jy gesien wat het Deborah Retief gedoen? Sy het met groen verf teen die rots geskryf! Groen verf waarmee haar pa sy wa geverf het.”

“Ja Sus Fientjie. Dit was haar pa , Oom Piet Retief, se verjaarsdag. Sy het haar pa se naam en die datum daar geverf.”

“Ek weet. Ek kan darem al lees. Ek was bang sy gaan raas kry oor sy op die klippe geverf het.”

” Niemand het darem met haar geraas nie al moet mens nie die natuur bemors nie .Oom Piet Retief is ons trekleier en hy was nie hier met sy verjaarsdag nie. Almal wag vir Oom Piet Retief om terug te kom. ”

“Wanneer kom Oom Piet en die manne terug van Dingaan af? Pappa sê ons moet wag vir Oom Piet Retief voor ons teen die berg kan aftrek. “Ks

Fiktiewe stories vir ny kleinkinders; Kobie Ströh

Foto’s en illustrasies: Geleen vanaf Internet

Maak 'n opvolg-bydrae