Vegkop / 1836

Vegkop. Die verhaal van Vegkop.

2 Okt 1836

Die slag van Vegkop was voorafgegaan deur ń aanval op die kamp van die jagter – verkenner,  Stephanus Erasmus.

Die aanval op die Erasmuskamp is kort daarna opgevolg deur die Vaalrivier slag en die Liebenberg moorde.

Na die Vaalrivier slag het die aanwesige Voortrekkers versit na waar ń ander, groter groep Voortrekkers in die omgewing van Heilbron gestaan het.

Dit was in daardie omgewing by ń kop, later bekend as Vegkop, waar die Voortrekkers op die 16de Oktober 1836 hul man gestaan het teen ń oorweldigende Matabele-impi.

Dit is bereken dat Kalipi op daardie dag ń impi van 6000 geoefende, gedissiplineerde krygers teen 40 weerbare Voortrekkermans in die stryd gewerp

Trekkers: 30/33 man teen ‘n oormag Matabeles.

Leiers Sarel Cilliers en Hendrik Potgieter.

2  Trekkers dood, 14 gewond.

430 van Mosilikaats se krygers oorlede.

1137 assegaaie binne laer gevind.

John Roderick se pos:

“16” Oktober 1836.

Die Slag van Vegkop.

Deel een.

Om die gebeure van Vegkop behoorlik te verstaan is dit nodig om in die geskiedenis trug te loop.

Gedurende 1836 staan ‘n aantal Voortrekker groepe verspreid vanaf Thaba Nchu (Blesberg), oor en verby die Groot en Klein-Vetriviere tot feitlik sover as die teenswoordige Parys.

Hendrik Potgieter was op daardie atadium soekend na Louis Tregardt en “Lang” Hans van Rensburg wat op daardie tydstip iewers aan dieSoutpansberg gestaan het.

ń Ander kleiner groep, die Liebenbergs, het gestaan by ‘n koppie, vandag bekend as Liebenberkoppie of Moord koppie. (Net buite Parys in die Vrystaat.)

Nie ver van hulle af nie (+- 6km), in ‘n boog van die Vaalrivier het ‘n groter groep bestaande uit die families Botha, Steyn, Hamman, Kruger, Fourie en Bronkhorst gestaan.

Laastens was daar die Erasmus groep. Stephanus Erasmus,tesame met sy seuns Daniel, Pieter en Stephanus, asook Carel Kruger, Piet Bekker en Jan Claassen het ongeveer 5 uur te perd vanaf die Liebenberg, s en die Vaalrivier groep gestaan.

Die Erasmus groep was besig om olifante te jag.

Hierdie groepe was hoewel bewus van mekaar, nie deel van mekaar gewees nie.

Gedurende Augustus 1836 was die Erasmus kamp onverwags deur ‘n Matabele impi oorval.

Erasmus en sy seun Pieter was uit die veld op pad terug na die kamp toe hul die Matabeles by

die kamp gewaar het.

Slegs Erasmus, sy seun Pieter asook Bekker het hierdie aanval oorleef.

Erasmus het dadelik die gevaar en erns waarin die Voortrekkers verkeer het besef en ander trekkers gaan waarsku.

Nadat hy by die Vaalrivier groep aangekom het en hul gewaarsku het, het hy vrywilligers gevra om na oorlewendes te gaan soek.

Onderwyl hierdie groepie vertrek het, was ‘n ruiter gestuur om die Liebenberg, s te waarsku,

en was daar ook laer in ‘n boog van die Vaalrivier getrek.

Die Erasmus groep was skaars ‘n uur te perd uit die laer toe hul die Matabele gewaar.

Daar was nie gepraat nie, soos een man en doodsveragtend het die Matabele

op die 10 (12) man toegesak.

Al vegtend het hierdie groepie na die laer teruggeval.

Diederick Frans Kruger wat in die veld by die skape was, skryf dat die Matabele soos ‘n groot swart wolk aangerol gekom het.

Chritiaan Harmse was by die vee doodgesteek.

In die laer het ‘n absolute stryd gewoed.

Seuns, dogters, en vrouens, almal het gehelp.

Adolf Bronkhorst het in die laer gesterf.

Die impi wat die Vaalrivier groep aangeval het was maar ‘n deel, sowat die helfte van ‘n impi.

Die ander deel het reguit verby gehou na die Liebenbergs.

Die Liebenbergs was net besig om hul 5 (9) waens in te span toe hul die Matabele gewaar.

Daar was met ander woorde nie ‘n laer nie, en die mans het dadelik in die saal gespring om die Matabele te probeer stuit.

Die oormag was egter te groot.

Barend (die ou vader) Liebenberg, sy seuns Hendrik, Barend en Stephanus, asook Johannes du Toit en skoolmeester MC.Donald was doodgesteek.

Barend en Christiaan Liebenberg se vrouens, asook dogters was swaar gewond.

Die een dogter het 17 (31) steekwonde gehad.

Sy het liggaamlik genees, maar was die res van haar lewe ‘n gebroke mens.

Johannes du Toit se vrou en baba was beide met assegaaie in die grond vasgepen.

Deur die Here se genade, (daar is geen ander manier om dit te stel nie) het ‘n Voortrekker kommando onder Hermanus Potgieter daar aangekom en redding aan die oorlewende vroue en kinders gebring.

Die groepie Voortrekkers wat aan die Vaalrivier gestaan het, asook oorlewendes van na die Liebenberg Moorde het daarna tesame met die kommando van

Hermanus Potgieter teruggekeer na Doringkop (die latere Vegkop naby Heilbron) aan die Renoster rivier.

16 Oktober 1836.

Die Slag van Vegkop.

Deel twee, slot.

Vyftig kakebeenwaens, ses en dertig weerbare man,en ‘n geloof in ‘n Hoër Hand wat sou beskerm.

Dit was al wat die dag gestaan het tussen die mag van Mzilikazie en totale uitdelging.

Die laer was getrek met die een disselboom diep onder die voorste wa se agterstel ingedruk.

Wiele was met osrieme en trektoue aan mekaar vasgeknoop. Spasies tussen die voor- en agter wiele was diggeslaan met doringbome en goed vasgemaak.

Die laer het by benadering ‘n omtrek van 66 treë in deursnee en 210 tree in omtrek gehad.

In die middel was ‘n kleiner laer, bedek met velle en planke, waarin bejaardes en kranklikes

skuiling kon vind.

By elke opening het ‘n wakis met skottels lopers en kruit reggestaan.

Slegs een klein opening was gelaat waar ‘n ruiter te perd kon deur.

Hendrik Potgieter en Sarel Celliers het die oggend tesame met enkele ander Trekkers uitgetrek om die impi tegemoet te ry.

Ongeveer 6 na 9 kilometer van die laer was die impi op die lyf geloop.

Potgieter wou nog mooipraat en onderhandel, dog dit was verniet.

Soos een man en doodsverwagtend het die Matabele gestorm.

Dit moes ‘n gesig gewees het wat selfs die dapperste hart geraak het.

Celliers skryf dat hy tot op omtrent 100 tree drie skote kon skiet voor dat hul moes vlug.

‘n Ent van die laer af was die geveg gestaak en gejaag om by die laer te kom sodat finale voorbereidings getref kon word.

Die Matabele het intussen die laer omsingel.

Etlike beeste was lewend verslind  (die vleis rou geëet).

Celliers het die aanwesiges tot kalmte gemaan.

Hy het Psalm 50 vers 15, “Roept my aan in de dag der benoudheid, Ik zal u er uithelpen’, voorgehou.

Skaars was sy woorde koud of die Matabele het “soos verwoede leeus gestorm”.

Potgieter het die Matabele tot op 30 tree laat kom waarna die eerste skoot geskiet was.

Die eerste storm was kort, kragtig en bloedig. Almal moes help.

Petronella (11) en Sophia (15) Botha het langs hul pa gestaan en die voorlaaiers aangegee.

Nie ‘n oomblik moes hy wag vir ‘n voorlaaier nie. Betta Badenhorst het dieselfde vir haar man gedoen.

Die 83 jarige oom Bart Harmse was ook daar en het by ‘n opening gestaan.

Met die tweede stormloop was deurgedruk tot vas teen die waens.

Vrouens waaronder Elizabeth Bronkhorst, Anna S Coetzee en Martha Slabert het hier prominente rolle gespeel en hulself behoorlik laat geld.

Die geweld spreek duidelik uit omskrywings wat meld dat waens tussen ‘n halwe voet, na ‘n voet en ‘n half uit die kring geruk was.

Ander tasbare bewyse was dat Celliers se wa alleen 72 assegaai steekmerke gehad het.

Omskrywings wissel, maar binne in die laer het, na die slag, tussen 1113 en 1137 assegaaie gelê.

Daarna het die Matabele teruggetrek en ‘n ruk gaan sit.

Omskrywings wissel, dog die meerderheid meld dat dit was asof ‘n verskrikking oor hul gekom het en dat hul daarna onttrek het.

Die Slag van Vegkop was gelewer.

Op wonderbaarlike wyse het slegs twee man naamlik, Nicolaas Potgieter en Piet Botha, gesneuwel en was enkele ander (14) gewond.

Daardie aand, in ‘n omgewing wat reeds ‘n reuk begin afgee het, was ‘n dankdiens sowel as ‘n roudiens vir die gesneuweldes gehou.

Na die geveg was die Voortrekkers in ‘n uiters haglike posisie gewees.

Celliers skryf dat hy ‘n vrou en 7 kinders gehad het en dat hy hul niks kon gee om te eet nie.

Al die trekvee, trouens al die vee, was wegvoer.

Ruiters was te perd na Blesberg gestuur om hulp te vra.

Veertien dae later het hulp opgedaag.

Die Baralong kaptein, Moroka, se hulp in die vorm van trekdiere en voedsel is ‘n feit wat nie vergeet mag word nie.

“Diegene wat deur die verderf gegaan het, sou dit nooit vergeet nie, want by Vegkop het hulle by die speke en die langwaens gebid… sommige sou die fisiese en geestelike letsels na hul grafte dra.”

Vegkop: Historiese Terrein

20 Km suid van Heilbron is die historiese terrein van Vegkop. Op 2 Oktober 1836 het die veldslag plaasgevind tussen die Voortrekkers en die Matabeles. 35 Weerbare manne onder leiding van Hendrik Potgieter en Sarel Cilliers het hier die oorwinning behaal oor die duisende Matabeles onder leiding van Kalipi. Slegs 2 Voortrekkers sterf teenoor 430 matabeles. Nicolaas Potgieter, broer, en Piet Botha, swaer van Hendrik Potgieter is hier op Vegkop begrawe.

Die plaas Vegkop het 12 jaar na die slag van Vegkop die eiendom geword van P.A. Cilliers, broer van Sarel Cilliers. Hy het dit bekom deur okkupasie, d.w.s hy het van ligdag tot donker te perd gery en sy bakens afgesteek. Die plaas Vegkop was oorspronklik 3413 morg groot. Baie jare later is 324 morg deur die staat aangekoop vir £ 3,888 vir ‘n feesterrein.

In 1904 het die Christelike Jongeliede Debats Vereniging ‘n saal gebou waarin daar op 16 Desember geloftefees gehou is. Die eerste monument is in 1883 bo-op die kop opgerig en is later weer veskuif na die feesterrein. In 1945 is ook ‘n Museum ingerig op die terrein. Tydens die Simboliese Ossewatrek van 1938 is die tweede monument, ‘n klipstapel, op die terrein opgerig. Daar is ook 7 bome geplant, waarvan net 3 oorleef het. Een boom is geplant deur Henning Klopper, leier van die Simboliese Trek.

Kort na die Anglo Boere Oorlog het die Helpmekaar beweging ‘n plaasskool en koshuis op Vegkop begin. Dit was ‘n redelike groot skool met ‘n skoolhoof en 2 assistente. Die skool was selfversorgend met hul eie melkkoeie, skape, varke en hoenders. Vandag is nog net die fondasies te sien.

In die sewentigerjare het die Regering begin met die restourasie van Vegkop. ‘n Nuwe saal, met funksionele geboue is opgerig en die C.J.D.V. saal is ingerig as ‘n museum. Die 2 gesneuwelde Trekkers is op die terrein herbegrawe. ‘n Pragtige standbeeld deur die beeldhouer Coert Steynberg is teen die hang van Vegkop opgerig. Dit staan bo-op ‘n hoë klipstapel. Dit was Steynberg se heel laaste werk en hy noem dit sy “Geloofsmonument”. Teen die ringmuur rondom die beeld is 6 friese deur sy dogter Issa Wichers. Dit beeld die slag van Vegkop uit. Die gerestoureerde kompleks is Oktober 1984 onthul.

Die RGN het die feesterrein oorgedra aan die gemeenskap van Heilbron. Daar is ‘n Artikel 21 Maatskappy gestig en die Direksie is verantwoordelik vir die instandhouding van die terrein.

Simboliek van Vegkop Monument

Die opgestapelde klippe simboliseer die omsingelende bedreiging van destyds en vandag — die totale aanslag van fisieke en geestelike magte teen die Christelike beskawing.

Uit hierdie vyandelikhede verrys triomferend die forse gestalte van ‘n leier — weliswaar met een been nog binne die vyandelike omsingeling, maar met erkentlike geloof aan die oorwinning, hou sy linkerarm die Bybel vas en sy regterhand ‘n geweer wat in nederige onderworpenheid teenoor die Almagtige God afwaarts wys en waarteen vyandelike assegaaie breek en knak.

Die beeldhouer het hiermee Efesiërs 6:16 opbeurend vir ons tyd vergestalt: “Behalwe dit alles neem die skild van geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die bose sal kan uitblus”.

Vegkop Boerevereniging. 2010.

Vegkop Monument

Sentraal tot die Vegkop gedenkterrein staan vandag ń mensgemaakte klipkop met ń tweemaal lewensgroot

Voortrekker figuur as fokuspunt.

ń Twee keer lewensgrote beeld van ń forse Voortrekkerman. Die man het ń Bybel in die linkerhand, en in sy regterhand ń pangeweer met drie gebreekte assegaaie kruis en dwars voor hom.

Die Bybel is ń geloofserkening teenoor ń Hoërhand wat die Voortrekkers gered het.

Die pangeweer wys na benede en dui aan onderworpenheid teenoor ń  Almagtige God.

Die assegaaie is gebreek en is aanduidend van ń mag wat gebreek is.

Die Monument is op die  10de Oktober 1984 onthul.

Die beeld is deur Coert Steynberg geskep en was ook sy laaste groot werk.

Steynberg het dit sy geloofsmonument genoem en vergestalting daarvan gevind in Efesiërs 6 vers 16 :

“Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer”.

Ses brons friespanele beeld die verloop van die veldslag stapsgewys uit.

Mevrou Isa Wiechhers, Steynberg se dogter, het nie net die ringmuur ontwerp nie, maar ook die panele.

Die eerste paneel is getiteld, “Voorbereiding op die geveg”.

Om hierdie paneel behoorlik te kan waardeer en bespreek, het ek dit in vier dele van links na regs opgedeel.

Die eetste paneel is volledig en bied aan die besoeker ń unieke panorama

.

Die tweede paneel toon ń Voortrekkerman wat op die karet van ń kakebeenwa staan.

ń Vrou is besig om vir hom planke aan te gee wat hy aan die wa se tent vasmaak.

Hierdie stap sou met ander woorde verhoed dat ń assegaai deur die watent gegooi kon word en beserings veroorsaak.

Die derde paneel.

In die voorgrond, en na links, is ń man met minstens twee pangewere in sy hande.

Let op die kruithorings wat aan sy gordel vas is. Net regs van hom, en effens na vore, is ń man en ń vrou besig om te werskaf met ń pangeweer.

Net regs, en agter hulle, kan ń man gesien word wat besig is om ń wawiel aan ń steekpen vas te woel.

Net links van hom is ń ander man besig om ekstra seile, moontlik dalk selfs velle en/of komberse, oor ń wa se tent te trek.

Let gerus op dat die agterwiel van die wa, waar hy staan, reeds aan ń steekpen vasgemaak is.

Die derde paneel beeld twee vroue uit wat druk besig is om lopers te knyp.

Na links agter hulle troos en bemoedig ń moeder haar dogter.

Let gerus op die kunstenaar se akkurate weergawe van ń kakebeenwa in die agtergrond.

In die laaste deel van die paneel kan duidelik gesien word hoe mans bome afsaag. Die bome is onder die waens ingetrek en goed vasgemaak.

Sodoende is verhoed dat die vyand onder die waens kon deurkruip.

In die voorgrond is ń vrou besig om ń pangeweer te laai terwyl ń ander vrou waarskynlik ń emmer water aandra.

Let gerus op die wakis wat uitsteek, die driepoot, ketel, watervaatjie, ensovoorts.

Inderdaad ń uitstaande paneel, deur ń uitstaande kunstenaar

Vegkop Monument is met ń ringmuur omring .

Binne die ringmuur is ses brons friese wat die verloop van die slag uiteensit.

Die eerste paneel is getiteld, “Voorbereiding op die geveg”.

Op die paneel kan gesien word hoe waens se kappe met planke en seile versterk word om te verhoed dat assegaaie kan deurdring.

ń Man met drie kruithorings en 2 pangewere.

Ook kan gesien word vroue gewere help laai, kinders vertroos en lopers knyp.

Daar kan ook gesien word hoe bome afgesaag word om onder die waens in te trek en vas te maak sodat niemand onder deur kan kruip nie.Die wawiele is duidelik vasgemaak sodat dit nie kon beweeg nie.

Die tweede paneel.

Nadat berig ontvang was dat die mag van Mzilikazie onderweg was het die Voortrekkers

Nicolaas Potgieter, Jan Celliers en Joachim Botha uitgestuur om ondersoek in te stel.

Skemeraand het hierdie manne trugekom en die berig bevestig.

Anna S. Coetzee verklaar dat, “een 8 duisendtal” in aantog was.

Die volgende dag het ń kommando van 20 man die laer te perd verlaat en die impi opgesoek.

Volgens Bronkhorst, wat teenwoordig was het hul die impi ongeveer ń uur te perd van die laer af ontmoet.

Hierdie poging deur die Voortrekkers moet eerstens gesien word in die lig van moontlike onderhandelinge met die Matabele.

Ten tweede was dit gedoen om die eerste aanslag, as’t ware geweld op die laer te breek.

Sarel Celliers noem dat die kommando tot op +- 50 treë van die impi gekom het alvorens gestop was.

Deur middel van ń “Hottentot” was daar geprobeer om te onderhandel.

Volgens Celliers was die vraag gevra van, watter kwaad die Boere hulle aangedoen het, en waarom hul gekom het om die Boere te vermoor en hul goed te roof”?

Die Matabele het net een woord,  en soos een man die geskree “Mzilikazie”, en gestorm.

Volgens Celliers het die aanwesiges van hul perde gespring, ń sarsie op die impi geskiet en weer die perde bestyg.

Die Matabele het nadat hul van die eerste sarsie herstel het oorgegaan tot die aanval en die bekende oskop formasie gevorm.

Daarna was al vegtend op die laer terugeval wat reeds in ń staat van verdediging gebring was.

Iets rondom die intensiteit van hierdie geveg op die vlakte spreek duidelik uit die vertelling van  Sarel Celliers wat 46 skote geskiet het alvorens die laer bereik was, en die geveg begin het.

Paneel  drie.

Hierdie paneel beeld die toneel, soos dit in die laer was kort voor die aanval uit.

Nadat die Voortrekkers wat te perd uitgetrek het om die impi te ontmoet, veilig terug was in die laer, was die poort “gesluit”.

Binne sig van die laer het die impi in drie dele verdeel, en reg rondom die laer gaan sit om te rus. Mans in die laer het pangewere uitgespoel en nuwe flinte ingesit.

Op  paneel drie kan Sarel Celliers duidelik gesien word waar hy almal bymekaar geroep het.

Hy het ń kragtige gebed tot die Here om beskerming gedoen.

Feitlik almal, man vrou en kind, asook anderskleurige mans en vrouens het gekniel en geluister.

Celliers het Psalm 50 vers 15 voorgehou, waar dit geskryf staan,

“Roept my aan in de dag der benoudheid:

Ik zal u er uithelpen.”

Sarel Celliers het daarna vir

Martha van Vuuren gevra om

Psalm 130 vers 1 in te sit en het almal saam gesing.

Die mense was nog besig om te sing toe

L.R. Janse van Vuuren skree dat die impi op pad was.

Paneel vier.

Die aanval.

Sarel Celliers skryf dat hul gewag het totdat die Matabele 20 na 30 treë van die laer was alvorens geskiet was.

Die eerste sarsie kon egter nie die aanval stuit nie, en het die Matabele deurgedring tot teen die waens.

Pogings was deur hul aangewend om die boom en tak versperrings onder die waens weg te breek en los te sny.

Ander het weer met brute krag die waens uit die kring probeer ruk.

Volgens etlike opgetekende persone was die waens van, tot ń voet, tot ń voet en ń half uit die kring na buite geruk.

Duidelik kan ook in hierdie paneel gesien word hoe vroue hul mans bystaan, pangewere laai en aangee.

Verdedigers se ouderdom het gewissel van so jongk as 11 jarige Petronella Botha, tot so oud as die 83 jarige oom Bart Harmse.

Ook kan in  gesien word hoe ń vrou met ń byl kap. (Abraham Swanepoel se vrou, en Anna S. Coetzee was sprekende voorbeelde daarvan gewees.)

Duidelik kan ook in hierdie paneel gesien word hoe twee vroue ń gewonde man help.

Hierdie vierde paneel, wat in drie dele opgedeel is toon ook etlike assegaaie wat in waens vas gegooi is en wat deur die lig trek.

Piet Niewenhuisen, wat by die wa van Sarel Celliers geskiet het, het agterna 72 assegaai steek plekke in die wa getel. Niewenhuisen se weergawe is maar een van etlike wat ek noem.

Volgens Bronkhorst was 1000 assegaaie na die geveg in die laer opgetel.

A.D.Celliers noem dat sy vader 1133 getel het.

Twaalf Voortrekker mans, waaronder Sarel Celliers was die dag gewond.

Slegs twee mans, Nicolaas Potgieter,  en Piet Botha het die dag

gesneuwel.

Inagenome omstandighede kan, en moet hierdie veldslag as ń wonderwerk gesien word.

Vegkop.

Die vyde paneel. “Matabele vlug.”

Hermanus Jacobus Potgieter skryf dat teen die einde van die geveg, die Matabele met swaar verliese van die slagveld ontrek het.

Die Voortrekkers A.H. Potgieter jr., en A.D.Celliers skryf dat etlike honderde gesneuwel het.

Sarel Celliers gee in sy joernaal die getal van 437 Matabele wat gesneuwel het aan.

Paneel  ses

Na die slag van Vegkop het dit baie swaar met die Voortrekkers gegaan.

Daar was feitlik geen trek-diere om die laer te versuif nie, en uiteraard ook weinig

slag diere.

Sarel Celliers Celliers, sewel as A.D.Celliers skryf dat die kinders by tye gehuil het van die honger.

Dit is ook te verstane dat wild in die omgewing skaars sou gewees het.

Om die kroon te span het die reuk van die gesneuweldes ook erg begin pla.

A.D.Celiers skryf dat die mense om hierdie rede die waens met die hand verskuif het na waar daar water was, en die lug skoon.

Hendrik Potgieter het intussen ruiters te perd na Blesberg (Thaba Nchu) gestuur om die Voortrekkers daar om hulp te vra.

By Blesberg het ook die Baralong opperhoof Moroka gewoon.

Moroka, tesame met van die Voortrekkers, het dadelik hulp in die vorm van trek-diere en voedsel gestuur. Ongeveer 15 na 20 dae later het die hulp opgedaag, en het die mense na Blesberg versit

Graf van 2 gesneuwelde burgers.

Naomi Moolman se Vechtop kwilt. Hang in saal by Vegkop terrein

Vegkop terrein

Oulike museum vir oudhede. Uitstekende instandhouding.

Simboliese Ossewatrek 1938

Vegkop Terrein. Monumentjie en waspore.

Maak 'n opvolg-bydrae