Sacramento Kanon
Schoenmakerskop
Port Elizabeth
Oos-Kaap
Sacramento Kanon
Die Sacramento was ń Portugese galjoen wat op sy eerste vaart hier gestrand het, 30 Junie 1647. Dit was in tyd van oorloë en handel. Die skip was toegerus met 60 vaste kanonne en het ń vrag brons kanonne aan boord gehad.
Die skip het op die rotse geloop, gestrand en daar was 72 oorlewendes. Hulle het die lang staptog aangepak na Delagoabaai 1400 km weg. 5 Januarie 1648 het slegs 9 van die 72 Delagoabaai bereik.
Mei 1977 word 40 kanonne herwin vanaf die wrak van Sacramento, in ń uitsonderlike toestand.
Een van hierdie kanonne, gegiet deur Boccaro-familie in Macao, word op Schoenmakerskop Port Elizabeth geplaas, net bokant die terrein waar die Sacramento gestrand het.
1986 word dit verklaar as Monument.
Fotos: Ansie Coetzee 2019