Robber’s Grave – Pelgrimsrust

Robber’s Grave
Pelgrimsrust

Hierdie interessante graf lê hoog op teen ñ koppie. Die graf lê Noord/Suid anders as al die ander wat in ñ Oos/Wes rigting lê.
Mense van regoor die wêreld (meestal van Kanada, Ierland, Engeland, Wallis) is hier begrawe, almal wat tydens die goudstormloop hier hulle fortuin kom soek het.
Een graf staan uit, ñ naamlose graf met die woorde Robbers Grave daarop. Hierdie graf lê in ñ ander rigting as die res van die grafte.
Daar is verskillende stories oor hierdie graf.
Een is dat ñ man beskuldig is dat hy ñ tent gesteel het, ñ kosbare besitting in 1800 want dit was ñ man se huis gewees.
ñ Ander is dat hierdie man dikwels verban was uit die dorpie weens diefstal en dat hy een dag dood aangetref is buite die dorp en net daar begrawe is.
ñ Derde storie word vertel in die boek Cockney Liz Legendary Barmaid of Barberton deur Hans Bornman. Volgens die boek is die man se naam Roy Spencer en hy was verloof aan Liz Cockney. Roy se vriend, Walter Scott, het hom valslik beskuldig dat hy sy goud gesteel het en hom geskiet. Walter het later die goud in sy eie tent gevind en in ñ beskonke toestand sy eie lewe geneem.

Info
http://pilgrims-rest.co.za

Monument Jagter:
Gys (Snr) en Kobie Ströh

 

Maak 'n opvolg-bydrae