Lady in White – Durban

Hierdie vrou het wêreldwyd geliefd geraak omdat sy elke troepeskip, oorlogskip of hospitaalskip gedurende WWII ñ welkomsgroet sowel as ñ afskeidsgroet toegesing het. Meer as 3 miljoen manne het haar gehoor op hulle roete deur Durban hawe op pad slagveld toe.
Sy het nie ñ skip gemis nie, selfs die dag toe sy die nuus gekry het dat haar eie seun dood is het sy nog steeds die skip toegesing.
Min mense weet haar naam was Perla Siedle Gibson, almal het haar geken as Lady in White.
Perla het ñ spesiale hawe permit gehad tussen 1939 en 1945 en sy is vooraf in kennis gestel as daar ñ skip oppad is.
ñ Bronsmonument is vir haar opgerig in 1955 en geld daarvoor is ingesamel deur oorlogsveterane wat haar gehoor sing het.
Beeld is gemaak deur plaaslike kunstenaar Barbara Siedle, ñ niggie van Lady in White.
Aanvanklik was beeld opgerig in hawe waar dit duisende toeriste gelok het, maar weens strenger sekuriteitsmaatreëls op hawe het dit moeilik toeganklik geword.
Die beeld is verskuif en staan nou by die Durbanse Maritieme Museum.

Monument Jagters:
Gys (Snr) en Kobie Ströh

 

Maak 'n opvolg-bydrae