Panfontein Plaasskool Monument

Verdwene Monumente
Panfontein Plaasskool Monument
Vereeniging distrik.
Panfontein Plaasskool is in 1927 op die plaas Panfontein naby Vereeniging gebou. Misvloere, plankluike voor vensters en mure van modder en klip.
Hewige reën het mure laat omtuimel en in 1928 het 2 ouers nuwe sinkskooltjie opgerig.
ñ Monument ter ere aan plaasskole wat die begin was van ñ hele onderwysstelsel is voor die skooltjie opgerig ongeveer 1962.
Hierdie monument het verdwyn. Al oorblyfsel is ñ sementblad waarop die monument vemoedelik gestaan het.
Huidig bestaan die skool nog. Naam is verander na Panfontein Primary School of Panfontein Intermediate School en is geleë in die Bantu Bonke nedersetting. Bantu Bonke beteken ” People together”. Die skool se leuse is ook “Growing together”. Netjiese skool, geordend en gedissiplineerd. Nuwe vleuls is aangebou en verskeie skeepshouers is ingerig om groot klomp kinders te akkomodeer. Skoolhoof is baie entoesiasties om leerders ñ monument weer te laat oprig ter ere aan die “education system”.
Anglo American het in 2003 aan die Bantu Bonke gemeenskap 23 hektaar grond geskenk en 15 tonnels is vir hulle opgerig. Mbv heelwat skenkings kon die gemeenskap ontwikkel en in 2009 was heelwat mense werksaam in die projek en het hulle groot hoeveelhede groente gelewer aan Johannesburg Mark. Huidig lyk die tonnels maar verlate en verwaardloos so ek weet nie hoe suksesvol is boerdery tans nie.
Bron: Fotobeeld van 300 Monumente langs die pad van SA. Dr DJJ van Tonder 1975.
Vaalster Augustus 2011

_________________________________________________________________________________________________________

Huisgenoot 5 Oktober 1962

 

‘n Paar myl van Vereeniging, naby die Vaalrivier staan ‘n gedenkteken enig in sy soort in ons land. Skoolouers het dit van ysterklippe gebou  en uit die bouwerk verrys daar ‘n dik staalpyp met ‘n aantal kort staalpypies aan die bokant. (Die bopunt stel ‘n vlam of fakkel voor. )

Die ysterklippe kom uit die murasie van ‘n geboutjie wat vroeër ‘n plaasskool was. Die voetstuk van ysterklippe simboliseer die opheffingswerk wat in die klein skooltjies orals in ons land gedoen is en nog elke dag gedoen word. Die gedenkteken bring veral die gedagte van die groei van ‘n volk uit die puinhope van die oorlog wat in 1902 by Vereeniging tot ‘n einde gekom het. Die staalpype uit Vereeniging se staalfabrieke is ‘n teken van die staalkrag van ‘n volk wat selfstandig geword het.

Hierdie gedenkteken, wat by die skooltjie op Panfontein opgerig is , bring hulde aan die werk van honderde klein skooltjies en duisende stille werkers. Talle persone in ons land het hul onderrig in die beginjare van hul opvoedkundige vorming in sulke klein skooltjies ontvang.

 

Monument Jagter:
Gys (Snr) en Kobie Ströh

Maak 'n opvolg-bydrae