President M T Steyn / Geboortehuis / Winburg Voortrekkermonument terrein Winburg

President M T Steyn

Geboortehuis

Winburg Voortrekkermonument terrein

President M T Steyn se geboortehuis

Neffens die Winburg Voortrekkermonument op die plaas Rietfonteon staan die eenvoudige langwerpige kliphuisie.

Hierdie eenvoudige huisie is van groot geskiedkundige sowel as argitektoniese waarde en leer ons baie van tye lank lank gelede.

Die klip is verkry uit ń naby geleë rantjie en te danke aan die klip waarmee die buitemure gebou is, het die huisie behoue gebly.

Uit die laagte is rooigrond gekry vir die rou bakstene van die binnemure.

Dak was gedek met riete en die vloere klei, gesmeer met beesmis en perskepitte ingelê op drumpels en voor die kaggel.

Die huisie bestaan uit ń slaapvertrek, ń voorhuis en ń kombuis.

Die huisie is in 1952 as gedenkwaardigheid verklaar en 1978 gerestoureer en ń bakoond aangebou.

M T Steyn

Marthinus Theunis Steyn 2.10.1857 – 38.11.1916

Die laaste President van die Oranje Vrystaat 1896-1912.

Die Steyn familie het geleef op die plaas Josephinesdal naby Winburg.

MT Steyn se pa Marthinus (genoem Marthinus Blinkstewels), het sy ma gaan bystaan in Swellendam na die afsterwe van sy pa. Sy vrou, Cecilia, MT Steyn se ma was swanger en hulle het besluit dat sy by haar suster, Gertruida, en díe se man, Theunis Wessels, op die plaas Rietfontein moet agterbly.

Hier is die baba MT Steyn gebore, in die eenvoudige kliphuisie.

Hy word vernoem na sy pa Marthinus en sy tweede naam Theunis, vernoem na Theunis Wessels en sy vrou wat so mooi na Cecilia en haar baba omgesien het.

Die familie noem hom Theunis.

1858 tydens die Basoeto Oorlog word die Steyn gesin van hulle plaas verdryf en verloor bykans alles.

ń Paar jaar later koop hulle die plaas Zuurfontein in Bloemfontein distrik waar die seuntjie MT Steyn sy kinderjare beleef.

Die geboortehuisie het behoue gebly en is beslis ń besoek werd.KS

Bron: Internet

Fotos: Gys Ströh snr Maart 2021

Maak 'n opvolg-bydrae