Perde Monument/ Gedenkteken

Horse Memorial
Weston Agricultural College
Mooi Rivier

KZN

2de Anglo Boere Oorlog

Diere Monumente

Vroeg in die 1850’s het ñ klein dorpie ontstaan op die plaas Weston digby ñ drif wat gebruik is om die Mooirivier te kruis op pad Natal toe. Die dorpie was ook bekend as Weston, genoem na die Goewerneur van Natal, Martin West. In 1854 is ñ poskantoor op dorpie Weston geopen. Volgens ou geskrewe was daar volop wild, troppe bokke, buffels en leeus in die omgewing.
ñ Spoorlyn wat wes van die dorpie gebou is, het die dorpie se einde beteken en ñ nuwe dorpie het ontstaan Lawrenceville, vandag bekend as Mooi Rivier.
Gedurende die ABO 1899 – 1902 is die dorpie Weston agv sy klimaat gebruik as ñ Britse Militêre Depot. Hierheen is baie perde gebring om aan te pas en ook te herstel na die lang seereis. Die Britse Mag het gedurende die ABO ongeveer 520 000 perde aangekoop waarvan die skrikwekkende getal van minstens 350 000 dood is.
1914 is ñ skool op Weston terrein geopen, 2 weke na uitbreek van WWI. Die meerderheid van die ouers was arm boere, die skool was gratis met befondsing vanaf die regering. Daar was akkomodasie vir 15 leerlinge. Die skool het 1 koei, 2 perde en ñ span osse gehad. Ou fotos toon die seuns hard aan die werk met werkersklere aan en die tipiese velhoede op die kop. In vrye tyd het hulle geleer osse ry.
Vandag is daar die bekende Weston Agricultural College op die terrein. Die skool is ryk aan geskiedenis en op die terrein is nog ou houtgeboue en sinkgeboue met groot breë stoepe waarvan 2 reeds as monumente verklaar is en gebruik word as huisvesting vir onderwysers.
Baie artefakte,veral bottels, eetgerei, militêre knope, perdeskoene ens, word nog steeds op die terrein gevind, veral tydens ploegtyd, en alles word uitgestal in die Weston Museum. Die skoolseuns word aangemoedig om altyd op die uitkyk te wees vir geskiedkundige voorwerpe. Legende lui juis dat 2 soldate ñ trommel vol goud daar begrawe het om na oorlog te kom haal, maar beide het tydens oorlog gesneuwel. Tot vandag is daar nog geen teken van daardie trommel.
In 2009 het Weston Agricultural College ‘n spesiale gedenkteken opgerig ter ere van die duisende perde wat dood is in oorloë, veral tydens die ABO.

 

Maak 'n opvolg-bydrae