Lang Hans van Rensburg – Pietersburg – Polokwane

Lang Hans van Rensburg
Groot Trek
Polokwane
Limpopo

Louis Trighard

Kruger Nasionale Park

Die trekke van Lang Hans van Rensburg en Louis Trigard was die eerste wat die trek van die Kaap na die Noorde toe onderneem het. Hulle was baanbrekers vir diegene wat sou volg.
Die hele Van Rensburg Trek is uitgemoor.

Johannes Jacobus van Rensburg
12.8.1779 Sondagsrivier Weskaap – Julie 1836
Getroud met Sara Bronkhorst – 8 kinders
Na die 6de grensoorlog teen die Xhosas, droogte, sprinkaanplaag en herhaalde slagoffers van stroperbendes besluit Lang Hans om te trek. Met 9 waens, 10 mans, 10 vrouens en 30 kinders(almal verwant aan mekaar) vertrek hy. By Caledonrivier ontmoet hy Louis Trighard se trek (Julie 1835) en saam trek hulle noordwaarts oor grootliks onbewoonde area (OVS). Noord van die Vaalrivier raak hulle vesigtig vir die Matabeles van Mzilikazi en vir Zoeloebendes.
Hulle sien verlate ruïnes, geraamtes en soms ñ vreesbevange vlugteling. ( Louis Trighard se dagboek).
Lang Hans kon nie ñ olifant uitlos nie en by Strydpoort kry 2 leiers stry omdat Louis Trighard meen Lang Hans mors met ammunisie en moet dit liewer spaarsamig gebruik. Lang Hans trek vooruit en toe hy by Soutpansberge kom, besluit hy om nie vir Louis Trighard te wag nie en alleen verder te trek. Hy trek deur noorde van huidige Krugerwildtuin op pad na Delagoabaai (Maputu) hoofsaaklik om sy groot vrag olifanttande te gaan verkoop.
By samevloei van Limpopo en Olifantsrivier is sy hele trekgeselskap (51 mense) deur ñ impi oorval en vermoor. ( volgens Louis Trighard se dagboek Julie 1836).
Met Louis Trighard se aankoms by Soutpansberge het hy dadelik soekgeselskappe uitgestuur om Lang Hans van Rensburg se trek op te spoor maar die wa-spore het in die bosse verdwyn.
Louis Trighard het later by ñ stamhoof ñ spieël, ñ gordel en geweer gesien wat waarskynlik aan Lang Hans behoort het en later is ook ñ paar ou gewere gevind. Daar was genoeg bewyse om te aanvaar dat Lang Hans se geselskap vermoor is deur ñ swerwende Zoeloe impi onder Manukosi. Later het ñ Zoeloekryger vertel dat hy 2 kinders gered het maar malaria het hulle geëis.
Die hele groep van Lang Hans van Rensburg het verdwyn.

Gedenktekens:
Pietersburg(Polokwane)
Borsbeeld van Lang Hans van Rensburg in Pietersburg is verwyder na vandaliste van die ander beelde met verf betakel het en word nou op ñ veiliger plek bewaar tot besluit geneem word waarheen beeld moet skuif.

Limpopo.
Gedenkteken opgerig vir Van Rensburg trek tussen Elim en Levubu.

Bronne
Internet: SA History
Geskiedkundige terreine van die Kruger Nasionale Park. Ron Hopkins
The Great Trek. Chris Venter
Die Groot Trek. Brian Johnson-Barker
Die groot trek. TV Bulpin
Die Groot Trek. Gids tot monumente, terreine en gedenkplekke in SA. Jackie Grobler.

 

Byvoegings

John Roderick

June 1

Vandag in die geskiedenis.

Junie – 1836.
Die trek van Lang Hans van Rensburg.

Johannes Jacobus Janse van Rensburg het die wyk Brakrivier, geleë in die Somerset distrik vroeg in 1836 verlaat.
Tesame het die geselskap uit (7 gesinne), 49 mense bestaan.
Daar was onder andere gewees, Gijsbert Bronkhorst, Petrus Viljoen en Frederik van Wyk.
Daar is bronne wat meld dat Van Rensburg reeds in 1830 aan die oorkant van die grens by Sevenfontein (Caledonrivier) Beersheba (die latere sendingstasie) gestaan het.
Die Van Rensburg en Tregardt geselskappe het soms tesame en soms afsonderlik van mekaar getrek.
Iewers gedurende die maand van Mei, in die jaar 1836 was die geselskappe in die omgewing van die Strydpoortberge. Dit is hier waar Tregardt en Van Rensburg in ‘n argument betrokke was en hul weë geskei het.
Einde Mei begin Junie was die Van Rensburgs iewers in die omgewing van die huidige dorp Louis Trichardt.

Volgens Duvenage (Die Groot Trek , Deel 1-1836, bl-50) het die nege waens swaar gelaai met olifanttande gedurende die einde van Junie 1836 suid-oos na Delagoabaai begin trek.
Wat verder met hulle gebeur het is nie presies bekend nie. In die tyd het hul die gebied van Manukozi (ook genoem Shosangana, Sogana en volgens Tregardt, Sakana) bereik.
Daarvandaan was getrek tot by die Djindispruit, waar die Olifantsrivier en die Limpopo rivier bymekaar uitkom.

Dit is iewers in hierdie omgewing waar die Van Rensburg Trek geselskap gedurende Junie uitgemoor was.

Carolus, Tregardt se seun het die plek in 1838 besoek nadat dit aan hom uitgewys was. Hy het daarna die beendere begrawe

John Roderick

August 12

Vandag in die geskiedenis.

12 Augustus 1779.
Die geboortedag van Johannes Jacobus (Lang Hans) Janse van Rensburg.
Van Rensburg was aan die Sondagsrivier in die Kaap Kelonie gebore gewees.
Hy was die oudste van die Voortrekkers gewees.
Hy was ‘n neef gewees van veldk. Hendrik van Rensburg, sowel as van
Andries Hendrik Potgieter.
Lang Hans tree op die 28ste November 1802 in die huwelik met Sara Bronkhorst.
Agt kinders was uit die huwelik gebore.
Lang Hans voer basies dieselfde redes aan oor hoekom hy die Kolonie verlaat het,
maar voeg ook by dat ‘n langdurige droogte, asook ‘n sprinkaan plaag en trek-bokke bydraende faktore was.
Hy maak ook melding van stroper-bendes wat die Oos-grens van tyd tot tyd geteister het.

Lang Hans het homself in die jare 1829-1832 in die Beaufort-Wes distrik gevestig.
Vandaar het hy na die Stormberspruit versit.
Rondom Mei 1833 was hy in die omgewing van Buffelsvlei.
Lang Hans het waarskynlik vanuit hierdie omgewing of vanaf Zevenfontein (Beersheba) in die Transoranje by Louis Tregardt se geselskap aangesluit.(1)
Die geselskap het uit 49 blankes bestaan, en was verwant aan mekaar.

Van Rensburg en Tregardt het nie konstant saam getrek nie. Soms het hul ente uitmekaar getrek en soms weer nader aan mekaar.
Rondom Januarie 1836 was die geselskappe net wes van die huidige Standerton, en het hul deur die rivier getrek by Robertsdrif. (2)
Daarvandaan was die Trek oor die Hoëveld tot naby Middelburg. Daar het hul ‘n ruk gestaan, en ‘n geskikte plek gesoek om die banke af te trek die Bosveld in.
Na bewering is dit waar die benaming Keeuromspuit (noord van Middelburg) vandaan kom aangesien hul nie ‘n geskikte weg kon vind en toe direk wes
geswenk het.
Daarvandaan is na die Wilgerivier, Renosterpoort, en vandaar in die algemene rigting van Trichardspoort.
Daarna was langs die Olifantsrivier getrek tot naby die huidige Groblersdal, Marble Hall.
Vandaar was getrek na die Strydpoortberge naby Potgietersrus.
Volgens oorlewering het die Strydpoortberge hul naam gekry omrede ‘n (erge) rusie tussen Tregardt en Van Renburg.
Van Renburg was ‘n man wat nie ‘n olifant kon laat staan nie.
Tregardt het gevoel dat dit ‘n vermorsing van kosbaare kruit is en dat kruit spaarsamig gebruik moet word.
Van Rensburg sou daarna vooruit getrek het na die Soutpansberg.

Rondom Junie 1836 het Lang Hans tesame met sy geselskap van nege waens koers gevat Delagoabaai se kant toe. Oor die verdere verloop van sy trek bestaan daar baie onsekerhede.
Waarskynlikste het hul al langs die Klein Letaba afgetrek, deur die wildtuin en die Shinwezirivier af na die Lebomboberge se kant toe.
Kort daarna was die Limpopo rivier, en Mosambiek bereik. Daar het hul ‘n uitgeweke Manukozi (Shosangana) Zoeloe hoofman gevind. (Shosangana word in Tregardt se dagboek Sakana genoem.) Daar het hul ‘n paar dae gestaan en toe afgetrek tot aan die Djindispruit. Hier, aan die Djindispruit was die Trek geselskap van Lang Hans van Rensburg tot die laaste man toe uitgemoor.

(Volgens oorlewering het twee kinders ontkom.
Beide is egter later dood aan die koors.
Hul grafte, asook die beendere van
Van Rensburg se geselskap was later aan Karel Tregardt uitgewys.
Karl het die beendere begrawe.)

1.) J. C. Visagie. Voortrekker Leiers en Roetes.
Die Erfenisstigting. 2014. Bl 40.
2.) G. D. J. Duvenage. Die Groot Trek. Vegkop.
Deel 1. Sigma Pers. 1986. Bl 49.

 

Maak 'n opvolg-bydrae