Paul Kruger Kerk / Gereformeerde Kerk Pretoria Kerkstraat

Paul Kruger Kerk

Gereformeerde Kerk

Pretoria

Kerkstraat

Hierdie geskiedkundige gebou is opgrig tydens die bewind van die ZAR, hoeksteen gelê 10 Oktober 1896 deur die 71 jarige Pres. Paul Kruger.

Dit is die oudste Gereformeerde Kerk in Pretoria.

Regoor die Krugerhuis, die woning van die President van die ZAR, Paul Kruger.

In Kerkstraat, na bewering die langste hoofstraat in die wêreld.

Paul Kruger was een van die stigterslede van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika in Rustenburg 1859.

Hierdie trotse gebou huisves steeds die Gereformeerde Gemeente van Pretoria, tradisievas en vol vertroue op God.

22 predikante het hierdie gemeente al bedien

STIGTING VAN GEMEENTE

Februarie 1859 is die Gereformeerde Kerk Suid-Afrika in Rustenburg deur ds Dirk Postma gestig.

7 April 1859 word die Gereformeerde Kerk Pretoria gestig op die walle van die Pienaarsrivier op die plaas Leeufontein van Holzhauzen.( noordoos van huidige Derdepoort).

RIETKERK

Op hierdie kerkplaas word ń Rietkerk gebou. Reghoekige gebou met rietmure en rietdak. Vloer van miershoopgrond, mis bo-oor gesmeer.

Die kerk in 1863 in gebruik geneem.

Elke een moes sy eie stoel saambring.

PAALKERK

1863 gee die ZAR regering 6 erwe tussen Kerkstraat en Pretoriusstraat aan die Gereformeerde Kerk Pretoria.

Hier rig hulle ń palekerk op van pale met ń grasdak en misvloere.

Die gebou is spoedig te klein vir groeiende gemeente.

WAENHUISKERK

Die gemeente begin bou aan die waenhuiskerk.

Stene word gebak en gebruik om hierdie reghoekige gebou te bou.

Die hoeksteen word gelê deur Pres MW Pretorius 8 April 1867.

Steeds moes lidmate nog hulle eie stoele saambring.

Hierdie gebou ook spoedig te klein en twee klein sykante/arms word bygevoeg. (1877). Dit gee aan die kerk ń kruisvorm.

Die rietdak word met ń sinkdak vervang.

KRUISKERK

Hierdie gebou was ook spoedig te klein en baie lidmate moes buite staan tydens Nagmaalvieringe. 1

884/1885 word 2 groter kruisarms van oos na wes aangebring wat die kerk tot 500 sitplekke vergroot het.

1893 word ń Duitse Sauer Orrel ingevoer vir die kerk, die orrel is tot vandag nog in gebruik in die Kruger Kerk.

Eenvoud was kenmerk van kerk – Calvinistiese eenvoud.

Met Nagmaal is by Kerk in waens uitgekamp, gewoonlik van Donderdag af sodat noodsaaklike sake en inkopies gedoen kan word . Vrydagaand was die eerste diens reeds gehou. Saterdag doop, troues en katkisasie. Sondag was Nagmaal. Familie en vriende het mekaar verwelkom. Sondag na middernag het hul weer begin vertrek terug plase toe.

Hierdie kruiskerk is na die ABO as skool gebruik, maar ongelukkig gesloop na 1910.

PAUL KRUGER KERK

Weens die gemeentegroei is daar ń nuwe kerkgebou opgerig noord van die bestaande Kruiskerk.

Die gemeente was geweldig groot, strek oor ń gebied wat o.a. insluit Pretoria, Johannesburg, Heidelberg, Standerton, Middelburg.

Toestroming na die goudvelde en spoorlyne laat gemeente vinnig groei.

Die nuwe gebou, bekend as die Kruger Kerk se hoeksteen word gelê deur die 71jarige Pres Paul Kruger op 10 Oktober 1896.

Die argitek was Klaas van Rijsse, ń ouderling van die gemeente.

Kersdag 1897 sluit Paul Kruger amptelik die deure van die voltooide kerkgebou oop.

Die kerk bied sitplek vir 900 lidmate.

Gebou volgens die Nederlandse Neo-Renaissance styl in ń Griekse kruisvorm

.Die rooi bakstene en netjiese messelwerk is opvallend.

Die boonste deel van die besonderse toring is ingevoer vanuit Holland en herinner baie aan due Westerkerk in Amsterdam.

Binne is die hoë binneruimte met fantastiese klank, die predikant se stem vul die hele gebou.

Kunstige dennehoutplafon gee warmte aan gebou.

Die vensters met rooi glas en loodwerk gee ook ń verwelkomende warm gevoel.

Sentraal is die kunstige preekstoel van eikehout, ingevoer vanuit Rotterdam, ontwerp deur due beeldhouer CH Echart. Die preekstoel is ryklik versier met simbole soos granate ( dui op Christus se offer) en amandel (God se trou).

Bo die preekstoel ń replika van die kerktoring.

Van die begin af was die beligting elektriese ligte, koperkandelare 1897 deur Delfis Bro’s.

Banke van eikehout is in die kruisarms van die kerk aangebring vir die broeders om te sit.

In die middel is stoele vir die vrouens

.Die ouderlinge het van die enigste deur langs die preekstoel gebruik gemaak terwyl die diakens om gebou moes loop om van agter af in te kom. Tans word die tradisie voortgesit ten spyte van ń tweede deur wat later aangebring is.

Twee wenteltrappe van hout lei na die galery, ontwerp deur Sytze Wierda.

1931 moes die buitenste baksteenlaag vervang word met harder stene agv verwering van die sagter stene, maar uiterste sorg is geneem om so na as moontlik aan oorspronklike te bly.

1938 is die kerkgebou en omliggende erwe as nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Die 2 stoele van Pres Paul Kruger en Mev Kruger is ook as gedenkwaardighede verklaar.

INTERESSANT

Oom Paul en Tant Gezina het oor die straat gestap kerk toe. Sodra hulle die kerk binnekom, het die gemeente opgestaan uit respek vir sy amp.

Hulle was geliefd in die gemeente en selfs met Tant Gezina se begrafnis het hul erewag gestaan voor kerk.

President Paul Kruger was nie net staatsleier nie, maar ook ń geestelike leier. Hy het dikwels opgetree in kerk as predikant afwesig was.

SWAAR TYE

Die gemeente het ook bitter swaar tye beleef, veral finansiëel.

Veral die ABO het groot ontwrigting veroorsaak.

Die gemeente is swaar getref want die staatshoof, Pres. Paul Kruger, ń stoere dopper , was lidmaat van hierdie gemeente.

Selfs die leraar van die gemeente, ds Petrus Postma, was na Ceylon verban op grond van sy hegte vriendskap met Paul Kruger.

Leespreke en selfs politieke vergaderings is hier gehou.

1914 tydens die Rebellie en broedertwis was die kerk in ń moeilike posisie.

Die 1918 Griep epidemie het ook diep spore in gemeente getrap.

Tot 1930 was hierdie die enigste bymekaarkomplek vir Gereformeerdes in Pretoria.

1930 stig Pretoria-Oos af en betrek ń gebou in Sunnyside.

TOEKOMS

Ons bid seën oor hierdie gemeente.

Hierdie kosbare gebou moet beskerm en behou word. Ks

Bronne: Internet. Gereformeerde Kerkgeskiedenis. Toer deur kerkgebou Oktober 2021

.Fotos: Internet. Gys Ströh snr Oktober 2021.

Maak 'n opvolg-bydrae