Padrao Dias Kruis

Padrāo

Dias Kruis

Bartolomeu Dias

Kwaaihoek Oos-Kaap

Kaappunt

Lűderitz Namibië

Oudste monument in Suid-Afrika
Dias kruis.
Klipkruis opgerig 12 Maart 1488 by Kwaaihoek aan die Oos Kaapse kus tussen Boesmansrivier en Boknes.
Replika

Kwaaihoek is ‘n rotsagtige skiereiland wat halfpad tussen die dorpe Boesmansriviermond en Boknes aan die suidooskus van Kaapland in die provinsie Oos-Kaap van Suid-Afrika geleë is. Die naam verwys na die sterk wes- en ooswinde van die Indiese Oseaan wat op die hoogste plato van die skiereiland waai.[1]

Op 12 Maart 1488 het die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias tydens sy terugvaart na Portugal hier ‘n kalksteenkruis (Portugees: padrão) opgerig sodat Kwaaihoek as die oudste monument in Suid-Afrika beskou word.[2]

Met die oprigting van kruise het die Portugese verkondig dat hulle die eerste was wat nuwe waters binnegevaar het. Die gebruik van hierdie kruise, wat uit Portugese kalksteen gebeitel en in Lissabon gegraveer is, is deur koning João II ingestel.[3]

Presies 500 jaar na die eerste kruis op Suid-Afrikaanse grondgebied in Kwaaihoek geplaas is, is op 12 Maart 1988 weer ‘n swaar kruis na die plek van die oorspronklike monument gedra. Die replika-kruis is op inisiatief van Joaquim Seiro de Brito, vise-president van die Portugese Ontdekkersraad gekap en ter geleentheid van die vyfeeufees ter herdenking van Dias se landing aan die Kaaplandse kus aan boord van ‘n replika-karveel na Suid-Afrika verskeep.

Fragmente van die oorspronklike Dias-kruis is kort voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog deur ‘n jong geskiedenisnavorser, Eric Axelson, ontdek. Axelson het later professor aan die Universiteit van Kaapstad en ‘n internasionale gesaghebbende oor die reise van Portugese seevaarders om die Kaap geword.

Axelson het Portugees aangeleer en twee jaar lank navorsingswerk in Lissabon, Londen, Parys en die Vatikaanstad gedoen om materiaal te versamel. Ongelukkig is baie waardevolle geskrifte in die groot aardbewing, wat Lissabon in 1755 getref het, vernietig. Nadat Axelson ou land- en seekaarte en manuskripte, waaronder rutters of seil-instruksies deurgewerk. Een gedetailleerde beskrywing van die Suid-Afrikaanse kus uit die vroeë 16de eeu het die ligging van die oorspronklike padrão aangegee. Die Portugese dokument het na iets verwys wat soos ‘n eiland voorgekom het, maar dit was in werklikheid met sand en duine aan die vasteland verbind. ‘n Moderne kaart uit die jaar 1938 het “False I or Kwaai Hoek” as die aangeduide posisie aangegee.

Ná sy terugkeer na Suid-Afrika het Axelson saam met sy broer Charles die gebied stelselmatig fyngekam en fragmente van ‘n pienk-wit, kristalagtige stof gevind wat soortgelyk aan marmer en plaaslik onbekend was. ‘n Groot deel van die suil, wat met oesters, mossels en seewier oordek was, is aan die voet van die krans ontdek. Die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg het Axelson versoek om ‘n wetenskaplike opgrawing by Kwaaihoek te doen, en saam met plaaslike inwoners het Axelson byna 5 000 stukkies en brokkies van die Portugese kruis opgespoor. Die herboude kruis is in besit van die universiteit.

Bydrae deur John Roderick

1488
Bartolomeu Dias rig by Kwaaihoek (Ooskaap) ‘n “padro” (kruis) op as teken van die Portugese se aanraking met Suid-Afrika.
Hierdie gebeurtenis was tydens sy trugreis na Portugal.
‘n Replika daarvan was in 1988 tydens die Dias fees daar opgerig. Oorblyfsels van die oorspronklike kruis was gedurende 1938 deur ‘n geskiedenis professor Eric Axelson ondek wat ‘n gesaghebbende rondom die reise van die Portugese om die Kaap was.

1960.
‘n Standbeeld van Bartolomeu Dias de Novas word in die tuin van die kunsmuseum in Kaapstad onthul.
Hy was ‘n Portugese ontdekkingsreisiger wat die weg na Indië “oopgemaak het.”

Bydrae deur Quentin Meyer

OUDSTE BAKEN VAN ONS EUROPESE ERFENIS

In ons Kultuurdagboek het ons tevore gemeld dat Bartholomeu Dias de Novaes anker gegooi het naby Boesmansrivier.

So bietjie meer oor sy ontdekkingsreise: Hy, as Portugese ontdekkingsreisiger, het koninklike opdrag gehad om die lang soektog na ‘n seeroete na Indië suidwaarts langs die Weskus van Afrika suksesvol af te rond. Hy was skoon onbewus dat hy óm Kaappunt geseil het, wat vir hom ‘n yslike triomf sou wees, maar die tipiese Kaapse seestorms het gemaak dat hy dit nie eers geweet het nie.

In Desember 1487 was die ongeveer 37-jarige Dias nog regoor Lüderitzbaai, en in Februarie 1488 het hy by Visbaai digby Mosselbaai aan land gegaan.

Daarna is verder geseil. Sy bemanning het hom kort hierna verplig om terug te keer. Met die terugreis het hy sy klipkruis, die padräo van St Gregorius, naby die mond van die Boesmansrivier in die distrik Alexandria by Kwaaihoek geplant. Prof. Eric Axelson het die brokstukke van hierdie oudste baken van ons Europese erfenis in April 1938 ontdek. Die herstelde kruis is tot historiese gedenkwaardigheid verklaar en staan by die Universiteit van die Witwatersrand. ‘n Afgietsel is op die terrein self aangebring.

Dias het in Mei 1500 ‘n onbekende watergraf in die Kaapse see gevind toe hy ‘n lid van Pedro Cabral se vloot oppad na Indië was. ‘n Standbeeld vir Dias deur prof Bara Feyo is op 12 Maart 1960 in die tuin voor die Kunsmuseum in Kaapstad onthul.

Road Trip RSA

Diaz Cross, William Cullen Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg

• The original stone cross (padrao) erected by Bartholomeus Diaz at Kwaaihoek, Eastern Cape in 1488.

• Located inside the William Cullen Library at Wits.• Also known as the Padrao of Saint Gregory.

• Excavated in 1938 by Professor Eric Axelson, a former staff member of Wits.• Several stone crosses like this one were erected by the Portuguese across South Africa’s coastline. They did it to prove that they had indeed reached that point on their voyage.

• It is South Africa’s oldest historical monument.

Oudste monument in Suid-Afrika
Dias kruis.
Klipkruis opgerig 12 Maart 1488 by Kwaaihoek aan die Oos Kaapse kus tussen Boesmansrivier en Boknes.
Replika

Dias se 3 kruise.
Kwaaihoek 12 Maart 1488

Kaappunt 6 Junie 1488

Lüderitz 25 Julie 1488

The Portuguese government erected two navigational beacons, Dias Cross and Da Gama Cross, to commemorate Vasco da Gama and Bartolomeu Dias(pictured) the first explorers to reach the Cape.

When lined up, the crosses point to Whittle Rock, a large, permanently submerged shipping hazard in False Bay. Two other beacons in Simonstown provide the intersection. (Wikipedia)

Diaz kruis by Kwaaihoek (so 4 km strand langs vanaf Boknes). Diaz het in 1488 hier n kruis geplant nadat hy om die Kaap gevaar het. Foto’s: Louise Jordaan Facebook

Maak 'n opvolg-bydrae