Outeniqua Vervoermuseum George

Outeniqua Vervoermuseum

George

Wes-Kaap

Interessante moet sien vir alle trein-, en vlieg-, en klassieke motorentoesiaste.

Die geskiedenis van spoorvervoer in SA en Transnet hier uitgebeeld. Unieke en geskiedkundige lokomotiewe en treinwaens onderdak uitgestal van die kleiner stoomlokomotief tot die groot ou reuse. Enkele voorbeelde o.a.

Johannesburg se eerste stoomlokomotief, die Emil Kessler, wat tussen 1889 en 1903 diens gedoen het tussen Germiston en Braamfontein in pragtige toestand. Ongeveer 190 000 km afgelê. Ongelooflik om te dink dat hierdie lokomotief per ossewa vanaf Durban na Johannesburg vervoer is.

Die Wit trein wat in 1947 die Britse Koningsgesin vervoer het tydens hul besoek aan SA. 1947 tot 1975 gebruik deur die SA Staatspresident.

Selfs die kragtige stoomenjins soos díe een wat die Outeniqua Choo Tjoe gesleep het in die laat 1990’s.

Treinwa van die Paul Kruger trein wat tussen Pretoria en Komatiepoort geloop het. Die houtpanele van die waens so besonders.

Die uitstalling van eetsalonne, slaapkompartemente, kantore, kombuise met eetgerei ens roep herinneringe van vervloë tye op.

Van die grootste na die kleinste: Grootste uitstalling in suidelike halfrond van modeltreintjies wat op spoortjies deur tonnels en oor bruggies hardloop.

Buiten die treine is daar fotoversamelings, naamborde, ou voertuie, inligting oor vuurtorings, SAL lugvaartuitstallings ens. te besigtig.

Selfs ń indrukwekkende versameling van ou karre, almal in privaatbesit , word hier uitgestal.

In hierdie museum staan die kinders verstom, die vroue raak nostalgies en die manne raak weg. Sit maar genoeg tyd opsy vir hierdie besoek.

Fotos: Gys Ströh snr Desember 2019

Maak 'n opvolg-bydrae