Middelburg Kaapkolonie Oos-Kaap Gereformeerde Kerk (Dopperkerk) Oudste Kerkgebou in gebruik van die Gereformeerde Kerk Stigtingshuis op Grootfontein

Stigting 1860 Grootfontein

Die Gereformeerde Kerk Middelburg is gestig in 1860. Die kerkstigting en eerste diens word gehou 26 Nov 1860 in die huis van CHJ Vorster op die plaas Grootfontein, tans die PW Vorster museum(herboude huis 1867, oorspronklike opstal gebou in 1827) op die perseel van die Landboukollege. 5 gesinne het daar oorgegaan na die Gereformeerde Kerk.

Kerkgebou

1 Desember word daar diens gehou in ń stoor langs die winkel van M Stahl &Co, kerkraadslede word verkies, doop en nagmaal vind plaas en belydenis van geloof afgelê.

Daar word besluit om dadelik ń kerk te bou en díe was binne ń jaar voltooi. 14 September 1862 is hierdie kerkgebou ingewy.

Die kerkgebou het te klein geraak en galerye is aangebring 1900. Linkervleuel vir die susters en regtervleuel vir die broeders.

ABO

Tydens die ABO het Middelburg meegevoel gehad met die 2 republieke en menige burgers het met dade gereageer en is ongelukkig as rebelle gebrandmerk en het voor vuurpeleton of aan galg gesterf. Vonnisse en teregstellings is ook voor kerk uitgelees en uitgevoer. Die kerkgebou het ook skuiling gebied aan “geteisterdes”.

Halfeeufees

1910 tydens die halfeeufees het die JV( Jongeliede Vereniging) gasligte in die kerk aangebring en “torinkies ” (kegels) is op die gewels aangebring.

Banke

Interessant is dat die gemeentelede hulle banke in kerk gekoop of gehuur het. Banke se eienaars het verander saam met verkoop van plase. Die heel voorste banke was vir besoekers en vreemdelinge (vreemdelings-banke).Dit was glo baie ongemaklik want hulle moes met hulle koppe agteroor sit tydens die diens om die predikant te kan sien. Veral vir die manne met die gestyfde boordjies ń pynlike ervaring.

Nasionale Monument  Die kerkgebou is in 1979 as nasionale monument verklaar.

Saal

1936 is ń saal gebou deur ń erflating van suster Hetta Kruger. Aanvanklik was dit die Hetta Kruger Saal , maar na besware is die naam verwyder in Februarie 1937. Die rede vir die besware is onbekend. 1950 is hierdie saal gesloop en niwe kantoorgeboue, ń saal en katkisasielokale opgerig.

Kweekskool

1892 is gepoog om teologiese kweekskool vanaf Burgersdorp hierheen te verskuif, onsuksesvol. Later is kweekskool na Potchefstroom verskuif.

Pastorie

Die pastorie is eers later gebou onder wakende oog van Ds S Postma, maar hy is oorlede voor die pastorie in 1904 voltooi is.

Bron:Internet. Kerkgeskiedenis. Middelburg Hede en verlede HB Coetzee

Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020

Grootfontein

1860 word Gereformeerde Kerk gestig in ou opstal op die plaas. Die huis gebou in 1827 deur Nic van der Walt en later herbou in 1877 deur SW Vorster.

Hierdie huis is gebou volgens ou Hollandse boukuns met 4 groot geuwels. Huidig die PW Vorster museum

31 Mei einde van ABO. Grootfontein word deur die Regering gekoop om Britse soldate as Vredesmag te huisves en as tydelike onttrekkingkamp in te rig. Die soldate is hier gehuisves voor hulle per skepe terug is na hulle lande van herkoms. ń Reuse kamp is binne maande hier opgerig wat voorsiening gemaak het vir 7500 soldate en 3500 vroue en kinders, toataal van ongeveer 11 000. Aanvanklik ń reuse tentdorp . Die kamp is beplan deur die Royal Engineers, die uitleg van die kamp in blokke. Voorsiening moes gemaak word vir water, voedsel, vervoer, huisvesting, sanitasie en gesondheid. Bungalows is opgerig van vooraf vervaardigde modules wat ingevoer is. Voorsiening moes ook gemaak word vir voer en stal van perde en muile, ongeveer 2000. Die militêre kamp word in 1910 gesluit. Steeds oorblyfsels(sink) sigbaar op plaas.

Die Unieregering van SA koop die plaas by die Imperiale Regering en in 1911 word Grootfontein Landbouskool gestig

1939 word Grootfontein Landbouskool en Proefstasie die Landboukollege Grootfontein wat huidig nog daar is.

Grootfontein

Maak 'n opvolg-bydrae