Middelburg Kaapkolonie Oos-Kaap Stigting van Middelburg Nederduits Gereformeerde Kerk. NG Kerk Noodkerk Die Klaasensaal

Middelburg Kaap

Graaff-Reinet is in 1786 geproklameer en het al die omliggende distrikte ingesluit. 1837 is Colesberg geproklameer. Die afstand tussen die 2 dorpe was groot en daar is besluit dat ń dorp en gemeente tussen in gestig moes word.

19 Mei 1852 is ń vergadering gehou, Middelburg is gestig en sommer die eerste doop bediening in die Noodkerk gehou. Aangesien die plaas Driefontein byna in die middel van die omliggende dorpe is, 10 uur te perd van Colesberg, Cradock en Richmond, 12 uur van Graaff-Reinet en 16 uur van Burgersdorp, is daar besluit om die dorp Middelburg te noem.

Noodkerk 1852

Die eerste kerkie is binne een maand opgerig en is bekend as die Noodkerk. Die kerkie was gou te klein in in 1853 word ń vleuel aangebou. Die Noodkerkie word aangewend as ń skoolgeboutjie.

Oorspronklike kerk 1858

Reeds in 1853 is daar reeds besluit om ń behoorlike kerk te bou, maar hierdie gebou het 4 jaar geneem om te voltooi aangesien daar verskeie veranderinge aan die planne aangebring is. Die nuwe kerk is Oktober 1858 ingewy en 1861 is die horlosie in die toring geïnstalleer. Noodkerk is later afgebreek.

1903 is besluit om die kerk te vergroot en ń vleuel met 450 sitplekke op die vloer en ń orrelgalery word aangebou.

1966 word ń kraak in die toring opgemerk en kommissie aangestel om ondersoek in te stel. 1967 merk ds Mentz op dat fyn stof op die platvorm val as die klok gelui word. Die gelui van die klok word gestaak. 29 Maart 1967 stort die toring die middag inmekaar. Groot skade en hartseer toe besluit word om die kerk te sloop.

Die nuutgeboude kerk 1969

Ywerig word begin om ń nuwe kerk te bou. Intussen is dienste in die Klaasensaal gehou. Hoeksteen is gelê 19 Mei 1969.

Inwyding van die nuwe gebou is beplan vir Augustus maar moes uitgestel word want die orrel was nie betyds geïnstalleer nie (orrel gered uit vorige gebou). ń Brand ontstaan ook onverklaarbaar 24 Junie 1969 op die vloer waar die preekstoel sou staan. Hulle was nog besig om die vloere te skuur waar preekstoel en banke sou staan. Die verklaring was moontlik spontane ontbranding in skuurstof. Gelukkig nie ernstige skade nie. Inwyding van kerk 6 en 7 September 1969.

Die toring van die ou gebou was 76 voet, die nuwe toring 90 voet wat hom hoog laat uitstaan het. Die ou orrel is behou, die kerkklok ook en in die konsistorie is ń gedeelte nog die ou kerkmat, 2 ou kanselstoele is herstel en in gebruik.

Die Hoofingang het hoë trappies sonder reëlings aangesien hulle gevoel het dit sal die voorkoms van die gebou bederf. Twee sydeure met laer trappies maak toegang makliker.

Die Klaasensaal 1940

1938 sterf Mnr Klaasen na ń beroerte aanval. Sy suster is sy enigste erfgenaam, mej Bettie Klaasen, sy skenk van die geld aan die kerk vir die bou van ń Kerksaal en Sondagskoolsaal. Die hoeksteen is gelê op 27 April 1940. Onder die hoeksteen is ń verseëlde trommetjie ingemessel met dokumentasie van die eerste 75 jaar van die gemeente.

Bron: Internet. Kerkgeskiedenis. Middelburg Hede en Verlede HB Coetzee

Fotos: Gys Ströh snr Januarie 2020

Maak 'n opvolg-bydrae