Lugmaggedenkteken / Pretoria

Lugmaggedenkteken

Pretoria

Die Suid-Afrikaanse Lugmaggedenkteken herdenk almal wat hulle lewe in oorlogstyd en vredestyd in diens van die Lugmag verloor het.

Die Lugmaggedenkteken is opgerig op Bay’s Hill met ń uitsig oor Swartkop Lugmagbasis.

1958 is ń kompetisie geloods deur die Instituut van Suid-Afrikaanse Argitekte in samewerking met SA Lugmagfonds en SA Lugmagverenigong vir die ontwerp van ń Monument of Gedenkteken.

Die wenner ,Taylor and Taylor, is gekies uit 40 inskrywings.

Konstruksie begin Oktober 1962 en word voltooi Augustus 1963.

1 September 1963 word die Suid-Afrika Lugmaggedenkteken onthul deur Staatspresident CR Swart.

Simboliek:

Die Gedenkteken is ontwerp om die gees van die Lugmag te vertolk.

Die spits simboliseer die hoë ideale van die Lugmag en sy lede.

Vanaf grondvlak skep dit die idee van vliegtuigvlerke.

Van bo-af die idee van ń Drielem-Lugskroef. Dit stel ń simboliese vlug voor.

Die hoë konstruksie bestaan uit 3 vleuels wat op verskillende hoeke teenoor mekaar staan, wat gedeeltelik oorvleuel.

Die Gedenkteken is naby ń aanloopbaan, daar is daar ñ hoogtebeperking van 17 meter.

Die gedenkteken staan op ń driehoekige sterpatroon.

Driehoekpatrone word herhaaldelik gebruik.

Gedenksteen is van gewapende beton en glas gebou.

Mure en dammetjies uitgelê met lugmagblou mosaïek-teeltjies.

Trappies buite donkerblou leiklip.

Binneruim

Tussen die vleuels is ń saal met ń senotaaf op ń rooi ster.

Die vloer rooi en blou mosaïekteeltjies en Namakwalandse oniksmarmer.

Ererolle bevat die name van sowat 3000 SALM lugmaglede wat sedert 1920 hulle lewens verloor het in diens van SA en Lugmag, veral oorlogstye WWII, Korea en Grensoorlog.

Beligting is baie subtiel.

Om die besoeker se aandag hemelwaarts te trek, is mildelik van glas in dakstruktuur gebruik gemaak.

In een van die vleuels is ñ kapelletjie met getinte glas om atmosfeer van rustigheid en gewydheid te skep.

Die meubels is ook driehoekig en van stinkhout.

Twee Bybels, een Afrikaans, een Engels.

Senotaaf

Op die 3 sye van die senotaaf staan

1. Die SALM leuse: Per adua ad astra

2. Vinniger as arende was hulle, sterker as leeus.( II Samuel 1.23)

3. They shall mount up with wings as eagles ( Jes 40.31).

Buite rondom die Gedenkteken :

Om die monument is ń netjiese lowergroen park met gedenkstene en ń gedenkmuur asook ń amfiteater vir groot groepe mense.

Die Landsvlag sowel as die Lugmagvlag wapper aan die vlagpale.

Herinnering aan ń trotse Suid-Afrikaanse Lugmag.

Bronne: Internet

Fotos: Gys Ströh snr 2022Nicky Jansen van Vuuren Februarie 2022

Maak 'n opvolg-bydrae