Jurgens Karavane

Jurgens Karavane

(Bydrae deur Kobie Ströh, namens GGSA Vaal3hoek)

Suid-Afrikaners is baie lief vir kamp. Lief om in die natuur langs ‘n vuurtjie te sit.

Lief daarvoor om snoesig in ‘n karavaan te slaap. Karavaan kamp is goeie tye saam met familie en vriende, goeie herinneringe word gelaat.

Die belewenis van kampeer word deur geslagte oorgedra en dikwels word gekamp soos die ouers dit gedoen het, net luukser en geriefliker.

Die Storie van Jurgens Karavane

Die naam Jurgens is ‘n bekende naam in SA en het oor die jare sinoniem geword met karavane net soos bv Coke, Kreepy Krauly ens vir hulle spesifieke produkte.

Die storie van Jurgens in SA begin in 1952, maar het eintlik al in 1938 in Holland begin toe Mnr G D Jurgens sy eerste karavaan gebou het, ‘n karavaan wat deur ‘n perd getrek is.

Die na-oorlogse jare het menige immigrante na Suid-Afrika laat verhuis. Mnr. Jurgens (snr) was ‘n ervare bakwerkbouer wat sy eie fabriek in Holland besit het, maar die swak ekonomie en ‘n geweldige belastinglas het hom na SA laat uitwyk. November 1950 het hy en sy gesin in SA aangekom met feitlik niks en bitter min geld. Sy oudste seun, Dirk Jurgens, was tydens die oorlog in die weermag in beheer van ‘n vervoer depot met ongeveer 50 voertuie. Die jonger seun , Riek Jurgens , het opleiding in ‘n handelsrigting gehad, maar moes na die oorlog noodgedwonge gewerk het in ‘n werkswinkel. Die gesin se plan was om eers te kyk hoe werk dinge in SA in die paneelbedryf sodat hulle later ‘n eie besigheid kon begin.

Die eerste 2 weke in SA het hulle op Johannesburg Stasie geslaap voor hulle in ‘n klein losieshuisie verblyf kon kry en werk kon kry as arbeiders by ‘n paneelbouer, ironies genoeg by ‘n man,Eddie Andrews, wat karavane gebou het. Eddie het tydens die 1930’s, tyd van Groot Depressie, sy werk verloor en het tydens sy toerdery deur die land op soek na idees vir sy toekoms ‘n artikel raakgelees oor die genot van karavaankampering in Engeland. Sy belangstelling is geprikkel en sy splinternuwe peperduur Britse Eccles karavaan word bestel en afgelaai in Durbanhawe en op sy pad terug Johannesburg toe besef hy hierdie ongekende belangstelling van almal langs die pad wys daarop dat daar ‘n mark is vir karavane in SA. In 1936 bekom Eddie en 2 vennote ‘n lisensie om Eccles karavane in SA te vervaardig, moeilike tye volg met groot suksesse en groot mislukkings. Tydens die oorlog doen hy diens in Oos-Afrika en Egipte en na die oorlog begin hy die besigheid Andre Caravan and Trailer Co waar hy die Jurgens familie in 1950 in diens neem, wetende dat hulle beplan om later hulle eie besigheid te begin. Hy het later sy besigheid in 1955 verkoop aan Afrcaravans en pos aanvaar as Alg Verkoopsbestuurder by Gypsey Karavane.

Agtien maande later, Junie 1952, open die Jurgens familie “Jurgens Bodies Caravans and Trailers ( Pty) Ltd” in Germiston met slegs pa en 2 seuns as werkers. Die eerste karavaan “Bokkie” word gemaak, gevolg deur nog baie die volgende paar jaar. Hierdie karavaan was ‘n familiepoging, selfs die gordyne en kussings was met die hand gemaak deur Mev Jurgens.

Aanvanklik was die bou van karavane sekondêr en is daar meestal gekonsentreer op sleepwaens, afleweringsvoertuie, mobiele biblioteke ens.

Ondertussen het hulle vorige werkgewer, Eddie, in sy e

erste jaar as Alg verkoopsbestuurder by Gypsey 207 karavane verkoop en in 1960 begin ‘n jong man, John Moody, ‘n besigheid in Pinetown waar hy Sprite karavane aanmekaar sit. Kompetisie word sterk en nuwe planne moet beraam word. ‘n Karavaan tydskrif, Caravan Magazine, (later Caravan and Outdoor Life) sien die lig en die Chrysler Valiant word bekend gestel, ‘n gewilde sleepvoertuig. Jurgens begin nou in aller yl karavane bou en moet spoedig in 1963 verhuis na ‘n groter perseel langs Jan Smuts Lughawe. Die besigheid het gegroei en spoedig het Jurgens die hele Suid-Afrikaanse mark oorheers , veral met nuwe innoverende gedagtes soos ‘n sytent, ‘n yskas, neonliggies wat die gevaarlike en onbetroubare gaslampe in die karavane vervang het. Die Randse Paasskou was een van die groot geleenthede om Jurgens ten toon te stel.

Die kompetisie met Gypsey en Caravan International (Ci) wat Sprite inkorpereer raak sterk en Jurgens antwoord met mobiele huise en kantore en die gewilde Motorhome (Autovilla). Spoedig word Jurgens karavane uitgevoer na menigte lande toe. ‘n Bloeitydperk voor die 1970’s se moeilike tye aanbreek met sanksies, buitensporige belastingheffings en brandstoftekorte. Die uitdaging om ligter en meer vaartbelynde karavane te ontwerp wat brandstof bespaar en gesleep kan word deur kleiner motors is groot en Jurgens sukkel aanvanklik daarmee maar antwoord met polistriën isolering, badkamer binne-in karavaan en getinte vensters. Die “fleetline “ ontwerp word geleen vanaf die vliegtuie by Jan Smuts.

Die 1980’s was bitter slegte jare vir Jurgens. Riek Jurgens bedank en verkoop sy aandele aan sy broer Dirk en die besigheid verloor sy sprankel en sukkel om te kompeteer. Aandele en waarde van Jurgens val sodanig dat Ci Caravans ‘n aanbod om Jurgens te koop van die hand wys en glo dat Jurgens ‘n natuurlike dood sal sterf. In hierdie tydperk (1989) koop Michael Delport , ‘n plaasseun wat ‘n inlêfabriek gebou het, die sinkende Jurgens Karavane. Uitvoerende personeel van Ci se reaksie op die onervare Michael se aankope was dat die besigheid nie 6 maande sou oorleef nie. Bitter woorde om te sluk ‘n paar jaar later toe Jurgens vir Ci uitkoop.

Die Jurgens fabriek verskuif nou na Bophuthaswana, noord van Pretoria. 1 Januarie 1990 open die nuwe fabriek en Michael Delport onthou : “ I had a new factory that had never produced a caravan and a new labour force who had never build a caravan.” Hulle het ‘n nuwe model nodig gehad, iets nuuts. Wim Slippens het vir 30 jaar reeds vir Jurgens gewerk en moes iets nuuts ontwerp maar Mnr Delport onthou:” What we ended up doing much to Wim’s horror, was stripping out a Palma and building a new interior on the spot – no drawings, just trial and error” So is die Penta begin, ‘n baie suksesvolle ontwerp.

1994 word die nuwe reeks Jurgens Karavane bekend gestel en dit knou Ci finaal en dieselfde man wat nie 6 maande kans gegee is op oorlewing nie koop hierdie einste Ci. Ci Caravans in Pinetown word gesluit en verskuif na GaRankuwa in 1998. Jurgens Ci is gebore. Loftus Caravan City is die eerste handelaar wat al drie karavaan make kon verkoop: Jurgens, Sprite en Gypsey. 1998 is ‘n keerpunt in die bestaan van Jurgens karavane. Fabrieke smelt saam, die hele politieke omgewing verander en nuwe idees en aanslae moet uitgedink word. Die grootste deurbraak kom met die bekendstelling van die eerste “off-road “ karavaan , die Explorer. In gemak kan Afrika nou verken word, Afrika lande wat nou Suid-Afrikaners verwelkom. Die gewildheid van die Explorer neem so toe dat ‘n waglys ontstaan.

2004 word ‘n nuwe wenner bekendgestel, die Penta Gold, 2005 die Classique ook ‘n kits sukses. 2001 is begin met Campworld, ‘n kampeerwinkel waar toebehore ens gekoop kan word, alles om die kamplewe gemakliker te maak, ook ‘n reuse sukses.

Oktober 2006 verkoop Michael Delport Jurgens Cia aan Imperial Holding Ltd. Michael Delport verklaar: “ I had accomplished what I set out to do – the company was on a sound footing and I wasn’t getting any younger. My children were involved in another industry that interested me – it was time to move on,”

Op ‘n vraag “ Wat weet Imperial van karavane af?” antwoord hulle CEO Bill Lynch: “It’s got wheels, hasn’t it?”

Meer as 65 jaar later het Jurgens gegroei van ‘n klein familiebesigheid tot ‘n reuse maatskappy met ‘n reputasie van uitnemendheid wat selfs takke in Australië het.

“Being “distinctly different” has kept Gypsey as the caravan of choice in the South African market.”

Bron: Jurgens. 60 years of caravanning in South Africa. Publisher Jurgens Ci (Pty)Ltd

Bydrae: Namens GGSA Vaal3ho

Maak 'n opvolg-bydrae