Jan Van Riebeeck Maria van Riebeeck Kaapstad 6 April 1652

Jan Van Riebeeck   

Maria van Riebeeck

Kaapstad

6 April 1652: Aankoms van Jan van Riebeeck

Die middag om 14h30 van 5 April 1652 word Tafelbaai gewaar deur die opperstuurman van die Drommedaris, een van die drie skepe waarmee kommandeur Jan van Riebeeck op 6 April 1652 aan Tafelbaai land om ʼn verversingspos vir die VOC te stig. Die ander twee skepe was die Goede Hoop en die Reijger, wat hulle om vieruur die oggend by die Drommedaris aan die Kaapse kus aangesluit het. Die skepe het op 6 April naby die kus bly le, terwyl Adam Hulster, die boekhouer, en die onderstuurman, Aernt van Ieveren, per sloep vertrek het om Tafelbaai te verken. Hoewel Jan van Riebeeck en sy geselskap nie lyflik op 6 April 1652 aan die Kaap voet aan die wal gesit het nie, het hy self hierdie dag as die verjaarsdag van die nedersetting beskou- Afriforum

*****

Maria Maria van Riebeeck. (http://www.wikiwand.com/af/Maria_van_Riebeeck)

van Riebeeck (Rotterdam, 28 Oktober 1629 – Malakka, 2 November 1664) gebore Maria de la Quellerie as ‘n dogter van Abraham Quevellerius (de la Quellerie), predikant te Rotterdam. Op 28 Maart 1649 trou sy op 19-jarige ouderdom in Schiedam met Jan van Riebeeck, stigter van Kaap de Goede Hoop, wat toe 29 jaar oud was.

Hulle gaan woon in die handelstad Rotterdam wat op daardie stadium 26 000 inwoners gehad het. Later trek hulle na Haarlem, Leiden en Amsterdam. Maria en Jan van Riebeeck het saam 8 kinders gehad waarvan meeste op jong ouderdom oorlede is. Maria was een van die eerste hugenote wat hulle in Kaap de Goede Hoop gevestig het. Sy sterf op 35-jarige ouderdom op 2 November 1664 in Malakka. Haar graf is steeds in die ruines van die St Paul’s Kerk in Malakka. Die oorspronklike grafsteen is gedurende 1910 na Kaapstad geneem. Tans is daar ‘n gedenksteen op haar graf wat die inligting hier vervat.

Die standbeeld van Maria de la Que(i)llerie (Maria van Riebeeck) staan langs die standbeeld van haar man, Jan van Riebeeck, in ‘n verkeersirkel in die Heerengracht in Kaapstad. Dit is ‘n geskenk van Nederland aan die volk van Suid-Afrika om die vestiging van die verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop te herdenk. Op 2 Oktober 1954 het prins Bernhard, die eggenoot van die Nederlandse koningin Juliana, die beeld voor die Nasionale Kunsmuseum in die Kompanjiestuin onthul. In 1969 is die beeld na die huidige standplaas verskuif.

In die beeld is Maria de la Queillerie ‘n statige en waardige figuur met ‘n ernstige gesigsuitdrukking. Sy dra ‘n sirkelvormige kraag en die wye rok val neer uit ‘n nousluitende middellyf. ‘n Mussie voorkom dat haar hare in haar oë hang. Aan haar linkerarm dra sy ‘n mandjie vrugte en in haar regterhand ‘n boeket blomme. Dit wys na die aandag wat Van Riebeeck aan die tuinbou by die verversingspos aan die Kaap moes gee. Daar kan nie met alle sekerheid vasgestel word of daar wel ‘n afbeelding van Maria de la Queillerie bestaan nie. Daar word vermoed dat die beeldhouer Dirk Wolbers sy eie vrou as model vir hierdie beeld gebruik het. Dit is die laaste beeld wat die bekende Nederlandse beeldhouer voltooi het. Dit is in Parys in brons gegiet. *****  

Jan van Riebeeck

Standbeeld ter ere van Jan van Riebeeck staan langs díe van Maria van Riebeeck in Heerengracht in Kaapstad. Albei staan met rug na die see en kyk in rigting van Tafelberg.

Cecil John Rhodes het die Skotse Beeldhouer John Tweed 1000 pond betaal en beeld aan Kaapstad geskenk. Bronsbeeld is groter as lewensgroot en staan op voetstuk van kaapse graniet en is meer as 4 meter hoog. Beeld is op 8 Mei 1899 onthul op die plek wat Rhodes aangewys het en wat aanvaar is as die plek waar Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het.

Weens ontwikkeling van hawe en stad is ligging nie meer so prominent nie en mettertyd is Heerengracht ontwikkel met groot verkeersssirkel. In 1969 is Maria se beeld langs hom geplaas.

Die afbeelding is waarskynlik nie díe van Jan van Riebeeck nie aangesien daar geen prent is wat met sekerheid kon gebruik word as díe van Jan nie.  Selfs die kleredrag van die beeld blyk nie korrek te wees nie. Oorhangende skouerstukke was in die middel van die 17de eeu reeds uit mode en kniebroeke en styl van baadjie het eers later gewild geword. Vere op hoed was juis daardie tyd groot mode en ontbreek op hoed van Jan van Riebeeck. (Wikipedia).

*****

Jan van Riebeeck

21 April 1619.

Johan Anthoniszoon van Riebeeck, of dan kortweg Jan is op hierdie dag (in Culemborg) gebore. Sy moeder ontval hom op ‘n jeugdige (10 jaar) ouderdom. Sy was vader was ‘n skeeps dokter gewees.

Jan was 19 jaar oud gewees toe hy by die Verenigde Oos Indiese Kompanjie (VOC) aangesluit het as assistent skeeps dokter. Tydens sy eerste reis strand sy skip, “Het Hof van Holland “. Ongeveer ‘n jaar daarna kom hy in Batavia (Jakarta, Java) aan waar hy die nuus ontvang dat sy vader in Brasilië oorlede is.

Daarna besluit hy om sy nering as assistent skeeps doktor vaarwel te roep en word hy handelaar – koopman in diens van die VOC. Dit is in hierdie tyd dat hy soos etlike ander privaat handel dryf om sy inkomste aan te vul. Die VOC, (sy werkgewer) het daarvan te hore gekom en was hy herroep na Holland. Daar was hy gestraf deurdat twee maande se selaris van hom ontneem was.

Gedurende 1648 bevind hy homself aanboord die “Coningh van Polen”, en word by ‘n toekomstige Tafelbaai vir 18 dae anker gegooi. Dit was tydens hierdie oorstaan dat die skipbreukelinge van die “Haerlem” opgepik was. (Hierdie groep was vir ongeveer ‘n jaar in Tafelbaai gestrand. Op grond van hul verslag aan die VOC was besluit dat die Kaap as verversings pos gestig sal word.) Na sy aankoms terug in Holland, Amsterdam ontmoet hy sy vrou, Maria de la Quellerie. Hoewel sy 10 jaar jonger as Jan was, was die twee later in Maart 1649 getroud. Jan het homself daarna gevestig, en ‘n welvarende man geword.

Gedurende 1651 besluit die VOC, Here XVII (op grond van bogenoemde verslag) dat die Kaap ideaal sou wees as halfwegstasie vir verbyvarende skepe. In die Kaap kon hierdie skepe onder andere vars groente, vleis en water inneem. Sodoende sou siektes waaronder skeurbuik ingekort word, en sou die VOC op die lange duur geld spaar. Jan was genader om insae te lewer, veral omrede hy vroeër in 1648 alreeds daar was. Deurdat hy ‘n hoër as die normale selaris aangebied was, en omrede hy dit as wegspring blok gesien het vir bevordering na Betavia het hy die pos aanvaar.

Jan en Maria beleef in hierdie tyd egter ‘n teleurstelling deurdat hul (jaar oud) seun Anthony te sterwe kom. Nietemin het hy tesame met Maria en sy ander seun Lambertus, asook twee niggies Elisabeth en Sebastiana vanuit Texel op Kersaand 1651 na die Kaap vertrek. Daar was in totaal vyf skepe gewees, naamlik die flagskip, Drommedaris, Goede Hoop en die Reyeger. Die ander twee skepe, die Walvis en die Oliphant het ‘n paar dae later vertrek. Hul was vrag-skepe gewees, en was swaar gelaai. Om hierdie rede het hul eers ongeveer ‘n maand na die amptelike landing in die Kaap aangekom.

Die reis aan boord sou gewis vir Maria ongerieflik gewees het. Skepe in die tyd was immers vir oorlog en handel gebou.

Jan van Riebeeck het na die landing vir tien jaar in die Kaap gebly, en werklik sy beste, onder uiters moelike omstandighede vir die Kompanjie gedoen. Die waarde van Jan se werk aan die suidpunt van Suid-Afrika moet nie gering geskat word nie. Dit is immers ‘n feit dat hy uit niks, iets blywend en van waarde nagelaat het. Verkeie besoekende skepe, en kommissarisse asook reisegers het net met lof van hom en sy vrou gepraat.

Gedurende 1662 vertrek hy met sy gesin uit die Kaap na die Ooste, en word hy Kommandeur van Malaca. Twee jaar later ontval Maria hom. Sy was ‘n gewilde vrou, en die gemeenskap was in rou gedompel.

Daarna ontvang Jan weer bevordering en word hy die sekretaris van die Goewerneur Generaal van die Oos Indies in Betavia. In die tyd ontmoet hy die weduwee Maria Scipio. Jan het kort na die bevestiging van sy tweede huwelik siek geword. Hy is oorlede op die 18de Januarie 1677, en was in die Groot Kerk, Batavia begrawe: John Roderick

Valhalla. Leef Legendaries. 18-01-1677: Jan van Riebeeck sterf op 58 jarige ouderdom in Batavia (nou Jakarta), Indonesië.

“DIE REGTE JAN?”

‘n Paar jaar gelede was daar weer groot opskudding in die gedrukte pers (Cape Argus, 8 Januarie 2015) oor of die gesig wat ons vir jare al aanvaar as dié van Jan van Riebeeck waarlik hy is, en of die portret waar die man so bietjie meer gewig dra eerder die ware Jan is.

Vreemd dat hierdie stelling in ‘n baie vae berig met bitter min verduideliking gepubliseer was as iets nuuts – sulke aantuigings is al voor 1952 gemaak, en in 1984 het ‘n portret-kenner (Kretchmar) dit ‘blykbaar’ bewys.

Volgens die Argus word die Dirck Craey portret op die webwerf geheugenvanvederland.nl beskryf as “Portrait of a man, presumably Bartholomeus Vermuyden”, maar op dieselfde webwerf word ‘n soortgelyke portret beskryf as “Jan Antoniszoon van Riebeeck”.

In Die Burger is ‘n artikel gepubliseer in Mei 1990 waartydens Dr. Anna Böeseken, die groot Van Riebeeck-kundige (skrywer van “Jan van Riebeeck & sy gesin”, 1974) sê “…niemand kan bewys dat dit van Riebeeck is nie. Maar niemand kan bewys dat dit nie hy is nie.”

“Dis mense wat afleidings maak van geleerde stukke,” sê sy, “maar twyfel lei nooit na ‘n definitiewe bewys.”

Die “geleerde stuk” deur jonkheer F.G.L.O. van Kretschmar (in 1984) het verskyn in die jaarblad van die Nederlandse Centraal Buro voor Genealogie. Daarin word beweer dat wat ons beskou as die portrette van Jan en Maria van Riebeeck, waarskynlik van die koopman Bartholomeus Vermuyden en sy vrou Catharina Kettingh is.

Maar ten slotte sê Van Kretschmar dat dié stelling net gemaak kan word “behoudens teenbewys”. Dr. Böeseken: “Hy sê met ander woorde jy moet bewys ek (van Kretschmar) is verkeerd. Ek kan nie bewys dat ek reg is nie.”

Ek het self so bietjie gaan lees en op ‘n interessante artikel in die S.A Mediese Joernaal (SAMJ) van 5 April 1952 afgekom – wat tydens die 300 jaar Feesvieringe van Jan se landing gepubliseer is.

Volgens die artikel word die portrette van Jan & Maria deur Dirck Craey (geverf in 1650), deur die Rijksmuseum gesien as kontemporêre portrette wat geverf is in Schiedam kort voor hulle getroud is, en getuig die skrywer dat Jan & Maria se name agter op die portrette voorkom.

Ook, volgens die artikel, het die Munisipaliteit van Culemborg (sy geboortedorp) ‘n ander skildery van Jan in hul Raadsaal waar die voorkoms ooreenstem met dié van die Craey skildery, en word daar gedink dat hierdie skildery (bekend as die ‘Town House Picture’) in Malakka geskilder is om en by 1664 (2 jaar na hy die Kaap verlaat het vir Batavia).

Nog ‘n interessante punt is dat kunstenaars se siening van die persoon wat hulle skilder tog kan verskil, net soos hul talente kan verskil. (Gelukkig is hy nie deur Picasso geverf nie!)

Ook, die “Bataafse Portret” wat nou as die enigste ware portret voorgehou word, is in die 1660’s in Batavia geverf, meer as ‘n dekade na die Craey een – kan dit dalk wees dat Jan so bietjie gewig opgetel het in die 10 jaar tussen die twee skilderye? Die 1664 portret getuig reeds van ‘n ekstra rolletjie bo die kraag…

In 1952 het Nederland ook ‘n spesiale uitgawe van posseëls gepubliseer, waar daar twee ontwerpe was – een geskoor op Craey se skildery, die ander gebasseer op die ‘Bataafse portret’ – Craey se seël is uiteindelik aanvaar.

Ons het wel die algemeen aanvaarde afbeelding (die Dirck Craey portret) vir ons ontwerpe gebruik, omdat meeste mense dit herken as Jan van Riebeeck, en dat die aviator sonbrille dit toeganklik & tong-in-die-kies maak.

Belangriker selfs is dat dit ‘n sneller van emosie trek wat mens laat trots voel op jou geskiedenis, jou herkoms & jou erfenis, en jou laat terugdink aan die brawe mans & vrouens wat bereid was om hul lewens in hul geboorteland agter te laat, en vir maande ter seë te seil na ‘n onbekende land met onbekende omstandigehede, met koppe vol idees & harte vol drome, en sodoende, sonder dat dit hul doel was, vir altyd deel geword het van die ryke geskiedenis van Suid-Afrika.

*****

Jan van Riebeeck Dagboek:

John Roderick: Iets kort oor die landing – Volksplanting en die werk van Jan van Riebeeck, in die dae daarna.

6 April 1652.

Jan van Riebeeck het die vorige dag (die 5de) opdrag gegee om ‘n boot op die 6de gereed te he om die baai te verken, en vas te stel of daar nie dalk ander skepe was nie. Adam Hulster, die boekhouer,

en die onder stuurman Aernt van Ieveren vertrek daarom met eerste lig. Die twee was amper die hele dag weg gewees, dog bring later berig dat geen skepe voor anker le nie en dat alles veilig is. Daarna anker die Drommedaris, en die Goede Hoop aan die “Versse” rivier. Oberholster in sy werk, Die Historiese Monumente van Suid-Afrika beskryf dit as, “dicht aen de Soete rivier”.

Daarna was vir ongeveer twee weke elke dag aan wal gegaan, en saans op die skepe geslaap.

Sondag die 7de April vaar die Reyger ook die hawe binne, en sluit by die ander aan. Van Riebeeck het die oggend ‘n dankdiens gehou. Daarna bewapen hy ses matrose en stuur hul om eerstens vars water, en daarna te soek vir pos wat as reël onder ‘n sekere groot klip gebere was. Die ses man was nie lank weg gewees nie. Hul bring briewe, vars water, vis en sekere soorte groentes (waarskynlik eerder plante) soos wilde aspersies, suringe, en wilde mosterblare. Suringe is bekend as plante met ‘n hoë vitamien C inhoud en was gewis wat die bemaning nodig gehaad het. Wilde Amandels was ook gebring, maar ongelukkig is ‘n matroos dood daarvan omrede die blousuur inhoud daarvan.

Daarna gaan Van Riebeeck aan land om die omgewing in te neem, en te besluit presies waar hy ‘n fort gaan bou. (Hierdie sou nie die eersre fort aan die Kaap wees nie aangesien die skipbreukelinge van die Haerlem reeds vantevore ‘n klein fortjie bekend as Sandenburgh gebou het) .

Op Maandag die 8ste April stap Jan met 100 matrose aan wal. Die vrouens en kinders tesame met nog 81 matrose het eers aan boord gebly omrede die wind, asook moontlike gevare in die omgewing.

Onderwyl ‘n sterk Suidoostewind waai word die vier hoeke van die fort afgepen en begin die werk. Die volgende dag het die winter reëns van die gebied begin maar op die tweede Sondag na die landing het die son geskyn. Van Riebeeck het laat slag, en dit tesame met vis wat gevang was het gesorg vir ‘n feesmaal.

Vanaf die 24ste April het almal aan land in tente, en hutte geslaap. Ongeveer ‘n maand nadat genoemde drie skepe anker gegooi het kom ook die skepe, die Walvis en die Oliphantin in die baai aan. In totaal het 130 van die bemannings lede te see gesterf. Die res van die bemanning was siek en was aan wal gebring om aan te sterk. Aan boord die Walvis was ook die eerste predikant Johannes Backerius wat voet aan wal in die Kaap gesit het. Die predikant van sou egter net tot die 15de Mei vertoef waarna hy weer vertrek het. Dienste was daarna deur die sieketrooster waargeneem.

Op die 15de Mei het Van Riebeeck die fort gedoop. Dit sou bekend staan as Fort de Goede Hoop, en was direk oos van die Varsrivier geleë. (Die Kasteel soos ons dit vandag ken se hoekstene was eers later, op die 2de Januarie 1666 deur onder andere Zacharias Wagenaar gelê. ) Die punte was vernoem na die skepe waarmee in die Kaap aangekom was. Die fort was egter ver van klaar, en baie werk het nog voorgelê. Die eeste hoek, bekend as Reijger was op die 3de Augustus 1652 voltooi.

Die eerste gesin om in die fort te woon was die sieketrooster, omrede sy vrou swanger was. Die eerste wit kind was gebore op die 6de Junie 1652.

Jan van Riebeeck was nie een om stil te sit nie. Veertien dae na die landing was die eerste groente saad in die grond. Op die 13de Mei skryf hy aan die HereXVII om nog saad, asook patat rangke, pynappels wingerd stokke en vrugtebome, veral lemoen en suurlemoen bome te stuur. Laasgenoemde was ‘n uitstekende teenmiddel teen skeurbuik en was immers die rede hoekom die verversingspos gestig was.

 Ses maande na die landing was Van Riebeeck in staat om ‘n maaltyd aan offisiere van ‘n verbygaande skip voor te sit. Daar was gebakte hoender, ertjies, spinasie, aspersies, en blaarslaai op die spyskaart gewees.

Na sy vertrek na Batavia in 1662 het Van Riebeeck 16 verskillende soorte vrugtebome nagelaat, waarvan die meerderheid sitrus was.

Hierdie werk deur slegs ‘n handjie vol mense was niks anders as baanbrekers werk. Om aan wal te stap en iets uit niks te skep is in my boek ‘n prestasie. Gemeet aan die feit dat jy moet klaar kom met wat jy het, wet en orde handhaaf, jouself beskerm teen gevaare, self dokter tydens siekte, en nie jou geloof te agterweë te laat nie, is eenvoudig merkwaardig.

*****

Jan van Riebeeck Dagboek

John Roderick se pos Januarie 2019 (Facebook Monumente, Gedenktekens)

1952.  Die begin van die Van Riebeeckfees.

Met die begin van hierdie fees was die landing van Jan van Riebeeck, (op daardie stadium) 300 jaar gelede aan die Kaap herdenk. Sewe poskoetse het vanaf verskillende dorpe in die land vertrek om later op die 6de April 1952 ter geluike tyd in die Kaap aan te kom. Die “Hoof Fees” het op Ohrigstad begin,en dr. D.F. Malan het die feesrede gelewer.

Ter herdenking van herdenking van hierdie geleentheid haal ek vandag weer enkele grepe uit die Van Riebeeck dagboeke aan.

Daarna gebruik ek deurgangs die 6de APRIL.

14 Desember 1651.

Erg winderige dag, en dit reën.

Die direksie hou my besig tot en met 11 uur die oggend alvorens ek huiswaarts kon keer.

Omstreeks 2 uur die middag vertrek ek met my gesin vanuit Amsterdam. (Waarskynlik na Texell, en die hawe.)

24 Desember 1651.

Ons gesin is reeds aan boord die Drommedaris.

‘n Oostelike wind waai konstant.

Net na “omtrent de middaghin in den name des Heeren met den Drommedaris, Reyger ende Hoope”

vertrek ons vanuit die hawe, Texell. (Die Walvis en die Oliphant, wat deel van die vloot moes uitmaak kon nie vertrek nie. Hierdie 2 skepe het vrag gedra en het daarom te diep in die water gelê. Hul moes gewag word vir die gety om in te kom.)

5 APRIL 1652.

“Omtrent 5 glasen in de namiddagwacht sagen wij, Gode loff, lant van Cabo de Boá Esperance, namelik den Taffelbergh.”

6 APRIL 1652.

Ons is geseend met kalme weer op hierdie dag.

Ek stuur die boekhouer, Adam Hustler, tesame met Aernt van Jeveren na die voet van Leeuberg om te kyk of daar skepe in die baai is. Hul bring berig dat daar geen skepe voor anker is nie. Ons bring dank aan die Here, en seil Tafelbaai (“Taeffelbaij”) binne. Ek gee aan Davit Coninck bevel om die volgende dag, so vroeg as moontlik tesame met 6 soldate aan wal te gaan en te kyk vir pos.

Ek vra hom ook om op te let na enige vars groen eetbare plante materiaal. Vra ook dat hy ‘n net moet saamvat en probeer om vir ons vis te vang.

6 APRIL 1653.

‘n Pragtige windstil sonskyn dag.

Ek stuur die sieketrooster, Willem Barentssen Wijlant tesame met 5 soldate om vee te probeer ruil by die Saldanhas. Die res van ons gaan aan met die bou van die fort.

Ons is deur die Here geseën om op hiedie dag blaarslaai, radyse, spinasie, ertjies en nog enkele ander groentesoorte te kan oes. Ons koolplantjies kom ook mooi aan. Dit wil my voorkom of kool, beet, radyse en wortels hier beter aard as in die Vaderland.

Ook het ons vandag weer botter gekarring en dit was baie lekker gewees. Ek wens net ons kon die koeie se melk produktiwiteit opstoot, maar ons werk daaraan. Aand se kant kom Wijlant terug met 5 koeie, 1 os 3 kalfies en 8 skape. Ook het van die inheemse mense 2 koeie, 2 kalfies, 8 skape en 16 beeste na die fort gebring om te ruil.

Aand se kant waai die wind baie erg vanuit dieSuid Ooste.

6 APRIL 1654.

Noord Westelike wind met reën.

Ek raak bekommerd omrede ons rys, bone en voorade min word, en die retoervloot nog nie gekom het nie. Ons het meel vir omtrent nog 2 maande, en soutvleis en varkspek vir 6 na 7 maande . Om hierdie rede stuur ek ‘n paar man na Saldanhabaai om om pikkewyne, pikkewyn eiers en vis te gaan vang. Ek kry die manne jammer. Baie is duidelik nog honger as hul opstaan na ete. Om te moet werk sonder om behoorlik te kan eet is nie reg nie.

Vandag is ook die herdenking van ons landing. Ons het die Here gedank en geloof.

6 APRIL 1655.

Erg warm en droog.

Ons herdenk ons landing en bring al die eer en lof aan die Here. Almal was teenwoordig.

6 APRIL 1656.

Ons herdenk ons landing in 1652. Almal woon die kerkdiens by en ons bring eer aan die Here vir al Sy weldade en beskerming aan ons.

Die skip “Hector” staan gereed om te vetrek sodra die wind dit toelaat.

6 APRIL 1657.

‘n Sterk Suid-suid oostelike wind waai die hele dag.

Vandag is ek moeg. Ons het gister te voet al die bakens in die baai en omgewing nageloop en geïnspekteer.

6 APRIL 1658.

Pragtige weer.

Die “Schapenjacht” keer met 16 skape, (vermoedelik vanaf Robbeneiland) terug. ‘n Ander skip kom vanaf Dassen-eiland met vis en eiers. Die skaap wagter verloor 15 skape. Wat die man aangevang het weet ek nie. ‘n Soektog na die diere lewer niks op nie. Ek beboet hom met 10 gulde per skaap.

6 APRIL 1659.

Ons bring almal eer en lof aan God onse Vader dat Hy ons beskerm het en bewaar het tot hier. Almal herdenk die dag.

5&6 APRIL 1660.

Winderig en bewolk. Ek bewerk vrede tussen ons, en Harry en die Kaapmans.

6 APRIL 1652.

‘n Donker mistige bewolkte dag.

6 APRIL 1662.

‘n Pragtige sonskyn dag. Ons ruil 38 skape en 1 koei van die Saldanhars.

Laat 'n boodskap