HEILBRON / Vrystaat / NG Kerk Moedergemeente Heilbron / Burgermonument Heilbron / NG Kerk Suid/ Simboliese Ossewatrek 1938 / Metodiste Kerk / Eendracht Volkskool Heilbron CVO Skool

HEILBRON

Vrystaat

NG Kerk Moedergemeente Heilbron / Burgermonument Heilbron

NG Kerk Suid/ Simboliese Ossewatrek 1938

Metodiste Kerk

Eendracht Volkskool Heilbron CVO Skool

RIEMLAND

Riemland is ń streek in Oos-Vrystaat.

Hoofsaaklik jagtersvelde gewees aangesien wild volop was.

In hierdie streek is soveel velle gebrei en verwerk tot riempies en swepe dat dit bekend geword het as die Riemland. Riemland sluit dorpe in soos Heilbron, Lindley, Kroonstad, Reitz, Bethlehem en Senekal.

HEILBRON

Heilbron het ontstaan op die plaas Rietfontein van HP Janse van Niewehuis.

Trekkers het hulle al vroeg hier gevestig.

Die area was ontvolk agv Shaka en Dingaan se Difikane.

Die Slag van Vegkop sekerlik een van grootste oorwinnings teen Matabeles.

Die eerste erwe is September 1872 verkoop en die dorp Heilbron is 1873 geproklameer.

Die maam van die dorp is so genoem weens die standhoudende fonteine op die oewer van die Elandsrivier. Die fonteine se water is vars, suiwer en gesond,: gesond-heil, water-bron. Heilbron

Die fontein het die dorp van water voorsien vanaf 1873 en vloei tans nog steeds.

Heilbron ontvang munisipale status 1890.

Kenmerkend is nog breë strate, breed genoeg vir ossewaens om in te draai.

April 1896 breek runderpes uit en meer as 60% van beeskudde in Vrystaat vrek. Noodmaatreëls word ingestel en alle driwwe en grense sluit en word bewaak om seker te maak geen kloukie steek grense oor nie.

Tydens ABO word alle weerbare manne tussen 16 en 60 opgeroep. Die Heilbron-Kommando, onder bevel van Lucas Steenekamp, lei burgers na Natalse grens.

Vir ñ kort tydjie gedurende die ABO ( Mei 1900) was Heilbron die Vrystaatse Hoofstad.

7 Junie 1900 tydens ABO neem die Britte Heilbron in. Die soldate plunder en stroop die huise.

Heilbron het ook ń konsentrasiekamp gehad waar toestande bitter moeilik was vir die vrouens en kinders.

Die Britte brand 1901 die dorp feitlik tot op die grond af.

1914 tydens die Rebellie staan rebelle baie sterk die regering se planne teen om in WW1 Engeland te steun en vyande van Duitsland te word.

Die rebelle beset die dorp 23 Oktober 1914. 15 onderwysers is o.a. betrokke, die skole moes sluit aangesien hierdie onderwysers geskors is. Ongelukkig moes die rebelle oorgee toe die regeringsmagte hulle aangeval het. Die oormag was te groot 247 rebelle teen goed bewapende regeringsmagte van 2000 man. Na die groot geveg by Elandslaagte moes rebelle oorgee. 47 is gevange geneem en na Kimberley tronk vervoer. Met aankoms sing hulle en al die ander gevangenes die Vrystaatse Volkslied uit volle bors en vergeefs het wagte hul probeer stilkry.

NG KERK MOEDERGEMEENTE HEILBRON

Die Heilbron Gemeente stig in 1874 van Kroonstad Gemeente af.

Die pragtige sandsteengebou se hoeksteen is in 1880 gelê deur Pres. Brand.

Die kerkgebou is ingewy in 1885.

Die besonderse preekstoel in die kerk was in gebruik 1885 tot 1963 toe gebou gerestoureer is. ń Sendingkerk het die preekstoel gekoop, maar nooit gebruik nie, waarskynlik omdat hy te groot was. Die preekstoel lê jare lank in ń stoorkamer waar Ds SJ Pretorius van Kroonstad dit aankoop vir Morewag Gemeente in Kroonstad. Hy betaal R51 en restoureer preekstoel waarn dit vir jare gebruik is. Ongelukkig word Morewag gemeente gesluit in 2014 en die preekstoel word in die plaaslike koerant geadverteer as te koop. Heilbron Gemeente stel dadelik belang en die preekstoel word aan Heilbron Moedergemeente geskenk waar dit weer ń ereplek ontvamg.

Die NG Kerk Heilbron se ledetal het in die beginjare geweldig gegroei.

1929 was daar reeds meer as 2000 lidmate en daar moes meer as een Nagmaal gehou word.

ń Nuwe gemeente is in 1929 afgestig: NG Kerk Heilbron Suid.

BURGERMONUMENT

Voor die NG Moedergemeente Heilbron is ń pragtige Burgermonument opgerig ter gedagtenis aan Heilbron burgers dood tydens die ABO.

HEILBRON NG KERK SUID

25/9/1929 stig NG Kerk Heilbron Suid van Moedergemeente af.

Vir 7 jaar lank is kerkdienste gehou in die Hervormde Kerkgebou, Heilbron Stadsaal en gesamentlike dienste in Moedergemeente se gebou.

1932 ontvang die gemeente erwe vanaf Heilbron munisipaliteit vir ń kerkgebou( Van Raalteplein).

Die kerk word gebou met rooi bakstene want tydens hierdie moeilike jare van droogte en depressie was die goedkoopste stene hierdie rooi bakstene van Vereeniging af.

Die kerk het so ook die naam Depressiekerk gekry.

Interessant dat die kerk in 1936 besluit geneem het dat rook en konfetti op terrein verbode is. 1971 het hulle hierdie besluit weer bevestig.

Oktober 1978, tydens ń hewige reënstorm, het die weerhaan van die toring afgeval en die dak beskadig wat weer waterskade op die orrel veroorsaak het. Die orrel is teen groot koste herstel. Die weerhaan, blykbaar kleiner, is terug op die toring terwyl groter een glo iewers op ń plaashuis se dak pronk.

SIMBOLIESE OSSEWATREK MONUMENT

Tydens die landswye vieringe van die Simboliese Ossewatrek (1838-1938) is hierdie monument voor die Heilbron Suid Gemeente se gebou opgerig. Dit is besonders met die oop klip Bybel bo-op.

Die inskripsie: U Woord is ń lamp vir my voet en ń lig vir my pad.

METODISTE KERK HEILBRON

Die hoeksteen van hierdie pragtige gebou is in 1882 ook deur Pres Brand gelê.

Die verhouding tussen Afrikaanssprekendes en Engelssprekendes was baie besonders gewees.

Die kerkgebou is vol herinneringe en kosbare bewaarstukke.

Opvallend is die muurskildery agter die preekstoel wat in 1920 gemaak is. ń Gemeentelid, een van die eerste en bekenste sakemanne in Hellbron, John Pierce, het ń bedelaar gehelp deur vir hom kos te gee in ruil vir takies. John Pierce ontdek die bedelaar se talent vir verf en hy laat hom die muurskilderye in die kerk doen. Hierdie meesterstuk het links die Geloofsbelydenis en regs die 10 Gebooie.

CVO SKOOL /WITSKOOL / EENDRACHT VOLKSKOOL HEILBRON

Ds Minnaar, predikant van die NG Kerk Heilbron bedien die gemeente vir 36 jaar.

Sy onderwys beleid lei daartoe dat Heilbron seker die meeste buiteskole in die land het. Hy het hom daartoe beywer dar elke kind binne bereik van ń skool moes wees.

Hy het ń Jongenskoshuis opgerig en deur sy ywer is ook later ń meisieskoshuis ingerig wat na sy dood die Helena-Minnaar koshuis geniem is.

Heilbron het CVO skool gehad., Christelik Volkseie Onderrig, ook bekend as die Witskool n.a.v. die wit geboue. Hierdie skool is genoem Eendracht Volkskool Heilbron.

Die skool is gesluit agv verminderde leerlinggetalle en geboue omskep vir kantore.

KLIPSTAPEL

23 Mei 1991 het sowat 400 persone bymekaar gekom en beswaar aangeteken teen die regering se witskrif oor grondhervorming. Hulle het die beoogde witskrif verbrand en ń klipstapel voor die Stadsaal gepak met klippe van hulle eie grond af.

Die stadsraad het die klippe verwyder en na die CVO Skool se terrein geneem.

Met hierdie klippe is ñ monument opgerig met ń vlagpaal. Die inskripsie: Tot die dood sal ons sorg dat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe sal bly. Jes 4:1-10.

BOB LAUBSER PARK

Geen park meer nie. Slegs verwaardlose stuk grond.

BRONNE: Internet, Riemland toer Piet Lombaard , Op die bodem van die Vaaldam VE d” Assenville

FOTO’S: Gys Ströh snr 2021

Maak 'n opvolg-bydrae