Heidelberg
Gauteng
Heidelberg, ń pragtige dorp aan die voet van die Suikerbosrand. Op die hoogte pryk ń kruis wat waghou oor die dorpie daar onder. Die Suikerbosrand Natuurreservaat ń pragtige bewaringsgebied.
Heidelberg het ń belangrike rol gespeel in die Geskiedenis van Suid-Afrika, veral tydens die Eerste sowel as die Tweede Vryheidsoorlog (ABO).
Shepstone annekseer die Transvaal vir die Britte in 1877 en Heidelberg word die basis van die gewapende verset. 1880 by Paardekraal word Heidelberg aangewys as die hoofstad van die ZAR onder leiding van die Driemanskap :Paul Kruger, PJ Joubert en MW Pretorius. Heidelberg was dus hoofstad van die ZAR tydens die Eerste Vryheidsoorlog 1880-1883.
1885 word die Witwatersrand goudrif ontdek in Heidelberg distrik.
1890-1910 tipiese Victoriaanse boustyl, vandag nog behoue.
Stadsaal
Oorkant die Klipkerk is die Stadsaal, ń pragtige sandsteengebou, ontwerp deur Gerhard Moerdijk, gebou in 1939. Die imposante gebou herinner aan die tyd toe Heidelberg die hoofstad was. Buffelkoppe, soortgelyk aan díe by die Voortrekkermonument pryk weerskante van die stadsaal. Die Buffel is een van die Groot Vyf en een van die gevaarlikste diere as hy bedreig word. Die buffelkoppe is simbolies en verdedig Heidelberg teen aanslae van buite.
Driemanskap Monument
Voor die Stadsaal is die Driemanskap Monument, ń obelisk met 3 bronsbeelde van die Driemanskap, heersers van ZAR. Die ontwerper is Hennie Potgieter, onthul in 1954. Die borsbeeld van Paul Kruger is gesteel en die ander twee is verwyder en veilig gebêre tot planne gefinaliseer is om monument na veiliger terrein te verskuif.
Driemanskap Monument
Heidelberg
12 April 1877 annekseer Brittanje die ZAR onregmatig.
Onsuksesvolle pogings van die ZAR volg om vreedsaam hierdie probleem op te los.
Tydens ñ volksvergadering by Paardekraal
13 Desember 1880 besluit die burgers om die ZAR regering in ere te herstel en 3 leiers word aangestel:
SJP Kruger ( Paul Kruger)
MW Pretorius
PJ Joubert
Hulle vorm die Driemanskap.
16 Desember 1880 ry hierdie Driemanskap Heidelberg te perd binne en hys die Vierkleur.
Hierna volg die Eerste Vryheidsoorlog ( 1880 -1881) waarin die Driemanskap as leiers optree. Daarna verkry die ZAR weer hulle vryheid en onafhanklikheid na die Pretoria Konvensie.
9 Mei 1883 word Paul Kruger President van die ZAR.
Tweede Vryheidsoorlog (ABO) teen Brittanje volg in 1899.
MONUMENT IN HEIDELBERG TRANSVAAL
Die idee van ñ monument word geopper op Krugerdag 1952.
ñ Monument reg oorkant die Klipkerk in Heidelberg, voor die stadsaal.
Genl Piet Joubert het die hoeksteen van die Klipkerk in Heidelberg in 1890 gelê.
9 Oktober 1954 word die Driemanskap Monument in Heidelberg onthul deur minister FC Erasmus.
Brons borsbeelde van die Driemanskap op die sye en panele van geskiedkundige oomblikke uit die geskiedenis:
1. Hys van die Vierkleur in Heidelberg 1880
2. Simboliese Ossewatrek 1938
3. Rapportryers se perdekommando’s en 4. Fakkelloop tydens inwyding van Voortrekkermonument 1949.
VANDALISME
Vandalisme en diefstal
2014 verdwyn die bronsplate.
Pres Paul Kruger se borsbeeld verdwyn ook.
Die oorblywende 2 borsbeelde word deur die plaaslike munisipaliteit verwyder en bewaar, hopelik nog steeds in veilige bewaring
Die Erfenisstigting het onderneem om die Driemanskap Monument te herstel teen 2020 en die verlore bronsbeelde en bronsplate te vervang met kunshars, maar ongelukkig is daar nog geen vordering gemaak nie en is net die name is nog sigbaar. Verwaardlosing van die area so tipies van die era waarin ons nou verkeer.
Foto’s: Internet en Gys Ströh Snr 2023.
Aardbol
Voor die Stadsaal is ook die Aardbol, gemaak en geskenk deur Italiaanse Krygsgevangenes tydens die Tweede Wêreldoorlog, ter herinnering aan alle krygsgevangenes.
Bakoond
Water is ń baie belangrike faktor, wie water beheer, beheer die dorp. Heidelberg se drinkwater het uit ń fontein gekom. Die Boere was bang dat die Britte hulle drinkwater sou vergiftig en het toe die Britte geflous deur ń sandsteen bakoond bo-oor die fontein te bou. Bakoonde was ń algemene gesig en die Britte het nooit agterdogtig oor díe bakoond geraak nie.
Later is die bakoond gebruik as ń koeltonnel vir gemmerbier vervaardiging Die oop sye en koel
water het die koeldrank heerlik koel gehou.
Vandag nog voorsien hierdie fontein vars water aan die Kloofspruit.
Blou plaatjie vir erfenis aan die Bakoond toegeken
Die spruit het bekend gestaan as Oom Paul se fontein.
Tony Burich van die Heidelberg Heritage Association het op 17 November die nuutste blou plaatjie vir Erfenis aan die Bakoond geskenk.
Geskiedenis oor die Bakoond strek terug na voor die Anglo Boere Oorlog toe President Paul Kruger die Kloof Spruit se water, wat deur Heidelberg loop, wou beskerm teen diere asook vandalisme deur Britse troepe in die area.
Die spruit het bekend gestaan as Oom Paul se fontein. Op dié stadium was die spruit die enigste water toevoer tot Heidelberg.
Daar is stories dat die boere bang was dat die water vergiftig sou word en daar was toe besluit om die water te verberg en weg te steek van die Britse troepe. ‘n Bakoond was oor die spruit gebou.
Ander stories is dat die bakoond gebou was om die water teen die diere te beskerm.
Die water wat deur die dorp loop het hoop gesimboliseer. Daar loop vandag nog steeds water deur die Bakoond, in die spruit.
Die Bakoond of Oom Paul se Spruit het in die 1970’s platgeval maar was weer oor gebou om as gedenk monument vir die toekoms behoue te bly.
Die Ou Tronk
Die Ou Tronk is gebou in 1888 (sommige bronne 1869) en is eers gebruik as die eerste hospitaal en as ń gevangenis tydens die ABO. Die tronk was by die ingang na Heidelberg en het gewaarsku: Hier geld Wet en Orde.
Sedert 1963 het die gebou leeg gestaan nadat die nuwe tronk gebou is, maar gelukkig het die MOTHS (Suikerbosrand Shellhole) die gebou in 1992 oorgeneem, pragtig herstel en huisves huidig ń kosbare versameling oudhede en geskiedenis.
Die Ou Tronk is bekend vir die Witvlaginsident 25.9.1901 tydens die ABO. Captain Ronald Miers aan die Britte se kant het onder ń wit vlag met sy perd uitgery na die Boere. Hy wou die Boere oorreed om oor te gee. Waarnemende Veldkornet Salmon van As en Louis Slabbert het uitgery om sy saak aan te hoor. Nodeloos om te sê, hulle weier oorgawe. Miers reik na sy rewolwer, waarop Van As hom doodskiet.
Na die Vrede van Vereeniging gee Van As hom oor. Hy word verhoor en die doodsvonnis word uitgelees op die Markplein. Van As word gevonnis sonder enige ooggetuies of kans op appél. Tydens die onbillike verhoor beweer die Britte dat Miers ongewapen was en Van As hom geskiet het ten spyte van ń wit vlag. Die volgende oggend vroeg sterf Van As voor ń vuurpeloton van 8 man teen die muur van die Ou Tronk. Die koeëlgate steeds sigbaar teen die muur. Sy lyk word in ń gat gegooi en ń doringboom bo-op geplant. Hy word in 1903 herbegrawe in die Kloof Begraafplaas.
Kloof Begraafplaas
Heidelberg het ń groot Konsentrasie Kamp gehad met sowat 2000 gevange vroue en kinders. Die sterftesyfer was hoog agv die koue Hoëveldse winter, swak verblyf in tente wat siektes laat gedy het en voedseltekorte. 867 steftes agv siekte en hongerte.
In die begraafplaas is ñ gedenksteen opgerig vir kinders wat gesterf het in die konsentrasiekampe: 408 name van kinders onder 15 jaar
91 name van díe bo 15.
Rye graffies sonder name.
In die begraafplaas lê Boer en Brit neffens mekaar. Van As wat gefusileer is sowel as sy vyand Miers.
Bekendes lê hier o.a.
AG Visser, mediese dokter en Afrikaanse digter
Heinriech Ueckermann, stigter van Heidelberg
Zeppelin, familie van Zeppelin wat Hindenburg lugskip gebou het. Hy het gesneuwel 1899 tydens die Slag van Elandslaagte (ABO) waar hy aan die kant van die Boere geveg het.
Bron. Internet. Heidelberg Heritage
Fotos. Ströh Sept 2019