Kerkplein Pretoria / Paul Kruger Standbeeld

Kerkplein

Pretoria

Paul Kruger Standbeeld

Kerkplein by die kruising van Kerkstraat en Paul Krugerstraat vorm die historiese sentrum van Pretoria. Sentraal staan die Standbeeld van Paul Kruger, President van die ZAR, omring deur 4 Boerekrygers.

Standbeeld

Die beeld is in 1896 geskep deur Anton van Vouw, ń destydse onbekende kunstenaar, in opdrag van Sammy Marks wat ook die beelde gefinansier het. Sammy Marks was ń groot bewonderaar van Paul Kruger, anders as ander buitelanders en het hom beskou as verpersoonliking van Afrikanervolk en hy vra toestemming vanaf Pres en Uitvoerende Raad om so ń beeld uit marmer op te rig op ń plek van hulle keuse. Toestemming is gegee dat beeld gemaak kan word en Burgerspark sal geskikte plek wees. Die geld wat oorbly moet dan gebruik word om ń Dieretuin in Pretoria te begin. Voorstel ook gemaak dat beeld van brons gemaak moes word wat beter bestand sal wees as marmer teen die harde Transvaalse klimaat.

Van Vouw en Paul Kruger

Van Vouw het aan werk gespring en begin met beplanning en tekeninge. Hy het ń beeld van die President geskep in sy forme drag, manel en kuil onafskeidbaar deel van Paul Kruger. ń 4.5 meter rustig staande vaderlike figuur op ń hoë voetstuk. Regterhand op kierie, in ander hand ń opgerolde dokument. Hy kyk effens af, asof na skare voor hom.

Burgers

Vier gewapende burgers op ń laer vlak wat brandwag staan in 4 windrigtings, sittende, waaksaam, gespanne, gewone burgers.Twee Voortrekkers in tipiese Voortrekkerdrag met sanna, bandelier en kruithoring, een met ken in hand se geweer se kolf rus op sy been en die ander een regop met geweer vasgeklem in albei hande. . Twee boerekrygers tipies met hoed, bandelier en Martini Henri, vinger op sneller of besig om patroon uit bandelier oor skouer te haal.

Bronspanele

Vier bronspanele dui op belangrike historiese gebeure.

1. Paneel moes oorspronklik Paul Kruger as 10 jarige deel van Groot Trek uitbeeld maar is toe vervang met Vredessluiting 1881 in O’Neill se huisie aangesien Van Vouw nie genoegsame inligting kon inwin om klein Paul Kruger tydens Groot Trek nie getrou uit te beeld nie. Einde van Eerste Vryheidsoorlog na Slag van Majuba..

2. Paul Kruger by Makapaansgrot as 29 jarige . Nov 1854 bring die jong Paul Kruger Komm. Piet Joubert se lyk onder groot gevaar na buite.

3. Paardekraal. Paul Kruger by Paardekraal. Des 1886 burgers se protes teen Anneksasie van Transvaal. Begin van Eerste Vryheidsoorlog.

4. Inswering van Paul Kruger as President van ZAR. 1883

Inskripsies

Inskripsies aan voet. Twee aanhalings uit Bybel en 2 destydse politieke stellings uit tyd van Eerste Vryheidsoorlog.

Paul Kruger het versoek dat Psalm 105:4 en 5 op voetstuk gebeitel moes word. Alle eer aan God en nie aan mens nie. ń Veroek wat nie uitgevoer is nie.

Skep van beelde

Van Vouw het persoonlik hierdie groot en tydrowende taak aangepak en alles in fynste besonderhede gemaak. 1896 vertrek hy na Europa om beelde te maak onder sy toesig. Die gietwerk is in Rome gemaak, 92 % koper.

Voetstuk

Ondertussen het Sammy Marks reeds ń voetstuk op Kerkplein opgerig van 200 ton rooi gepoleerde ingevoerde Skotse graniet, waarvan Van Vouw glad nie gehou het nie.

ABO

Die ABO breek uit en die beelde wat reeds verskeep is na ZAR, bly in Delagoabaai lê. Bergloon is hoog en Sammy Marks verloor belangstelling, oortuig Boere kan nie die oorlog wen nie. Op Kitchener se versoek skenk Marks die beelde aan hom en hy verskeep dadelik die 4 beelde na Engeland as aandenking van sukses van oorlog. Krugerbeeld bly agter in Delagoabaai. Twee krygerbeelde neem Kitchener na sy eie landgoed en 2 skenk hy aan School of Military Engineering.

Kitchener gee opdrag dat due voetstuk verwyder moet word en plaas verbod op oprig van monumente op Kerkplein.

1905 skuif die stadsraad voetstuk na Prinsepark en Louis Botha begin pogings om beeld terug te bring, 4 brandwagte op te spoor en op Kerkplein op te rig. Vele struikelblokke, Kitchener weier om beelde terug te gee want dit is geskenk en nie oorlogbuit nie, beelde se posisie is onbekend, gipsvorms is vernietig en dit sal te duur wees om te hergiet , Marks sal slegs toestemming gee as geheel opgerig word.

Prinsepark

24 Mei 1913 word net Paul Kruger se standbeeld op Prinsepark onthul

Na ń persveldtog word 4 beelde opgespoor en Genl Jan Smuts wat gewild was in Engeland na deelname aan WW1 oorreed Milner en Burgeneester van Chatham om beelde terug te gee, 1921 is beelde in SA. Slegs die monogram “K” is verlore, nooit gevind nie.

Pretoria Stasie

10 Oktober 1925 is beelde onthul deur JBM Hertzog, Eerste Minister van die Unie van SA voor Pretoria Stasie op die voetstuk van Skotse Graniet.

Kerkplein

Onderhandelinge om beeld op te rig op Kerkplein het nooit opgehou nie en na ń stryd van bykans 30 jaar is ń nuwe voetstuk gebou in oorleg met Van Vouw. Posisie van beeld en rigting waarin President kyk het ook baie onderhandelinge geverg.

10 Oktober 1954 is die volledige beeld onthul in die middel van Kerkplein deur DFMalan. Daar waar eens 2 kerke en later ń fontein gestaan het. ( Fontein verskuif na Dieretuin).Paul Kruger kyk na noorde en nie na ooste soos oorspronklik beplan nie.

Huidig

Groot omstredenheid heers oor die beeld op Kerkplein. Versoeke dat beeld verskuif moet word en vervang word deur ń ander beeld. Beeld is al gevandaliseer, besmeer met verf en selfs petrolbom al op hom gegooi.

Huidig is die beeld nog redelik veilig agter ń heining verskans. Simbool van Volkstrots en Volkstradisie. Kerkplein se rol as middelpunt van Pretoria het egter verval.

Fotos: Internet. Gys Ströh Snr September 2018 en November 2019.

Maak 'n opvolg-bydrae