Hartbeespoortdam1895 – 1925
Noordwes
HARTBEESPOORT DAM
Hartbeespoort Dam is ń dam in die Krokodilrivier wat water vir besproeiing voorsien vir 45km weerskante van die Krokodilrivier asook drinkwater veral aan Brits.
Die dam word hoofsaaklik gevoed deur die Krokodilrivier asook die Magaliesrivier.
Hartbeespoort Dam is naby die groot sentras Johannesburg en Pretoria en die area is gewild onder toeriste wat daguitstappies en naweekuitstappies geniet.
Area is bekend vir kabelspoor, valskermsweef, warmlugbalonne, eetplekke en kuierplekke om dam en ook kunstenaarswêreld.
Die aanvanklike 2 dorpies weerskante van die dam Kosmos en Schoemansville ( Nou Hartbeespoort) het ondertussen soveel vermeerder dat daar nie minder as 10 dorpies of uitbreidings reeds rondom die dam gevestig is nie, o.a. Meerhof, Pecanwood Landgoed ens.
Besoedeling is een van die grootste probleme vir die Hartbeespoort Dam en dan ook die waterhiasinte wat die wateroppervlakte toegroei en bitter gevaarlik is vir motorbote en seiljagte.
Die bou van die Hartbeespoort Dam het die landskap en ekonomiese bedrywighede hier verander, en het selfs ń effek op die klimaat in die area.
GESKIEDENIS
Voor 1836 het die eerste pioniers reeds keerwalle in die Krokodilrivier gevou en kleiner dammetjies gebou.
SOPHIA DAM
Die bou van ń groot dam in die Krokodilriviervallei was die ideaal van Genl Hendrik Schoeman (1840-1901).
Hy het reeds in 1896 begin om ń wal te bou in die Krokodilrivier op sy plaas Hartbeespoort. ( naby die spoorlyn wat na Meerhof toe loop).
Dit was op daardie stadium die grootste dam in die suidelike Halfrond.
Hy noem die dam Sophia Dam, na sy vrou.
Hierdie wal van klip en sement het Hendrik Schoeman ń fortuin uit eie sak gekos, ongeveer 10 000 pond.
Voor hy die idee aan Paul Kruger se regering kon verkoop, het ń gedeelte van wal weggespoel.
Later is die dam se naam verander na Hartbeespoort Dam.
Hendrik Schoeman se seun, Johan Schoeman (1887-1967), neem die idee van die bou van ń dam verder op na sy pa se dood.
Hy het ook heel suksesvol keerwalle hoêr op in die rivier gebou.
VERSKUIWING VAN DAMWAL
1905 is reeds besluit om die damwal te verskuif na ń nou poort (Witwaterspoort) tussen 2 berge .
Ondersoek is gedoen en in 1910 is planne reeds goedgekeur.
Met die Uniewording van Suid-Afrika word die planne eers opsy geskuif, maar 1914 word dit weereens goedgekeur.
ń Sweedse ingenieur, August Karison, word aangestel om bouwerk te behartig.
Die Eerste Wêreldoorlog en finansiële probleme laat bouwerk weereens staak.
1918 begin die bouwerk weereens.
Grond word aangekoop, Boumateriaal kom vanaf Pretoria na Brits per trein.
Augusus begin met planne om mbv koekepanne boumateriaal te vervoer vanaf vanaf Brits se spoorwegstasie tot by die poort. Koekepanne word deur muile en osse gesleep.
1921 spoel die tydelike dam weg tydens hewige reënbuie.
Struikelblokke laat bouwerk weereens staak.
Karison is moedeloos en bedank.
ń Jong talentvolle ingenieur, FW Scott neem oor en voltooi die wal.
Hy voltooi die brug en die teerpad oor die wal.
ARMBLANKES
Na die oorloë was die armblanke vraagstuk groot. Oorlog, droogtes en siektes (1918 Griep) het die mense verarm.
ń Skema word begin om werk aan armes te verskaf.
Bou van Hartbeespoort Dam vorm deel van hierdie skema.
Na voltooiing van die dam het heelwat van die werkers geskuif na Warrenton om ń keerwal daar te gaan bou, bekend as die Weir in Vaalrivier.
Daarvandaan het hul gaan bou aan die kanaalstelsel bekend as die Vaalharts Skema (oospronklik Cecil John Rhodes se idee).
Dorpe soos Jan Kempdorp, Tadcaster ens het ontstaan.
Aan die dambouers is elkeen ń klein plasie van so 100 morg in die skema gegee. Lootjies is getrek ( name in ń hoed) om te bepaal wie kry watter stukkie grond.
DAMWAL
1923 is die damwal voltooi en die teerpad oor die damwal ook .Hierdie pad met eenrigtingverkeer was die hoofpad tussen Pretoria en Brits.
Dit was nodig om ń tonnel te bou deur die kwartsietrotse, ń tonnel van 53 meter lank. Die donker tonnel met sy indrukwekkende eggo’s lok oue tradisie van toeter blaas uit.
DAMWAL
Hartbeespoort Dam se wal is die kortste damwal in SA.
Die wal is ń boogkonstruksie van beton in ń nou poort in die Magaliesberge tussen Kommandonek en Silkaatsneks.Hoogte 59 m Lengte 150 m
Tien sluise in een afvoerkanaal.
250 000 sakkies sement vanaf Pretoria Portland sement word gebruik.
Die wal is nie ń gravitasie wal(gravity wall) soos by Sophia Dam gebou was nie, maar ń boogwal wat weerskante teen die poort se kante gestut word.
Gruis is verkry vanuit ń hang aan die oostekant.
Sand vanuit die rivier self.
Water was verkry vanuit die rivier.
Drinkwater is verkry vanuit ń fontein in die berg. Dit is mbv ń pyplyn meer as ń kilometer lank vervoer. Die pyplyn is vernuftig gebou uit konfytblikke wat bedek is met beton. Oorblyfsels daarvan is nog sigbaar.
TRIOMFBOOG
ń Unieke triomfboog is oor die sentrale deel van die damwal gebou. Deels as versiering, maar hoofsaaklik as versterking aangesien wal nie in ideale posisie was nie. Aanpassings moes gemaak word om wal stewig vas te stut. Moes aan een kant ń bietjie verbreed word.
Die triomfboog is ń ingenieurs meestestuk wat gebou is nadat die damwal klaar gebou was en dam reeds vol was. Voltooi in 1930.
Spesialiste soos Williamson( argitek) en John Barrow (“spesialist in decorative concrete”) het saam gewerk.
Hulle kopiëer die styl van Romeinse Triomfboë en hierdie Triomfboog herinner sterk aan Arc de Triumph in Parys (Frankryk).
Die damwal se boogvorm word herhaal in die Triomfboog.
Ons vind dit ook in die Uniegeboue wat gebou was net voor die dam voltooi is.
Die Triomfboog simboliseer die stryd om die dam te bou. Die stryd teen armoede. Die stryd word beloon met sukses, met triomf.
Op die Triomfboog is 2 Latynse Spreuke aangebring.
Latyns as taal is gebruik aangesien Latyns neutraal is en gebruik is as poging om Afrikaans en Engels te versoen.
1.Jes.44.3.I shall pour down rain on the thirsty land and showers on the dry ground!
2. Without water agriculture us dry and miserable.
HIDRO-ELEKTRIESE KRAG
Onderkant die damwal is ook ń klein hidro-elektriese kragsentrake opgerig.
Hiermee is krag opgewek om beligring te voorsien op die damwal. Tans nie meer in gebruik nie.
NUWE HOOFWEG EN DAMWAL VERHOOG
In 1970 is die damwal met 3 meter verhoog.
Later is ook ń tweede hoofweg gebou om die druk eenrigtingverkeer op die wal te verlig.
BRONNE: Internet
FOTO’S: Geleen vanaf Internet. Facebook.Gys Ströh snr 2021