Groot sinkgat sluk familie in / Blyvooruitzight / Carletonville/ Gauteng / 3 Augustus 1964

Groot sinkgat sluk familie in.

Blyvooruitzight

Carletonville

3 Augustus 1964

Carletonville is bekend vir sy goudmyne.

1937 is die Blyvooruitzight Myn gestig en so 6 km suid van Carletonville is die uitbreiding Westdene Blyvooruitzight gevestig om die mynwerkers te huisves.

Die Oosthuizen gesin woon in 29ste Laan nommer 10.

Johannes Marthinus Oosthuizen (37 jaar oud) werk by die Blyvooruitzight Myn.

Die Oosthuizen gesin keer 2 Augustus 1964 terug van ń heerlike vakansie by Amanzimtoti.

Johannes se vrou Hester, is baie teensinnig want sy hou nie van die huis en woonbuurt nie.

3 Augustus 1964

Die Oosthuizens se buurman het ‘n onrustige slapelose nag. Hy hoor ñ vreemde rammel geluid, staan op, loer deur venster na bure se huis, sien niks vreemds nie en drink ń glas water. Hy hoor weer die gerammel en skielik voor sy oë verdwyn die bure se hele huis in ń stofwolk. Al wat hy hoor is Hester Oosthuizen se wanhopige gil.

Die hele Oosthuizen gesin: Pa Johannes, Ma Hester, hulle 3 kinders , Jacoba 13, Johannes 8, Marianne 6 en ń bediende het huis en al in ń diep gat verdwyn.

Die gat word vinnig groter, die wande verbrokkel en val in en rondom begin die grond kraak.

Die bure begin wanhopig wegvlug, party moet deur vensters ontsnap want die deure sit vas in die kosyne en kan nie oop nie.

Verstomde inwoners sien hoe dele van hulle huise in die gat inval en die een buurman se hele motorhuis verdwyn met motor en al.

Die gapende gat in die grond is ten minste 100 meter breed en minstens 20 meter diep.

Al wat van bo af sigbaar is, is rooi grond en stukke huis en van die inwoners se besittings.

Die grond is heeltemal onstabiel en bly instort en dit maak reddingspogings onmoontlik.

Die liggame van die Oosthuizen gesin kan nie herwin word nie en bly begrawe onder die hoop rooi grond.

Vrees pak die hele woonbuurt vas en die inwoners vlug almal na veiliger grond toe.

Party ontvlug met net hulle klere aan hulle lywe. Ander probeer hulle huise ontruim, maar hulle besittings moet hulle dra en met ń trollie vervoer want die grond is te onstabiel vir vragmotors en meubelwaens om nader te kom.

Alternatiewe blyplek moet vir minstens 170 gesinne gevind word. Woonwaens word gebruik, tydelike geboue opgerig en tente word opgeslaan by Blyvooruitzight se Ontspanningsentrum en by kerke.

Honderde nuuskieriges stroom van heinde en verre en noodsaak die sluit van alle toegangspaaie na Blyvooruitzight.

Die hele woonbuurt word toegekamp en die gat word met klippe vanaf die myn opgevul. Die klip word met ń vervoerband vervoer tot naby die gat waarvandaan stootskrapers dit in die gat in stoot.

Nadat die gat beveilig is, is die hele Westdene woonbuurt platgestoot.

WAT WAS DIE OORSAAK?

Die hele Westdene is in ń laagte op ñ dolomietformasie gebou, deel van die stelsel waarin die Sterkfonteingrotte is.

Ondergrondse water het ń groot gat uitgekalwe, ń ondergrondse meer, die Oberholzer-akwavir.

Die uitpomp van mynwater en water vir besproeiing het die meer leeggepomp en ń reuse gat of grot het ondergronds gebly.

Die bo-grond raak onstabiel en die dak van die grot of gat het omverwags ingestort en ń reuse sinkgat gevorm.

Verskeie sinkgate het in hierdie area al ingeval.

TANS:

Die dalende goudprys, arbeidsonrus, arbeidsgeskille en politieke onrus het ń negatiewe uitwerking op die hele goudmynbedryf.

Waar voorheen netjiese mynhuise en tuine was, is nou bouvalle en woestenye.

Interessant : Tans woon daar baie plakkers, haweloses en onwettige myners ( zama-zamas) in hierdie bouvalle en omgewing en maak area bitter onveilig. Duidelik onbewus van die tragedie wat hier afgespeel het in 1964.

Wees maar baie waaksaam as hierdie area besoek word.

MONUMENT/GEDENKPLAAT

Op die heuwel is ń gedenkplaat met name van slagoffers en herinnering aan die tragiese gebeure op ń reuse rots aangebring.

Die monument kyk uit oor die area waar die woonbuurt was.

ie inskripsie lees: GOD HET HULLE SELF TER AARDE BESTEL.

Gedenkplaat is verbasend nog daar.

Die Monument is verwaardloos en vergete.

Gelukkig nog nie grootliks beskadig nie, alhoewel die weerlig kort na oprigting die klip raakgeslaan het .

BRON: Internet. Eensgesind. F

oto’s: Gys Ströh snr Desember 2021. Willes vd Westhuizen Facebook

Maak 'n opvolg-bydrae