Fort Schanskop / Pretoria

Fort Schanskop

Pretoria

Naby Voortrekkermonument

Na die mislukte Jameson-inval 1896 het L Grunberg, ñ Franse artillerie offisier ZAR regering aangemoedig om Pretoria te versterk met forte. Toe ñ kaart met al die ZAR se toegangsroetes, spoorwegverbindings en verdedigingstellings in ñ Britse offisier se besit gevind is, is daar dadelik met beplanning en bouwerk begin. Grunberg was verantwoordelik vir beplanning van Fort Daspoortrand en 2 Duitse ingenieurs, OA van Dewitzen en HC Werner, vir die ander 3 forte. (Fort Schanskop, Fort Klapperkop en Fort Wonderboomspas).

1896 is die planne deur Paul Kruger goedgekeur en bouwerk is begin.

Schanskop is stategies so geplaas dat aanvalle uit Johannesburg afgeweer kon word.

Mei 1896 is begin met bouwerk by Fort Schanskop met hulp van 400 blankes en baie swartes.

Desember 1896 al beman deur ñ luitenant en 50 manskappe alhoewel fort nog nie heeltemal voltooi was nie.

Hierdie vyfhoekige fort is versterk met dik mure en staaldeure en tralies. Draaibare geskut op die fortwalle om aanvalle uit alle rigtings te kan afweer. Bogrondse telegraafdrade verbind fort met Pretoria en telegrafies verbind met Johannesburg en ook met ander 3 forte. Voorsien in sy eie elektrisiteit (paraffien enjin gekoppel aan ñ dinamo) en waterbehoeftes ( opgaartenk vir water wat uitgepomp word vanuit Fonteinedal). Groot soekligte ook aangebring.

6 April 1897 amptelik geopen.

5 Junie 1900 het Lord Roberts Pretoria ingeneem sonder dat een enkele skoot vanuit Fort geskiet is. Fort was reeds ontwapen , die Long Tom en Maxims reeds verskuif na die Natalse front en net een man was in fort om dit oor te gee.

Die Britte het die fort deeglik beman en bewapen tydens die ABO.

Na die ABO is forte leeg en verlate gelaat en groot skade is aangerig. 1922 is die forte oorgedra aan die Unie van Suid-Afrika.

1938 as historiese gedenkwaardigheid geproklameer.

Daar is eers begin met restourasie aan Fort Klapperkop en museum geopen.

Daarna begin met Fort Schanskop.

1970 – 1974 Eerste restourasie fase: Ontbossing en aanlê van voetpad. Nuwe staaldeure en staalluike moes gemaak word.

1974 – 1978 Tweede fase: Dak word waterdig gemaak en planne met afvoer van reënwater. Museum ingerig.

1978 Opening van militêre museum

2018 Besoek aan Fort Schanskop. Netjies en heelwat besoekers.

Fort Daspoort en Fort Wonderboom vervalle en verlate.

Bronne: Inligting by Fort Schanskop self.

Fotos; Gysbertus Johannes Ströh

Piet Joubert / Fort Schanskop

DriemanskapHeidelberg

Kommandant-Generaal Petrus Johannes Joubert. 1831-1900.

Bekend as Piet Joubert of Slim Joubert.

Piet Joubert is gebore 20 Januarie 1831 Oudtshoorn. 1838 trek hy as kind saam met Piet Retief se trek die binneland in. Hy was in bevel van die ZAR se verdedigingsmagte asook voorsitter van die ZAR se Fortboukomitee wat verantwoordelik was vir die bou van die 4 forte rondom Pretoria.

Piet Joubert het die Boeremagte aangevoer tydens die Eerste Vryheidsoorlog asook die begin van die ABO. Hy het die Boeremagte tydens die Eerste Vryheidsoorlog gelei tot oorwinning by Laingsnek, Ingogo (Schuinshoogte) en Majuba. Hy het geslaag om met ń klein swak-toegeruste burgermag sonder kanonne en met minder as 20 patrone vir elke burger, die Britte vernederend te verslaan.

Na die Eerste Vryheidsoorlog is hy as held beskou en speel ń prominente rol in die ZAR se geskiedenis, veral in die herwinning van vryheid 1881.

Piet Joubert was deel van die Driemanskap : Paul Kruger, Marthinus Wessel Pretorius en Piet Joubert wat veral protes aangeteken het teen die anneksasie van die ZAR.

Piet Joubert was Paul Kruger se grootste politieke teenstander maar is telkens by die stembus verslaan.

Met sy dood in Pretoria 28 Maart 1900 was sy loopbaan egter op ń laagtepunt aangesien hy nie doeltreffende leiding aan die begin van die ABO gegee het nie. Ten spyte van sy militêre vernuf en deeglike voorbereiding was hy uiters versigtig toe oorlog uitbreek en sy hele strategie was op verdediging ingestel. Hy het geen poging aangewend om die Boere se aanvanklike oormag te gebruik nie en nie tot aanval oorgegaan nie. Volgens oorlewering het hy gesê dat as God mens ń pinkie gee, jy nie die hele hand moet gryp nie. Hy was uiters gekant teen onbeplande aanvallende optrede want hy het geglo lewensverlies gaan te groot wees. Gulde geleenthede het verbygegaan en die Britse magte se versterkings het opgedaag en die Boereweerstand gebreek. Die Burgers het hom as verraaier beskou.

Piet Joubert het tydens ń veldslag blykbaar van sy perd afgeval en ernstige inwendige beserings opgedoen. Na Pretoria weggevoer waar hy gesterf het aan maagvliesontsteking agv sy beserings.

Pietersburg en Joubertpark in Johannesburg is na hom vernoem.

Die beeld van Piet Joubert is in 1971 voltooi, maar nooit onthul nie. Eers na die restourasie van Fort Schanskop is die beeld verskuif na sy huidige posisie waar hy oor Voortrekkermonument heen kyk. (1978).

Bron: Wikipedia, FAK, Brittanica, Fort Schanskop.

Fotos: Gys Ströh Snr

Maak 'n opvolg-bydrae