Voortrekkermonument / Simboliek / Seëls / Pretoria

Voortrekker Monument
Pretoria

Hierdie baken van graniet is op Monumentkoppie net buite Pretoria op Monumentkoppie opgerig ter nagedagtenis aan die Voortrekkers en die Groot Trek die binneland in in 1838.

Die idee het reeds in 1888 ontstaan maar daar is eers daadwerklik daaraan begin werk in 1931 met stigting van die Sentrale Volkskomitee (S.V.K.)
Die hoeksteen 16 Desember 1938 gelê en 11 jaar later 16 Desember 1949 is monument ingewy.
Monument is ontwerp deur Gerard Moerdijk in Art Deco styl met elemente van tradisionele Afrika simboliek ingewerk.
Binne word die geskiedenis van die Groot Trek uitgebeeld.
Hierdie indrukwekkende monument van granite is ongeveer 62 meter hoog en alhoewel dit nie een van die grootste monumente in dir wêreld is nie (slegs een sewe-en-twintigste van ń piramied) is daar wel daarin geslaag om die indruk van grootheid aan die besoeker tuis te bring. Die grootheid van die geweldige taak wat op die Voortrekkers se skouers gerus het.

Die Voortrekkermonument simboliseer dus die reuse taak en die ontsettende prys wat die voorvaders betaal het om beskawing en Christendom die binneland in te bring. “Die Monument is dus die simbool van die Afrikaner se eiendomsreg op die land.” Aanhaling uit die Amptelike program en gedenkboek 13 tot 16 Desember 1949.

Die Voortrekkermonument-seëls

Reeds in 1895 toe die hoeksteen van die Bloukransmonument in Natal gelê is, is besluit dat daar ‘n monument opgerig moet word ter ere van al die Voortrekkers. ‘n Komitee is gestig wat later tot niet gegaan het.

In 1909 is weer ‘n komitee gevorm wat fondse ingesamel het vir die terugkoop van die Voortrekkerkerkie op Pietermaritzburg en die komitee het besluit om hulle later te beywer vir die oprigting van ‘n monument ter ere van Piet Retief en die Voortrekkerleiers. Die Voortrekkerkerkie is teruggekoop en op 16 Desember 1912 aan die regering oorhandig en een van die voorwaardes was dat die komitee ‘n monument op die terrein van die kerkie mag oprig. Die komitee was onder die indruk dat die Regering vir so ‘n monument sou bydra. Ongelukkig het die Wêreldoorlog gekom en die monument se saak was vir ‘n paar jaar hangende. Verskeie pogings is aangewend maar eers in 1931 is besluit om die Sentrale Volksmonument Komitee (SVK)  te stig met opdrag om ‘n waardige monument op te rig met mikpunt om die monument te onthul 16 Desember 1938 tydens die eeufeesvieringe. Die SVK het dadelik aan die werk gespring maar dit was depressietyd en die publiek kon nie op groot skaal bydra vir die monument nie. Met die goedkeuring van die Regering is posseëls uitgegee wat elke een in staat sou stel om deur die koop daarvan iets tot die fonds by te dra. In samewerking met die regering is op die terrein buite Pretoria besluit.

Die Voortrekkermonument- seëls

Hierdie stel seëls was die eerste posseëls waarmee fondse ingesamel is vir die oprigting van die Voortrekkermonument. Die seëls is in 1933 in omloop gebring en op 31 Oktober1938 gestaak toe die Eeufees- en herdenkingsseëls uitgebring is.

Die stel het uit 4 posseëls bestaan wat elkeen ‘n portowaarde sowel as ‘n monumentfondswaarde gehad het. Elke seël het 2 waardes opgehad om aan te dui watter deel vir boufonds aangewend sou word.

d. Duwweltjie, of Pennie

1d. seël      ( ½d. porto + ½ fonds)

1½d. seël   ( 1d. porto + ½ fonds)

3d. seël      ( 2d. porto + 1 fonds)

4½ d. seël  ( 3d. porto + 1½ fonds)

Hierdie stel seëls was om die beurt in Afrikaans en Engels gedruk.

Die 1d. seël was groen met die Geloftekerk te Pietermaritzburg daarop afgebeeld.

Die 1½ d. seël was pienk met ‘n afbeelding van ‘n kakebeenwa wat met moeite oor ‘n  steil gevaarlike berg gaan. Die ou Cradock-pas, een van die eerste bergpasse om George met Oudshoorn te verbind.

Dir 3d. seël was pers met die beeld van ‘n turende burgerwag wat sit (soos een van die 4 figure op die Krugerstandbeeld ook).

Die 4½d. seël was blou met ‘n peinsende Voortrekkervrou.

Soms is hierdie seëls op koeverte van die Ossewatrek-briefpos geplak.

Sien bygaande fotos verkry van JB Haarhoff wat onthou dat hy die seëls in  

Des 1938 op Worcester se plein voor die kerkgebou gekoop en gepos het in ‘n wa-kis. Hy onthou ook die lang baarde van al die manne en die kappies en voortrekker rokke van die vrouens. Baie Volkspele is gedoen en hulle het ook by die kerk ‘n klipstapel gepak.  Hierdie seëls het hy  nog al die jare bewaar as kosbare kleinood.

Die 1949-Inwydingseëls

Met die oog op die inwyding van die Voortrekkermonument Desember 1949 is weer ‘n stel spesiale seël uitgegee.

Drie spesiale seëls is ontwerp deur die bekende kunsskilder WH Coetzer.

Die 3 seëls 1d. ,1½d. en 3d. is in omloop gebring, elkeen net vir die portowaarde, dus geen bydrae vir die fonds nie.

1d. seël: 

Pienk seël met die Voortrekkers wat trek in die rigting van Natal. In agtergrond is die Kerkenberg naby Harrismith. Die storm en weerligstrale agter Kerkenberg simboliseer die moeilikhede wat die Voortrekkers moes trotseer

(oa Retief- en Bloukransmoorde). Op Voorgrond is ‘n Vootrekkerdogter wat ‘n swak lammetjie optel en dra.

1½d. seël

Groen seël met die Voortekkermonument afgebeeld. Omraam deur die gewel van die Geloftekerk om hulde aan die Here te bring vir oorwinning by Bloedrivier. Aan weerskante van die gewel is twee skildvelle en in die boonste hoeke kruithorings om wapens van Zoeloes en Voortrekkers voor te stel. Die juk onder versinnebeeld diens. Die simboliek van hierdie seël is: die hulde aan die verlede en die hulde van die hede.

3d. seël

Blou seël in drie panele. Op die linkerpaneel is ‘n Voortrekkermoeder en haar kind met ‘n ooi en haar lam en in die agtergrond is die Drakensberge (Cathkin-piek).

Op die regterpaneel is ‘n trekker te perd met sy getroue hond. Almal kyk in rigting van Natal.

Middelste paneel het ‘n oop Bybel wat die Voortrekkers se geloof simboliseer. Die kandelaar (soos deu r Trekkers gebruik) en kers stel die Lig voor wat die Trekkers  gebring het in die onbeskaafde dele waardeur hulle getrek het. Rondom die  lig is skildvelle en dreigende assegaaie van die verskillende stamme, gerangskik in die kenmerkende vorm van 2 horings ( knyptangbeweging) van ‘n tipiese Zoeloe-aanval. Weerskante van die Bybel is die afbeelding van die ploegskaar wat die Trekkers gebruik het wat die vrugbaarheid en ontwikkeling voorstel wat deur hulle trekke in die land bewerkstellig is. Langs die 2 sykante is ewewydige lyne wat die diep spore voorstel wat die Voortrekkers nagelaat het.

Sien meegaande 2 koeverte, gepos deur Mnr P van Wyk by die Voortrekkemonument en gepos is na Durban 16 Desember 1949.

Bron: Inwyding van die Voortrekkermonument. Amptelike Program en gedenkboek. Pretoria 13 tot 16 Desember 1949.

Simboliek van die Voortrekkermonument.
1. Assegaaihek
Swart gietysterhek gegiet in die vorm van assegaaie. Dit stel die mag van Koning Dingaan, die Zoeloekoning, voor wat die weg na die binneland vir Voortrekkers versper het.

2. Walaer.
64 waens van stukkies marmer, graniet en sement wat ń laer vorm. Noukeurige afbeeldings van die kakebeenwaens ,4.6 m lank en 2.7m hoog, waarmee Voortrekkers binneland ingetrek het. Tydens Slag van Bloedrivier het walaer van 64 waens beskerming en verdediging gebied. Walaer hier verleen simbolies beskerming aan Voortrekkermonument.

3. Moeder- en kindbeeld
Brons beelde is deur Anton van Wouw ontwerp. Voor die hoofingang is die Voortrekkermoeder met haar 2 kinders 4meter hoog. Simbolies van die hele gesin wat getrek het die binneland in en die groot rol wat kinders en vroue gespeel het in die uitdra van beskawing, kultuur en Christendom die land in.

4. Hoekfigure.
Op die 4 hoeke van die Voortrekkermonument is reuse granietbeelde 5.5 m hoog. Dit stel die Voortrekkerleiers voor naaamlik Piet Retief, Andries Pretorius, Hendrik Potgieter en dan die vierde hoek Die Onbekende Voortrekkerleier wat al die ander leiers simboliseer soos Louis Tregardt, Sarel Cillers, Piet Uys, Gerrit Maritz.

5. Hoeksteen
16 Desember 1938 deur direkte nasate van Voortrekkerleiers Andries Pretorius, Piet Retief en Hendrik Potgieter gelê. In die hoeksteen is die volgende toegemessel: Eksemplaar van Jan van Riebeeck se dagboek, afskrif van Piet Retief se ooreenkoms met Dingaan, afskrif van die gelofte voor Slag van Bloedrivier, ñ Statebybel en afskrif van Die Stem.

6. Swartwildebeeste
Weerskante van die Moeder- en kindbeeld is twee swartwildebeeste in die granietmuur uitgebeeld. Simbolies van Dingaan se krygers (” Dit is my regiment van wildebeeste”) en die gevaar wat hulle vir Voortrekkers ingehou het. Simbolies van gevare wat vandag nog volk bedreig.

7. Buffelkop
Buffelkop van graniet pertinent voor. Buffels word beskou as gevaarlikste verdedigers in SA dierelewe. Simbolies verdedig die buffelkop die Voortrekkermonument teen aanslae van buite.

8. Sigsag-patroon.
Driehoekvormige depressies bo om die monument. Hierdie lysie rondom die monument simboliseer vrugbaarheid , ontwikkeling, vooruitgang van die kultuur wat die Voortrekkers saamgebring het. Volgens Gerard Moerdijk, die argitek, is hierdie sigsag-patroon in ou bouwerke en geskrifte gebruik om water as simbool van vrugbaarheid voor te stel.

Bronne. Amptelike program en gedenkboek Pretoria 13 tot 16 Desember 1949.
Das Voortrekker Monument Pretoria.
Voortrekkermonument Pretoria SA. Besoekershandleiding.

Deursnee en Simboliek.

ń Groot Kiaatvoordeur verleen toegang tot hierdie granietmonument.
By intrede stap die besoeker in die groot Heldesaal van die Monument in. Vier groot boogvensters van geel Belgiese glas aan die kante en die marmervloer met sirkelpatrone is indrukwekkend. In die Heldesaal is ñ marmerfries, 92m lank, 2.3 m hoog en weeg 200 ton. Dit beeld in basreliëf die Geskiedenis van die Trekkers uit vandat hulle die Kaap verlaat het totdat die Republiek met die Sandrivier-konvensie erken is in 1852. Die fries bestaan uit 27 panele, ontwerp deur verskillende beeldhouers maar tog vorm dit ń unieke eenheid.

Onder in die Monument, onder die Heldesaal is ń groot saal , die Senotaafsaal, wat die sarkofaag bevat, die simboliese rusplek van Piet Retief en sy manskappe. Daar vind ons ook die brandende vlam sowel as ń kosbare uitstalling van die lewe en gebruiksartikels van die Trekkers.

Bokant die Heldesaal is ń koepel met ń groot ronde opening in die middel wat oordek word deur ń tweede koepel, groot genoeg om hele monument te oordek. ñ Klein opening in laasgenoemde koepel laat ń sonstraal op die middag van 16 Desember deur al die verdiepings val op die Sarkofaag.

1. Vloer van die Heldesaal
Die Heldesaal se marmervloer is bedek met wyer wordende sirkelpatrone wat watergolfies voorstel nadat ń klip in die water gegooi is. Dit simboliseer die verspreiding van die gees van opoffering wat van die Voortrekkers uitgegaan het en die gevolge wat die hele land gevul het.

2. Koepels
Bokant die Heldesaal is ń koepel met ń groot ronde opening in die middel. Bokant hierdir koepel is ń tweede koepel wat die aardbol voorstel. Hierdie koepel oordek die hele Monument en is simbolies vam die omvang van die omvang van die Voortrekkers se tog na die binneland.

3. Vlam
Tydens die eeufeesviering van die Groot Trek in 1938 is ń landswye fakkelloop deur die jeugbeweging Die Voortrekkers gehou. Die fakkelloop het by die Voortrekker Monument geëindig en een van die fakkels is vir bewaring in die Monument in ontvangs geneem. Vandag word die vlam van die fakkel in ń bronslamp binne ñ marmernis in die Senotaafsaal bewaar. Die vlam gedenk die Voortrekkers se bydrae tot ontwikkeling in die binneland.

4. Senotaaf/Sarkofaag
Die woord senotaaf is ontleen aan die Griekse Woorde kenos wat leeg beteken en taphos wat graf beteken. ń Senotaaf is dus ń leë graf teenoor ń sarkofaag wat verwys na ń graf met oorskot daarin. Hierdie senotaaf is uit rooi graniet gemaak en dui dus op die simboliese rusplek van Pier Retief en al die ander Voortrekkers wat tydens die Groot Trek gesterf het. Die senotaaf vorm die sentrale fokuspunt van die Monument. Bo-op die senotaaf is die woorde “Ons vir jou Suid-Afrika “, ń strofe uit Suid-Afrika se eertydse Nasionale Volkslied, Die Stem.

5. Die Sonstraal
In die boonste koepel van die Monument is ń opening waar die son deur skyn. Elke jaar op 16 Desember (die dag waarop die Slag van Bloedrivier in 1838 plaasgevind het) om 12 uur skyn ń sonstraal deur die opening in die boonste koepel op die Senotaaf en verlig die woorde “Ons vir jou Suid-Afrika”, die woorde uit Die Stem. Die sonstraal is simbolies van God se seën wat op die werk en strewe van die Voortrekkers gerus het.
Gerard Moerdijk, die argitek van die Voortrekkermonument het ń skaalmodel van die Monument gebruik om die posisie van die son tydens die opening van die Monument in 1949 te bepaal en in wese fuksioneer die Monument as ń groot sonwyser.
16 Desember is vir jare lank gevier as Geloftedag, maar sedert 1994 met oorgangsregering na ń nuwe SA is dit bekend as Versoeningsdag. Groot hoeveelhede mense stroom egter nog jaarliks op 16de Desember na Voortrekkermonument om die gebeurtenis te aanskou en due Gelofte te herdenk en oral oor in SA word Geloftedag nog steeds gevier deur die nasate van die Voortrekkers.
Bron.
Amptelike program en Gedenkboek 13 tot 16 Desember 1949.
Das Voortrekkermonument
Voortrekkermonument Besoekershandleiding

Ontwerp deur Gerhard Moerdijk.
Wat het hom geïnspireer?
Daar is verskillende gedagtes hieroor.

In amptelike program van inwyding 1949 word die grootte van die Voortrekkermonument vergelyk met die Praalgraf opgerig vir koning Mausulus, die Mausoleum van Halikarnassus Turkye. Die praalgraf is as voorbeeld gebruik vir baie ander praalgrafte. Ook vergelyk met Völkerschlachtdenkmal Leipzig Duitsland ook bekend as Monument to the battle of the Nations. Duidelik ooreenkomste hier sigbaar.
Kyk meegaande fotos.

Moerdijk het as gedaghebbende sy ontwerp verduidelik as ń heiligdom. Die geweldige poging begin 1932 en eindig 1949 met inwyding. In die eerste aanvanklike sketse is die ontwerp duidelik beïnvloed deur antieke Egiptiese praalgrafte en argitektuur. Heelwat kritiek is hierop gelewer. In die 2de aangepasde ontwerp 1936 is die grondstruktuur gehandhaaf maar Moerdijk noem dit ń heiligdom en skuif die Abraham altaar in die hart van die gebou in.

Volgens Dolf Brits van Fakulteit Teologie Univ Pretoria se artikel in Litnet Akademies is die gevolgtrekking dat die Egiptiese tempel die grond-idee was, maar bied ń simboliese tuiste vir die triomf van die Voortrekkergeskiedenis. ń Tempelheiligdom met altaar as hart van gebou. Abraham ontvang dus die eersgeboortereg op die ontwerp en Farao word vergelyk met die grootsheid en statuur van die gebou.

Volgens die Amptelike program en Gedenkboek van die Inwyding kry ons die volgende verduideliking:
Dit was ń baie moeilike taak om ń waardige monument daar te stel om die karakter en die roepingsdaad van die Voortrekkers te vertolk en hulde daaraan te bring. Die gedagte het ontstaan: Wat sou die Voortrekkers doen as hulle self die monument moes bou? Die antwoord was duidelik. Hulle sou na die Bybel gaan en daar soek. Gelyke omstandighede vind ons by Abraham wat uit Ur moes trek na ń nuwe land. Wat doen Abraham? Hy bou ń altaar. Dit is wat Voortrekkers sou doen, ń altaar bou. Daarom is die altaar die sentrale gedagte van die Voortrekkermonument.
Naas die hulde aan die dade en betekenis van die Voortrekkers om beskawing en Christendom die binneland in te dra is ook gepoog om die grootsheid van Afrika te versinnebeeld. Afrika is ń groot vasteland, sy grootsheid is oorweldigend en laat die werke van mensehande nietig lyk. Net een volk, die Egitenare, kon uitdrukking gee aan die grootsheid en geweldigheid van Afrika. In die Voortrekkermonument is gepoog om iets van grootheid weer te gee, grootheid van Afrika, grootheid van die dade en geloof van die Voortrekkers. ń Geslaagde poging.

Dit is hoe dit op 31 Mei 1966 by die Voortrekkermonument gelyk het toe die nuwe republiek se vyfjarige bestaan gevier is. Uit die Huisgenoot van 25 Desember 1966

(Toeskouer se Herinneringe/Facebook): Weermag en vloot het verby marsjeer, Jeeps, vragmoters, grofgeskut, lugmag het oorvlug gehad met Impalas, Bucaneers, Mirages DC 10’s, Harvards en ek dink daar was ook ń Sabre uit die dae van die Viëtnamese oorlog (1953).
Tydens die verbymars het ń brigadier ń hartaanval gehad in die voertuig en gesterf.
DIT WAS WARM.
DIT WAS LANK.
ONS WAS DORS.
ONS WAS VERBRAND.
ONS WAS TROTS.
ONS WAS BAIE TROTS.
ONS VIR JOU, SUID-AFRIKA.

Maak 'n opvolg-bydrae