Fort Mistake Dundee

Fort Mistake

Dundee (12 km)

Berg Mkupe

Mkupepas tussen Newcastle en Ladysmith

Mkupe is ń Zoeloewoord wat beteken Die arend se nes.

In 1879 en in 1881 tydens die Anglo-Zoeloe oorlog en die Anglo Boereoorlog of te wel die Eerste Vryheidsoorlog was hierdie ń belangrike sleutelpunt vir die Britse leër. Dit was hulle voorraadlyn tussen die militêre hoofkwartier in Pietermaritzburg en die basisse op Newcastle en Dundee. Dit was ook die kortste roete na Ladysmith en ń belangrike posisie om te beskerm teen die Boeremagte sodat hulle nie die kommunikasielyne verbreek nie.

Na die rampspoedige gebeure by Majuba het Colonel Sir Evelyn Wood opdrag gegee om ń reeks forte te bou op hierdie strategiese roete na Natal oa by Sondagsrivier, Mkupe, Dannhauser, Ngagane en Newcaste self. By Berg Mkupe is die fort gebou op ń klein uitstaande heuwel wat as One Tree Hill op die kaart aangedui is.

Waarom dan die naam Fort Mistake?

Daar is ń paar teorieë:

1. In 1879 was daar nie behoorlike kaarte van omgewing nie en onkundige Britse troepe wat eintlik Zoeloeland wou bespied, het die fort op die verkeerde kant opgerig met uitsig Transvaal kant toe.

2. Die onkundige Britte het die fort gebou waar daar geen water is nie

3. Gebou deur gevange troepe

4. Dit was genoem Fort Carey, maar ñ jaloerse buurman het dit as ñ fout beskou

En

5. Die mees waarskynlike: ń karterings fout.

In 1897 word in Majoor Henderson se verslag genoem dat 2 forte oor hierdie roete waak nl Fort One Tree Hill en Fort Mkupe maar in sy meegaande skets is slegs een Fort aangedui wat hy noem “Fort Overlooking the Newcastle road.”

Die “Mistake” is die fout van ń onbekende kartograaf. Tot en met 1910 is One Tree Hiil altyd aan die oostekant van die pad aangedui en die woorde Berg Mkupe groot aan die westekant van pad. Maar na 1910 is die naam Mkupe nie meer daar nie en One Tree Hill word daar ingeskryf.

In 1924 toe WITS Universiteit hierdie merkwaardige fort verken en as Nasionale Monument laat verklaar was die naam Fort Mistake al gevestig.

Fotos en inligting: Desember 2018 Fort Mistake Country Lodge.

Maak 'n opvolg-bydrae