Liebenberg Moorde Kopjeskraal Liebenbergkoppie Parys. Slag van Vaalrivier

  • Parys Groot Trek

Kopjeskraal

Gedenksteen by Liebenbergkoppie/ Moordkoppie.
Parys

22/23 Augustus 1836

Liebenbergmoorde

Slag van Vaalrivier

Liebenbergkoppie/Moordkoppie

Kopjeskraal

Parys

Vrystaat

Hendrik PotgieterTrekleier:

Hendrik Potgieter se trek laat hy agter by die Vetrivier (Theunissen distrik).Potgieter en ń aantal van die Trekkers vertrek Mei 1836 na die binneland om verkenning te doen en om die roete vooruit te beplan. Hy volg die roete van Louis Trichardt. Hendrik Potgieter versoek voor sy vertrek sy Trek om bymekaar te bly tot hulle terugkeer terwille van veiligheid. Die land is nou wel verlate, maar is die jagveld van Silkaats se Matabeles wat baie verder noord woon en hulle is bekend daarvoor dat hulle uiters ongenadig opgetree het teenoor ander stamme. Die verlate statte, die beendere daar by die krale getuig van vroeëre slagtings.

Trekkers versprei:

Na Hendrik Potgieter se vertrek het verskeie Trekkers die laer verlaat en na beter weivelde beweeg aangesien weiding vir sulke groot troppe vee deurgaans maar ń probleem was. Die Trekkers het versprei oor die area al langs die Vaalrivier.

Barend Liebenberg:

Barend Liebenberg het sy groep se sowat 9 waens laat uitspan aan die voet van ń koppie, langs die Vaalrivier.(Reg oor die hedendaagse Parys.) Hierdie koppie sal later bekend staan as Moordkoppie of Liebenbergkoppie. Sy geselskap het bestaan uit 6 mans, 5 vrouens, 22 kinders en ń aantal bediendes.Botha, Steyn, Fourie, Kruger en andere se laers.Ietwat suid van die Liebenbergs vestig hierdie gesinne hulle ook.

Erasmus se jagtog:

Stephanus Pieter Erasmus en sy 3 seuns het Junie 1836 saam met ń klompie manne en gekleurdes op ń olifantjagtog gegaan. Hulle span hulle 5 waens langs die Vaalrivier uit en laat die kamp in die hande van die gekleurdes om ietsie vir die pot te gaan skiet.By hulle terugkoms vind hulle ń angswekkende toneel. Sowat 600 Matabeles het hulle waens omsingel, besig om almal uit te moor. Hulle probeer om by hulle waens uit te kom, maar die oormag is te groot.Erasmus en sy seun Pieter besef die gevaar waarin die Tekkers langs die Vaalrivier verkeer en jaag na hulle toe om hulle te waarsku, sowat 50 km.

Liebenbergtrek:

Erasmus bereik Barend Liebenberg en sy trek laat die nag en waarsku hulle teen naderende Matabeles voordat hulle verder te perd jaag.Barend en sy mense wag tot dagbreek voor hulle begin inspan. Skielik is die Matabeles op hulle. Stephanus Liebenberg se wa is reeds ingespan. Die osse raak op loop en jaag met sy vrou en 4 kinders tussen die Matabeles in. ń Hewige geveg breek los, die manne is omsingel , die laastes vlug teen die koppie op om hulleself te verdedig, maar die oormag was te sterk. Een van die bediendes slaag wel daarin om te ontvlug met 2 klein kindertjies en skuil in die bosse tot hulp opdaag. Meeste van die Liebenberg groep word gedood. 6 mans, 2 vrouens, 6 kinders en 12 bediendes sterf hier.Jan du Toit se 4 kinders ontkom wonderbaarlik, hulle het doodstil in die wa bly lê en is nie deur die Matabeles daar raakgesien nie.Jan du Toit se vrou en hul baba is later lewend gevind waar hul vasgepen in die grond was met ń assegaai wat hulle deurboor het. Die Matabele impis het twee dogtertjies ontvoer en saam met hulle geneem asook Barend Liebenberg se seun Christiaan. Die Trekkers het jare lank daarna nog vrugteloos gesoek na die 3 kinders, hulle lot onbekend. Die impis neem al die vee ook saam met hulle.

Redding:

Hendrik Potgieter het sy broer Hermanus Potgieter op hul terugtog vooruit gestuur om vars perde te kry. Jacobus Hamman sien ń klein seuntjie tussen die Matabeles, jaag skietend tussen hulle in en gryp die seuntjie en jaag ongedeerd tussen hulle uit. Dit was die 10- jarige Bennie Liebenberg, seuntjie van Stephanus Liebenberg, wat deur die Matabeles gevang is daar waar hy by die skape was. Hermanus Potgieter en sy groepie slaag daarin om 2 vrouens en 16 kinders te red. Interessant is dat Hester Sophia (Pienaar) Liebenberg hierdie moorde oorleef. By Bloukrans was sy weereens in die slagting betrokke en het 19 assegaaisteke gekry voordat sy skuiling in ń boom gevind het.

Laer by Kopjeskraal:

Die res van die Trekkers het ondertussen na die waarskuwing van Erasmus onmiddelik begin om laer te trek en voor te berei vir ń moontlike aanval. Hulle was nog onbewus van die lot van die Liebenbergs. By Kopjeskraal trek hulle die waens in ń halfsirkel met die oop kant teen die vinnig vloeiende Vaalrivier. Die 17 jarige seun van Lukas Bronkhorst spring op sy perd en jaag na die Liebenbergs om hulle te waarsku, hy het ook vermis geraak.

Slag van Vaalrivier 23 Augustus 1836:

Stephanus Erasmus (jagter) en klompie manne vertrek uit die laer om te gaan kyk wat van hulle waens en helpers oorgebly het. Op pad gewaar hulle die naderende Matabeles wie se getalle nou aansienlik gegroei het en minstens 1000 sterk was. Hulle jaag terug en waarsku die laer.Ongeveer 9 uur die oggend daag die Matabeles op. Tienuur bestorm hulle die laer. Ry op ry. Die Trekkers skiet sarsie vir sarsie. Lopers ploeg deur die aanstormende massas. Die geveg hou aan tot ongeveer 3 uur die middag toe die Matabeles terugtrek. Twee kommandos word uitgestuur. Een om die Matabeles te verdryf en die ander na die Liebenbergs om te gaan help. Hulle red die oorlewendes, neem die dooies saam na hulle laer by Kopjeskraal om daar te begrawe. Dit sou te gevaarlik wees om hulle daar by die Liebenbergkoppie te begrawe.

Hendrik Potgieter:

Twee dae later, na die Slag keer Hendrik Potgieter en sy manne terug van hulle verkenningstog.

Vegkop:

Hierdie gebeure het direk gelei tot die Slag van Vegkop waar Silkaats en sy Matabeles se mag gebreek is. Strafekspedisies het hulle laat vlug tot in huidige Zimbabwe waar hulle steeds vandag is. Interessant is dat Piet Botha, Hendrik Potgieter se swaer saam met Hermanus Steyn in bevel was tydens die Vaalrivier. Piet Botha oorleef die Slag van Vaalrivier, maar is een van 2 Trekkers wat sterf op Vegkop.

Bronsplaat:

Teen Liebenbergkoppie is ń bronsplaat opgerig ter gedagtenis aan hierdie wrede aanval en groot groep mense wat gesterf het.

Klipplaat:

By Kopjeskraal het 3 persone van die GGSA Vaal tak, David van der Merwe, Valerie van der Merwe en Hennie Steyn, na deeglike ondersoek ń gedenksteen opgerig by die Liebenberggrafte. Die klip is afkomstig vanaf die Liebenbergkoppie (260 kg) en is met groot moeite gesny, geslyp en grafeer en na die grafte op Kopjeskraal geneem. Onthul 2011.

Augustus 2021:

Augustus 2021 besoek FAK Vaaldriehoek Kultuurnetwerk en FAK Vrystaat Kultuurnetwerk Liebenbergkoppie en Liebenberggrafte by Kopjeskraal. Kranse en blommetjies word gelê vir die dapper Trekkers en ook spesiaal vir David en Valerie van der Merwe en Hennie Steyn wat soveel gedoen het om hierdie stukkie geskiedenis te bewaar vir die nageslag. Ks

Bronne: Internet. GGSA.

Koppie sowel as grafte is ongelukkig op privaatgrond en kan net met toestemming besoek word.

Fotos: Gys Ströh snr Augustus 2021

Sterftes by Liebenbergkoppie

deur Hennie Steyn en Celia Fourie

 

Agtergrond van die aanval op die Liebenbergs op 23 Augustus 1836.

Hendrik Potgieter se trek bereik die Vetrivier ten suidweste van die huidige Theunissen en die geselskap vertoef hier ‘n geruime tyd. Met die oog op weiding vir die groot troppe klein- en grootvee verdeel die trek nou in kleiner trekke. Op 24 Mei 1836 vertrek Potgieter met ‘n ekspedisie om die binneland vir nedersettings-doeleindes te verken. In sy afwesigheid versprei die Trekkers oor die grasvlaktes tot aan die Vaalrivier. Twee groepe het selfs deur die rivier getrek.

Barend Liebenberg en sy groep Trekkers vestig hulle reg teenoor die huidige Parys, terwyl Johannes Botha, Hermanus Steyn, Lucas Bronkhorst, en andere ietwat suid van Bronkhorst op die walle van die Vaalrivier laer trek.

Veldkornet Stephanus Pieter Erasmus van Aliwal Noord het in Junie 1836 ‘n olifantjagtog saam met familie en vriende in die gebied oorkant die Vaalrivier onderneem. Die geselskap het met hul vyf waens naby die Vaalrivier gekamp. Benewens Stephanus was daar ook sy drie seuns, (Stephanus Petrus, Daniel Elardus en Pieter Ernst), Pieter Bekker en sy seun, Johannes Claasen en Carel Kruger en ‘n aantal gekleurdes. Erasmus-hulle laat die kamp en diere in die sorg van die bediendes om in drie groepe jag te maak vir die pot.

Teen die aand keer Erasmus en sy een seun terug en hoor ‘n vreesaanjaende lawaai by die kamp. Daar aangekom sien hulle hoe nagenoeg 600 Matebele-krygers die kamp omsingel en besig is om die gekleurdes uit te moor en die kamp te plunder. Erasmus het twee maal gepoog om by die waens uit te kom, maar was deur die Matebeles verhinder. Later het dit geblyk dat Claasen vermis was, die twee ander Erasmus seuns saam met Kruger ontvoer en vermoor was en dat Bekker en sy seun die slagting ontkom het.

Die aanvoerder van die Matebeles het die geroofde waens na sy stat teruggestuur en daarna in die rigting van die Trekkers gehardloop om hulle aan te val. Erasmus en sy seun Pieter het met groot spoed te perd die sowat 50 kilometers na die naaste Trekkers in vyf ure afgele. Die jagters het die Maandag-oggend by Potgieter se Trekker aangekom wat al langs die noordoewer van die Vaalrivier in verspreide kampies gestaan het. Erasmus het die mense van die naderende gevaar ingelig en gewaarsku om dadelik laer te trek. Heelwaarskynlik het die Bekkers ook die nag na die Trekkers gejaag.

Piet Botha en Hermanus Steyn was in bevel van Hendrik Potgieter se kamp en het toe inderhaas laer getrek en voorbereidings getref om ‘n aanval af te weer. In die laer was daar onder andere Jacobus Hamman, Daniel Kruger, Stephanus Fourie, die Taljaardfamilie, Lucas Bronkhorst en die familie van kommissielid J.G.S. Bronkhorst.

Die Liebenberg geselskap het ‘n halfuur te perd (ses kilometer) verder in ‘n oostelike rigting langs die Vaalrivier in nege waens gekamp. Die groep het bestaan uit ses mans, vyf vroue, 22 kinders en ‘n aantal bediendes. Die Liebenbergkamp was omtrent 100 tree van die rivier aan die voet van ‘n koppie, wat later die naam “Moordkoppie” of “Liebenbergkoppie” sou dra.

Erasmus en sy seun bereik die Liebenbergs laat daardie nag en waarsku hulle oor die dreigende gevaar. Die Liebenbergs het nie gehoor gegee aan hierdie waarskuwing nie en het daarom nie betyds laer getrek nie. Hulle word teen die oggend van 23 Augustus 1836 onverhoeds deur ‘n groep Matebeles aangeval terwyl hulle besig was om in te span.

In die verwarring wat gevolg het, het die osse met die wa waarin Stephanus Liebenberg se vrou en kinders was, reguit in die hande van die aanvallers op loop gegaan. Die Matebeles het hulle laat afklim en hul wa deursoek, aangesien hulle op soek was na trekkermans en buit. Die mans van die Liebenberg geselskap het die Matebeles tegemoet gejaag en afgespring om op hulle te vuur. Van die perde het vanwee die rumoer weggehardloop, waarna van die mans deur die aanvallers omsingel en doodgemaak was. Enkeles wat na hul waens teruggehardloop het, was ingehaal en doodgesteek. Van die bediendes het in die bosse verdwyn en een vroulike bediende het met twee klein kinders in die bosse gevlug waar sy geskuil het totdat hulp later opgedaag het.

Sterftes by Liebenbergkoppie

In die daaropvolgende geveg tussen die Matebeles en die Liebenbergs was ses mans, twee vroue en ses kinders wreedaardig om die lewe gebring. Die een-en-sewentigjarige Barend Liebenberg en sy drie

seuns, Stephanus, Barend en Hendrik word met assegaaie doodgesteek. So sterf ook Hendrik Liebenberg se vrou en sy skoonseun, Jan du Toit, die Skotse skoolmeester, McDonald, vier kinders en twaalf bediendes. Sommige in die groep ontkom wonderbaarlik: Jan du Toit se vier kinders wat doodstil gele het in ‘n wa waar die swartes hulle nie opmerk nie; Jan du Toit se vrou en ‘n kind in haar arms word albei met ‘n assegaai getref en teen die grond vasgepen. Albei oorlewe, maar Mev Du Toit sterf later.

Christiaan Liebenberg wat tydens die gebeure saam met Potgieter op ekspedisie is, se vrou word swaar gewond. Die impi’s vertrek met al die diere, twee meisies en Barend Liebenberg se seun, Christiaan. Die lot van die kinders het nooit bekend geword nie. Die Boere sou vir jare daarna vrugteloos na die ontvoerde kinders soek.

Stephanus Liebenberg se vrou en vier kinders is in ‘n wa wat reeds ingespan is. In die harwar sit die osse op loop met die wa terwyl Matebeles dit agtervolg. Die vrou en kinders word uit die wa gehaal, maar nie gedood nie. (Daar is heelwat meningsverskil met betrekking tot die lot van haar vyf kinders en die aantal wat gedood was wissel van geen gedood tot een of twee gedood.)

Een van haar kinders, die tienjarige Bennie was in die veld saam met die skape deur die Matebeles gevang. Vyf kommissie-lede was saam met Hermanus Potgieter, Hendrik se broer, na die Vaalrivier-kampe gestuur om vars perde te gaan haal. Hulle het net te laat opgedaag om die Liebenbergs op die dag van die aanval te help. Maar hul aankoms het verhoed dat ‘n verdere twee vroue en sestien kinders van die Liebenberg geselskap vermoor was. Hulle was ook betyds om klein Bennie uit die kloue van die moordenaars te red. Jacobus Hamman van Steyn se groep het die jong Bennie tussen die Matebeles opgemerk, waarna hy op die aanvallers afgejaag het. Hy het die Matebele by Bennie platgeskiet en die kind uit die hande van sy ontvoerder gered.

Kopjeskraal

Johannes Botha en Hermanus Steyn het hulle laer by Kopjeskraal in ‘n halfsirkel getrek, met die oop gedeelte aan die vinnig vloeiende Vaalrivier se kant. Dolf, die 17-jarige seun van J.G.S. Bronkhorst, bied aan om die Liebenbergs weereens te gaan waarsku; hy vertrek te perd en raak vermis.

Intussen besluit Stephanus Erasmus om met elf man van die Botha-laer sy kamp te besoek. Hulle bemerk egter die aanstormende horde Matebeles en jaag terug laer toe om Botha-hulle te waarsku. Die Trekkers maak gereed. Teen nege-uur verskyn die Matebele-impi wat nou aangegroei het na 1 000

krygers. Hulle hou terug tot ongeveer tienuur toe hulle met die geskal van hulle oorlogskrete ‘n storm-loop loods. Die stormlope duur tot nagenoeg drie-uur die middag en die krygers word telkens deur soveel geweervuur begroet dat hulle uiteindelik terugtrek.

Twee kommando’s sit hulle agterna – een in die rigting van die verwoeste Liebenbergkamp waar die oorlewendes gered word. Die gesneuwelde Trekkers word begrawe en hulle waens saamgeneem. Twee dae na die slagting word geweervuur gehoor wat die terugkoms van Hendrik Potgieter en Sarel Cilliers met die lede van hulle ekspedisie aankondig. As dit nie vir Stephanus Erasmus was wat gaan jag het sonder toestemming nie sou die Matebeles nie vandag in Zimbabwe gesit het nie. Die groot slag het van daardie kant af gekom en die Voortrekkers het hulle by Vegkop verslaan.

Voortrekkergrafte op Kopjeskraal

Die huidige eienaars se vader, Dr Theron het die plaas 40 jaar gelede gekoop en die vorige eienaars het vir hulle gese dit is Voortrekkergrafte wat hier le. Hierdie oorlewering is van geslag na geslag oorgedra. Dit is egter nooit opgeskryf dat hier Voortrekkergrafte op die plaas is nie. Mens verhef baie keer minder belangrike gebeurtenisse in die geskiedenis wat groot gapings laat van ander groot gebeurtenisse wat nie opgeteken is nie, wat ons nie presies weet wat die waarheid is nie.

Hulle se toe die Afrikanerdom se volksgevoel begin ontwikkel het, het daar outomaties ‘n behoefte ontstaan jy wil helde skep vir jou volk en jy wil vertel hoe goed almal is. Maar baie van die goed was nie so goed nie. Die strafekspedisie wat hulle teen Dingaan gehad het by Bloedrivier het die Voortrekkers omtrent dwars getrek. Toe besluit hulle elkeen gaan ‘n baas wees, jy vat daardie kommando en ek hierdie een. Dit was chaos. Toe word hulle by die honderde doodgemaak wat as hulle saamgestaan het nie sou gebeur het nie.

Gedenksteen vir hierdie Voortrekkers

Behalwe vir die bronsplaat op Liebenbergkoppie is daar nooit ‘n gedenksteen vir die Voortrekkers opgerig nie. Niemand het in 175 jaar die moeite gedoen om hierdie grafte op te teken en die gebeure aan te teken nie. Daarom het drie lede, Dawid en Valerie van der Merwe en Hennie Steyn, van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, Vaaldriehoektak, saamgespan met die eienaars om iets hieromtrent te doen.

Cor en Jeanne-Marie van den Berg het die toneel uitgewys op Kopjeskraal wat gelee is langs die Vaalrivier, waar die waens oor die rivier gebring is. (foto) Dit is positief so dat mens tot vandag daar ossewaens oor die rivier sal kan bring. Cor het verder die moontlike plek vandaar uitgewys waar die laer van Johannes Botha en Herman Steyn staangemaak was. Met die rivier aan die een kant, ‘n hoe koppie aan die anderkant en ‘n vlakte aan die derdekant, maak dit vanselfsprekend die geskikte plek.

Omdat dit veiliger was om die lyke saam te bring na hulle laer toe het hulle ook naby ‘n geskikte plek gesoek om die mense te begrawe. Volgens Meintjies was daar sestien bediendes en die nege name met geboortedatums in die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, maak dit ‘n totaal van 25. Voeg miskien hierby die Skotse onderwyser, McDonald en sy vrou wat Meintjies van praat, dan is die totaal 27. Die toneel waar die grafte le is skoongemaak. (foto} Daar is ongelukkig geen grafstene iewers opgerig nie, die Trekkers moes die liggame so gou moontlik begrawe en daar wegkom voor die Matebeles weer toeslaan. Al die hopies klippe word sorgvuldig getel en vergelyk met die feite, tesame met die oorleweringe van die grootouers op die plaas.

Gegrond op hierdie inligting is daar besluit om ‘n gedenksteen op te rig. Dawid was bereid om hand diep in die sak te steek en iets daadwerklik te doen, aangesien sy vrou ‘n nooi Liebenberg is. Hy het ‘n geskikte klip in hierdie omgewing gesoek. Maar die wat gelyk het of dit geskik sou wees was te sag, dit lyk amper soos sandsteen en sou nie deur die hele proses heel gebly het nie. Hy het toe na Liebenbergkoppie gegaan en hierdie klip wat oor die 250 kg weeg daar raakgeloop, wat ‘n redelike harde klip is wat die proses sou deurstaan van sny, slyp, poleer en graveer. (fold)

Bedankings

Jeanne-Marie van den Berg spreek haar dank uit dat daar ‘n gedenksteen opgerig is ter herinnering aan die Liebenbergs wat deur die Matebeles by Liebenbergkoppie vermoor is. Dit het 175 jaar gelede gebeur en behalwe vir die gedenkplaat op Liebenbergkoppie is daar nog nooit iets ter herinnering vir hulle opgerig nie. Hierdie gedenksteen is vir ons nageslag sodat hulle weet wie hier op die plaas begrawe le. Baie dankie aan Dawid van der Merwe en Hennie Steyn dat hulle hierdie begin en deurgevoer het. Hierdie klip wat vandag hier ingehuldig word, kom uit die Liebenbergkoppie.

As Afrikaners moet ons besef dat ons hierdie dinge self aan ons kinders sal moet oordra, die staatskole en TV gaan dit verseker nie doen nie. Ons moet self verantwoordelik daarvoor wees om ons eie geskiedenis oor te vertel. Meer so om ons eie mense in te lig oor hul genealogiese verbintenis met geskiedkundige gebeure. Die gebrek aan belangstelling in ons monumente is weens onkunde. Monumente praat nie net van die verlede nie, maar ook van die toekoms.

Bronne gebruik:

Norval, EJG, Bloed, Sweet en Trane, Die verhaal van die Voortrekkers, Bienedell Uitgewers, 2002;

Wikipedia, Veldslae; Becker, Peter, Path of Blood – The Rise and Conquest ofMzilikazi; Heese, JA & Lombard,

RTJ, Suid-Afrikaame Geslagsregisters, Volume 5, L-M, GISA, Stellenbosch, 1999.

7

Liebenbergs by “Moordkoppie”:

b2c4 Barend Godlieb Liebenberg, gebore 7.12.1766, oorlede Liebenbergkoppie, 23.8.1836, getroud

28.10.1787 met Maria Petronella van Jaarsveld, sy oorleef die moord van 23.8.1836;

b2c4d4el Barend Godlieb Liebenberg, gebore 25.8.1818, gedoop Graaff-Reinet, 17.1.1819 (het na die

moord by Liebenbergkoppie verdwyn);

b2c4d8 Stephanus Rudolph Liebenberg, gedoop 30.9.1803, oorlede by Liebenbergkoppie, 23.8.1836,

getroud op Graaff-Reinet 2.10.1826 met Hester Sophia Pienaar, sy ontkom, maar volgens Visagie sou

sy later tydens die nag van die Groot Moord by Bloukrans 19 assegaaisteke ontvang voordat sy

skuiling in ‘n boom gevind het;

b2c4d8el Barend Johannes Liebenberg, gebore 12.9.1827, gedoop Graaff-Reinet 24.10.1827 (hy is

deur die Matebeles vrygelaat), oorlede op St Helena as krygsgevangene, getroud op Potchefstroom

5.6.1850 met Anna Elizabeth Lombard.

b2c4d8e3 Hendrik Jacobus Liebenberg, gebore 10.4.1831, gedoop Colesberg 15.5.1831, vermoor by Liebenbergkoppie 23.8.1836;

b2c4dlO Anna Maria Liebenberg, gedoop 27.12.1807, vermoor by Liebenbergkoppie op 23.8.1836, getroud Graaff-Reinet 5.3.1826 met Johannes Hermanus du Toit, gebore 8.1.1807, gedoop Graaff-Reinet 27.9.1807, vermoor by Liebenbergkoppie op 23.8.1836; b2c4dl 1 Hendrik Frederik Liebenberg, gedoop 2.10.1809, vermoor by Liebenbergkoppie op 23.8.1836, getroud Graaff-Reinet 6.12.1829 met Martha Johanna Elizabeth Strauss, sy is ook vermoor, maar vier kinders is gespaar wat in een van die waens gelê het

Maak 'n opvolg-bydrae