Colesberg/ NG Kerk/ Gereformeerde Kerk

Colesberg

Noord-Kaap

NG Kerk Colesberg

Gereformeerde Kerk Colesberg

Colesberg

Vernoem na Galbraith Lowry Cole, goewerneur van die Kaapkolonie.

Kenmerkend is die Colesbergkoppie ( Torenberg/Toverberg).

1820 vestig heelwat Britse Setlaars hul hier in omgewing em plase word aangelê.

1822 vra boere om ń dorp aan te lê op ń verlate sendingstasie van die Londense Sendinggenootskap.

NG Kerk Colesberg

Die NG Gemeente word op 20 Desember 1826 gestig deur ds Andrew Murray (leraar van die Graaff-Reinet gemeente) en word eers genoem Die Gemeente van Torenberg.

Januarie 1830 word 15 500 hektaar toegeken as geskenk vanaf Sir GL Cole aan die NG Kerk en so ontstaan Colesberg en die naam verander na NG Gemeente Colesberg.

Die gemeente se herderspos is 10 jaar lank vakant tot ds Thomas Reid in 1836 aangestel word. Ds Reid was ń Skotse predikant, ingebring deur die koloniale regering na SA toe om die tekort aan predikante aan te vul en in ń poging om die Hollande bevolking te verengels. Hy is in gemeente van 1836 tot 1854 en doop ook talle kinders en trou talle paartjies wat noord van die Oranjerivier kom.

Die kerkgebou word beplan en gebou en vorm ń sentrale punt wat rondom opgedeel word in erwe en verkoop word om vir kerkgebou te betaal. Die hoofstraat loop na die kerkgebou.

Die kerkgebou is ingewy in 1866. Agv van kostes is die oorspronklike plan nie dadelik voltooi nie. Die kerktoring is eers in 1926 bygevoeg tydens die kerk se eeufees vieringe.

Tydens ds Reid se tydperk vind daar groot twis onder gemeentelede plaas. Die groot twis kom oor die sing van evangeliese gesange. Jare lank het NG Kerke net berymde psalms gesing maar sedert 1814 sing al hoe meer gemeentes evangeliese gesange wat verset en twis veroorsaak vanaf behoudende lidmate. Hulle voel gesange is nie regstreeks uit Die Skrif nie en soms strydig met Die Skrif. In Colesberg onder ds Reid het hierdie geskil so groot geword dat die Ring van Graaff-Reinet in 1841 ń skrywe gerig het aan Colesberg Gemeente. Díe skrywe is glad nie tegemoetkomend nie en weerlê alle besware: ” …verklaar dat as ń lidmaat uit vooroordeel of styfhoogdigheid weier om gesange te sing, hulle besig is om die liggaam van Christus te verskeur (deurboor)..”

Ds Reid wil díe besluit afdwing en weier sekere kerklike voorregte aan die wat weier om gesange te sing.

Die tafel is gedek vir ń groot skeuring in die kerk.

Die druk op ds Reid raak geweldig en hy bedank as predikant.

Die breuk in die gemeente was ongelukkig te groot en lei tot stigting van Gereformeerde Kerk Colesberg.

Gereformeerde Kerk Colesberg

1859 is die Gereformeerde Kerk reeds op Rustenburg gestig.

8 Desember 1860 word die Gereformeerde Gemeente Colesberg gestig deur Ds Dirk Postma op die plaas Hamelfontein. Baie van die behoudende NG lidmate skuif oor na hierdie gemeente. Die eerste dienste is in ń pakhuis in die dorp gehou, later in ń motorhawe en later in ń woonhuis (langs die huidige kerkgebou). Die kerkraad kon nie besluit of kerkgebou in die dorp of op ń plaas gebou moes word nie en toe het ń sakeman D Sluiter 1000 pond beloof vanaf nie-gereformeerdes as die kerk in die dorp word. Hy het ook self die bouwerk onder moeilike omstandighede en groot finansiële uitdagings behartig.

Die hoeksteen is gelê 15 Maart 1862 deur ouderling ID du Plessis onder toesig van ds Dirk Postma. Gebou is voltooi in 1862, net na díe van die Middelburg gemeente.

Hierdie gebou is nog steeds in gebruik, een van die oudste Gereformeerde kerkgeboue in SA nog in gebruik.

Bron: Wikipedia. Gemeentegeskiedenis.

Fotos: Gys Ströh snr Des 2019,

Internet, Facebook.

Maak 'n opvolg-bydrae